Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Werk op ‘n vakansiedag!

12 Kommentaar

Ok, ek besluit vandag om eers so 11h30 te kom werk.  Het almal al Vrydag gevra maak seker alles is gedoen dat ek net kan doen wat ek moet en laat waai huis toe.  Weereens kom ek hier en niks is gedoen nie en nou sit ek en wag.

new-picture-1.png

Julle, manlief  babysit vanoggend, kyk, hy is wonderlik en help met alles maar as daar nou een ding is wat hy nie doen nie is dit ‘n nommer 2 doek omruil.  Ek kan net imagine as ek by die huis kom en hoor hy moes dit toe aandurf.  Ek sweer hy gaan die tuinslang gebruik as dit gebeur.  Het vir hom alles mooi reg gesit in die speelkamer dat hy darem nou nie moet rondskarrel van een plek na ‘n ander nie.  😆

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

12 thoughts on “Werk op ‘n vakansiedag!

  1. Ek het eenkeer op Oprah (who else!) gehoor dat ons vrouens ‘n gat vir ons eie alies grawe as dit kom by kind grootmaak. Ons dink mos ons kan alles beter doen as die mans! Op die ou einde is die kinders so afhanklik van die ma, en die arme ma is vodde gehardloop agter almal aan. Dis my swak punt ook. Kan regtig nie dink dat my man so doeltreffend is soos ek nie! 😀

  2. Boendoe, ek stem heeltemal saam met jou, op pad huis toe bel manlief en vra wanneer kom ek huis toe, want hoekom, nommer 2….. Weet regtig nie hoekom hy dit nie net attempt het nie!! Wil sien wat gaan gebeur die week na Kersfees as hy die hele week na hom moet kyk. Ek dink ek gaan histeries word van al die oproepe wat ek gaan kry😆

  3. Gooi net ‘n koue skouer! Makliker gese as gedaan, ek weet.

    Jy sal dit nie glo nie, alles gebeur regtig nou so toevallig. Die drywer het REG by jou sus se huis gery – hy het my gewys waar master Johan de Kok bly!

  4. Boendoe, ek gaan regtig probeer dat julle mekaar ontmoet, sy is ook maar baie eensaam daar, al is julle nou ver van mekaar af maar as jy weer daar draai kan julle dalk n ou koffietjie drink😀

  5. Hehe! Kry seblief net ‘n videokamera ‘geplant’ erens??? Dit gaan ‘n MOET SIEN wees!!!

  6. Platt, het hoeka ‘n kamera buite waar die tuinslang is, jy gee my nou ‘n goeie idee daar😉

  7. Is dit die kleinkind met die donkerbrille??

  8. Boendoe, die einste, ouma se oogappel en hart se punt daardie!

  9. pa gaan vir zee afspuit met die tuinslang soos wat hy met my en boetie gedoen het, ek se ma nou…

  10. Dis wat my man (eks) gedoen het een dag toe hy na die oudste moes kyk (nou al ‘n uitgevrete lummel). Bernard het in sy doek gebol en pa het doodeenvoudig als uitgetrek en op ‘n hoop neergesit in badkamer en kind se boude afgespuit met tuinslang en hom toe res van die tyd kaalgat laat loop. Ek was witwoedend toe ek by die huis kom. Maar ek dink hulle doen dit aspris, want dan vra ons hulle nie weer om na die kinders te kyk nie!

  11. Van die os op die jas, ek weet julle praat nou van doeke en goed, maar ek wil weet hou julle net vakansie in Natal of bly julle daar?

  12. Snymana, nee jong, geen vakansie vir my nie, bly in Gauteng maar ek dink van die ander bloggers bly wel op die dus.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s