Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Kersfees liggies

6 Kommentaar

Gisteraand laat besluit ek om my man se nuwe high tech kamera te gebruik om hierdie foto’s te neem.  Nee dankie, gee maar net vir my ‘n snap en go ene.  Ek het seker 50 foto’s geneem en julle kan nie glo hoe die foto’s geblur het nie.  Eers later vertel hy my op die spesifieke setting moet jy so stil soos n muis wees anders gebeur dit.  Die foto’s is bietjie donker maar sal maar ‘n foto kursus volgende jaar moet doen😆

Maar nou jou, hier is ‘n paar foto’s oor hoe ons tuin lyk die Kersfees.  Nou nie so fancy soos party huise in onse buurt nie maar at least gee dit vir ons darem ‘n bietjie plesier!

Hierdie ene is van ‘n bokkie wat ek so 4 jaar terug gemaak en hy staan maar elke jaar op dieselfde ou plekkie – kry dit nie oor my hart om hom te vervang nie – ek het dit kan self gemaak.

kersfees-2.jpg

Hierdie ene is vanaf die straat geneem.

kersfees-4.jpg

Vader kersfees en klokkies

kersfees-3.jpg

En sommer net nog ene!

 kersfees-1.jpg

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

6 thoughts on “Kersfees liggies

  1. Ag man, dis fraai! Dink net aan die vreugde wat dit die verbygangers gee. Ek moes eenkeer seker vier maal om ‘n blok ry sodat my laatlam die “jiggies” mooi kan bekyk. Hy (en ek!) love die liggies! Ons doen dit nie self nie, maar dankie tog daar is mense soos julle!! 😀

  2. Boendoe, weet jy dis so lekker as mense verby ry en dit geniet, van hulle lui sommer die klokkie en sê dankie, kry briefies in die pos…. en ja ons ry ook die hele buurt vol ek kyk liggies, laat jou partykeer net weer soos ‘n kleinding voel.

  3. Eish, is mooi! Ek mis die liggies… waar ek is, het ek net die sterre as liggies! Maar… seker ook op ‘n manier iets om voor dankbaar te wees…

    ((((Zee))))

  4. Ek wou nog gese het, jou kleinding is net so fraai!

  5. Die neonbboog op jou muur vir kersfees
    laat my huistoe verlang
    geseende kersfees vir julle Zee
    Mag dit vir julle ‘n wonderlike tyd wees

  6. Pragtig!!! Mal oor die bokkiekie. GeseEnde Kersfees Zee. ((Z))

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s