Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

My storie (1)

24 Kommentaar

Klein Zee is op 28 Januarie 2007 om 12h01 gebore en hier begin sy lewensverhaal

 zee-1.jpg

Sy ma C en sy pa M is altwee onderskeidelik 6 en 2 jaar al aan heroin verslaaf.  Toe ons uitvind dat sy swanger is (3 maande al) het ons alles in ons vermoë gedoen om haar ‘n aborsie te laat kry.  Sy het ‘n miskraam gehad en ons (ons en C se ma) was happy want wat sou die odds wees dat die kleinding enigsins normaal sal wees.  Die twee is toe Noupoort toe vir ‘n program van 2 jaar. 

C was seker nie eers ‘n maand daar nie toe ons hoor dat sy wel nog swanger is.  Ons het gepush vir ‘n aborsie want nie ons of haar ma het kans gesien om ‘n kleinding groot te maak wat nie normaal sou wees nie, want wat sou die odds wees vir so ‘n klein mensie wat vir ses maande aan heroin blootgestel was?

Na drie maande in Noupoort besluit C dat sy nou genoeg gehad het en dat die dwelms meer aanloklik is as die ongebore dingetjie wat in haar groei.  My seun het saam met haar weggeloop (sy rede – kon haar nie alleen op die hoofweg los nie, sy is dan swanger met sy kind) en hulle kom terug Rand toe.  Hulle was skoon vir omtrent nog so 3 weke toe kry die lus die oorhand en hulle begin weer die euwel gebruik.  Ons het alles in ons vermoë  probeer om hulle terug te kry in Noupoort maar hulle wou niks weet nie.

Hulle het saam dwelms gebruik terwyl klein Zee binne in haar gegroei het.  Ek en my man wou niks van hulle weet nie en het hulle afgeskryf.  Ons het nie meer omgegee wat met hulle of die kleinding gebeur nie omdat ons al so baie baklei het, getry het om hulle weer skoon te kry maar hulle was in hulle eie wêreld.

Sy ma was ‘n ultimatum gestel om na ‘n rehab toe te gaan om haar skoon te probeer kry voordat hy gebore sou word om die ontrekking vir hom ‘n bietjie makliker te maak.  Die welsyn het ook hier ingetree en sy is toe darem 2 weke skoon voordat klein Zee 4 weke te vroeg gebore is.

28 Jan 07 kom en ons word gevra om te kom omdat hy enige tyd nou gebore sou word.  My moederinstink het seker ingeskop en ek moes net gaan.  Ek dink dat daar ‘n baie groter HAND ingespring het om ons tot die besef te laat kom dat dit ons vlees en bloed is wat gebore sou word.

Klein Zee het vir 12 dae in die ICU gelê  en ontrek van heroin en dit was nie lekker om so ‘n ou klein dingetjie te sien suffer deur sy ouers se onverantwoordelikheid nie.  Hy het dag en nag geskree en ek eis nou nog as ek net daaraan dink.

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

24 thoughts on “My storie (1)

  1. Ai, Zee. Wat kan mens se? Dis my grootste vrees dat my seun ook daai paadjie gaan bewandel. Want een ding het ek geleer. Jy maak jou kinders groot so goed as wat jy weet hoe, maar dit is nie ‘n 100 % waarborg dat jou kinders eendag suksesvolle, gelukkige grootmense gaan wees nie.
    Ek het ook nie ‘n idee hoe ‘n ouer met so iets cope nie. Dis soos om jou kind voor jou te sien doodgaan, reken ek.
    Maar, in my eie lewe het ek ook gesien, dat daar definitief ‘n tyd is dat die Here inspring en besluite vir ons neem. So glo ek Hy het besluit, basta met almal wat van die baba ontslae wil raak! EK wil hom he, want hy het ‘n doel op aarde!En vandag sou jy klein Zee seker nie wil wegwens nie, al die probleme en moeite ten spyt?!

    Ek haal my hoed af vir jou, vrou. Ek het egter ook simpatie met jou seun en sy meisie. Soos ek verstaan is dit bykans onmoontlik om die heroien-habit te kick, maar dit was dom om in die eerste plek daarmee te begin. Maar ek voel nogtans vir hulle.

    My comment maak seker nie sin nie, maar ek gaan dit nie edit nie. Ek is skoon oorweldig. My tweede grootste vrees het met jou gebeur. Ek sal baie graag wil hoor wat verder gebeur het.

    Hou moed!

  2. Sjoe, wat ‘n verskriklike manier om die eerste lewenslig te aanskou. Wat jy hier vertel is so ver uit my verwysingsraamwerk, dat ek dit nie eers kan imagine nie. Maar iets sê my net dat dit van daar af net beter gegaan het. Ek hoop van harte ek is reg. (((Zee)))

  3. Boendoe, Ek gaan probeer om een keer ‘n week die storie klaar te vertel, maar Dellie, jy is heeltemal reg. Met klein Zee gaan dit voor die wind😉

  4. (((zee en klein zee))) Dankie dat jy toe wel jou wonderlike verhaal met ons deel, en jy gaan baie mense hierdeur help!

    Soos ek jou al baie vertel het, jy is n wonderlike special mens… Altyd!

  5. Zee… ai vrou sit ek en my ma nou en tjank krokedil trane, dit tref baie na aan ons. my broer het vandag 24 jaar oud geword. hy is n heroien en coke verslaafde, maar is gelukkig nou al 2 jaar skoon… dis n daaglikse stryd vir hom. my niggie van 35 was nie so gelukkig nie, sy het 2 jaar terug selfmoord gepleeg… sy kon net nie meer fight nie, haar 2 dogters het agter gebly… my hart bloei vir jou, jou kind en jou kleinkind… dankie dat jy die verhaal met ons gedeel het, dis moeilik… maar daar is hoop, daar is altyd hoop!

  6. Ek wil ook baie graag jou storie lees. My seun het dieselfde paadjie geloop, maar gelukkig nooit aan heroien geraak nie. Na ‘n mislukte selfmoordpoging, het hy self hulp gevra. Verlede jaar Augustus, was hy al 3 jaar lank skoon.

    My gebede loop saam met jou.

  7. Hi Zee,
    Ek het jou blog vandag toevallig “ontdek”, en ek moet vir jou vertel dat jou verhaal vir my op 2 fronte nogal onstellend was.

    Eerstens: ek en liefie sukkel nou al ‘n tydjie lank om kinders van ons eie te hê, en ons het nou al by verskeie geleenthede die vraag gevra oor hoe dit dan gebeur dat mense kinders in die wêreld bring wat nie welkom is nie of wat nie versorg kan of wil word nie.

    Tweedens: jou verhaal het my ‘n heel ander perspektief gebied in die sin dat “sulke mense” soos ons na hulle verwys het ook geliefdes het wat deur hulle aksies seergemaak word.

    My hart bloei vir klein Zee, vir sy ma en pa, en vir julle. Baie sterkte aan julle, en ek sal graag weer wil kom inloer as ek mag?

  8. Sjoe! Ek is baie jammer vir hierdie seer wat julle moet deurwerk. Dis ‘n seer wat net julle syne is, niemand kan dit regtig met julle deel nie, dit maak nie saak hoe opreg hy of sy ookal is nie.

    En ja, klein Zee is verseker nie ‘n fout nie. Niemand kan ‘n kind of baba beplan nie, net God kan. Die Here maak nie foute nie! In Psalm 139 staan daar geskrywe nog voor klein Zee gebore is, is sy hele lewe reeds in Sy boek opgeskryf.

  9. Dankie vir jou kuier op my blog. Ek gaan nog baie hier by jou kom draai. Ons het meer as net ‘n nuwe blog in gemeen. Het ook aangeneem, juis besig om iets daaroor te skryf.

  10. Mens se kind bly jou kind. Daar gebeur iets in ‘n mens wat maak dat jy nie jou kind kan of wil afskryf nie. Ek vertrou maar dat julle kind op ‘n goeie dag tot haar sinne sal kom en huistoe sal kom. Ons eie kind het ook ‘n paar draaie gestap, maar toe sy huistoe kom, toe staan haar kamer en haar bed reg. Sterkte.

  11. Ai julle, dankie vir julle woorde, ek huil krokedil trane soos ek hier sit, maar sal nog die hele storie verdel vertel, asook hulle stryd met die euwel.

  12. ek sien uit daarna om die res van jou verhaal te hoor… thanks vir die inloer op my blog, ek sal beslis ook n oogie hier hou.🙂

  13. Dis so damn sad… ek is so lief vir kiddies, ek weet nie of ek sterk genoeg sal wees vir so iets nie. Attie is reg, jou kind bly jou kind, ek dink klein Zee lyk pragtig! Dis lekker om te weet dinge werk soms goed uit.

  14. Zee – just want to let you know that i love you lots and that you have an ouma and an oupa that many kids would dream of having. We all love you dearly. Lots of Love your Aunty Chadine

  15. Baie interessant. Ek lees graag verder en hoop dinge werk darem uit.

  16. Ek haal my hoed af ouma en oupa. Julle was sterk deur die hele situasie met natuurlik die hulp van BO!!!!!

    En nou is hy al amper 1, dit raak net beter van hier af. Geniet die bondeltjie vreugde wat aan julle gegee is.

    Ek glo julle storie sal baie mense help. GOD BLESS YOU

  17. Ek het vandag toevallig op jou blog afgekom en jou storie gelees. Sjoe vrou, mens wonder soms hoe ‘n mens deur so iets gaan kom, maar ek glo met hulp van Bo is alles moontlik. Ek glo ook alles gebeur met ‘n doel.

    Baie sterkte vorentoe, dit kan seker nie aldag baie maklik wees nie.

    Wil net se, julle kleinseun is pragtig.

  18. Squiggles, dankie vir die inloer,en ja, daardie Man daar Bo het vir ons die krag gegee om deur alles te kom. En ja, ek dink my engeltjie is ook pragtig (Moet darem ook bietjie “brag”)

  19. ‘n link (back track) by my inskrywing vandag…het my hierheen gevat! Ek bewonder jou regtig vir die moed en durf wat jy aan die dag le om hom te versorg! Hy is pragtig!

  20. Nee hier moet ek verder kom lees…Ek sit nou so en tjank. Dis so so sad dat ouers so onverantwoordelik kan wees en, dat daar ouers daar buite is wat alles in hulle vermoë regdoen en steeds ‘n differently abled kind moet grootmaak. Ek sal vanaand moet verder lees want ek sal g’n kan kos maak met rooigehuilde oe nie. Ek is so so bly dat kleinding ok is…despite the odds

  21. Carina, weet jy, al was Zeethan nie ok nie sou ons hom nog steeds gevat en groot gemaak het. Na ons daardie ou gesiggie gesien het kon dit net nie anders nie. Dit was net genade van BO dat ons mannetjie geen gevolge oorgehou het wat ons op die stadium kan sien nie en ek glo en vertrou dat dit so sal bly.

  22. Ai vir ‘n oomblik het ek gedink jy praat van my deel van die familie,Gelukkig het ek geweet ons meisiekind is nie swanger nie maar sy het presies dieselfde storieDie was ook einde 2006 in Noupoort,het ook ontsnap en was weg vir omtrent ‘n week voor sy opgespoor is,terug by die Nigeriers,Kan nie glo dat sy ongedeerd vanaf Noupoort tot in Jhb gekom het nie.My man het haar ook afgeskryf en ons het net gewag vir die oproep om te sê haar lyk is opgetel langs die pad.(My Stiefdogter)
    Die is terug Noupoort toe maar vroeg in 2007 weer padgevat maar die keer saam met ‘n man wat nou haar man is .Hulle het kom kuier in die Kaap en hoog en laag gesweer hulle is ok en hulle wil trou.
    Die troue word gereel en vind plaas – baie mooi en lekker troue – maar almal is weer ‘n rat voor die oe gedraai.Hulle verdwyn en gelukkig vang die polisie hulle want hulle het dwelms by hulle.Koerant berigte verskyn in elke koerant en hulle word weer ‘n kans gegun om hulle te bewys,soos deur die landros bepaal.
    Weer is hulle in vir rehab en is daar vir 6mnde het pas uitgekom en so far so good.
    “N maand terug veneem ons van die ma dat die kind in die hospitaal lê en sy redelik ernstig is -trombose- in albei die arms. My man maak weer kontak en als in honkiedorie maar eweskielik hoor ons weer niks.Nou wonder ons
    Ek sit self met 3 seuns wat baie lief is /was vir hulle sus maar al 3 is diep teleurgesteld en sê hulle sal dit nou van dag tot dag vat wat haar aanbetref.
    Die stadium was Coenie de Villiers se dogter ook daar en het vroeër vanjaar verneem die het ook verdwyn.
    Dis hartseer en ek wonder maar net hoeveel keer moet ons ingee en vergewe

  23. Slons, welkom hier by my en dankie dat jy ook jou verhaal hier vertel het. Dit is baie sad dat mens regtig niks vir hulle kan doen nie. Hulle is baie goed om ‘n mens ‘n rat voor die oe te draai. Ek weet nie of jy tot by storie 6 gelees het nie, maar vandag is albei in die tronk en hopelik is dit die keerpunt in hulle lewe.
    Ek hoop van harte dat alles nog wel is met hulle twee. Dis altyd so, sodra hulle geld het hoor mens niks van hulle nie, totdat hulle weer broke is.
    Wys jou nou net, nie eers bekendes is hierdie lot gespaar nie.

    My gebede gaan uit na jou en jou gesin toe. Baie sterkte vorentoe vir die swaar pad wat ook julle moet loop.

    Kom lees gerus weer hier!

  24. ai Zee ek haal my hoed af vir julle. Wees gerus dat God met julle en die klein ding is, sonder Hom in ons lewens is ons niks. Al wat ek kan doen is om te bid en vir God te vra om almal wat aan drugs verslaaf is te help, en vir ons kinders om nie eers te dink om dit te gebruik nie maak nie saak hoe sterk die groeps druk is nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s