Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

My eerste blog dag!

5 Kommentaar

Wat n dag.  Eers my m@er by die kleuterskool gestrip vandag.  Ek het gister vir hulle mooi gevra dat hulle moet asb seker maak dat die security hek gesluit bly.  Elke ouer ken die kode om die hek oop te maak, maar my donderdag, hulle is te lui om die deur op knip te trek.  Party ouers het geen sense oor die rede vir die hek nie!!!  Vanoggend was daar n bortjie vas “gepoprivet” wat hulle gister seker inderhaas laat maak het nadat ek so gebitch en moan het – die rede vir die – Ons het my kleinkind (Hy is nou 10½ mde) aangeneem en sy biological pa (my seun) het my mos gister gedreig hy gaan hom kom ontvoer.

Was gou deur die dag tandarts toe, daar vir so 1½ uur,  met my mond oopbek gelê en smag na ‘n ou glasie water.  Was so lank laas by ‘n tandarts (behalwe nou die laaste 2 weke) dat ek nie geweet het hulle doen nou tand kleur stopsels nie – lyk nogal cool!

Toe dit nou tyd word vir my om nou regtig te begin werk (my werk begin regtig eers so 12h00 – in die oggend net admin goeters) sal die outjie wat moet stock allocations doen (ons moet tot op die laaste nippertjie wag vir bier om in te kom sodat ons al die stock die volgende dag kan aflewer) – raai – staan buite en braai – het sy mind geslip – gou my m@er gepluk en kon eers heelwat later begin maar kon darem vandag manage om vroër as gewoonlik te loop.

Het al ‘n ou slapie in vannaand saam met kleinding en nou gaan ek seker heelnag op wees. 

Wil nou graag mooi sit en dink oor die onderwerp wat ek eintlik in hoofstukke wil skryf en my groot rede is waaroor ek eintlik wil blog – die ander goeters is sommer net.

Lekker aand vir julle almal, gaan gou eers ‘n bietjie weights-2.jpg

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

5 thoughts on “My eerste blog dag!

  1. Zee,
    Dankie vir die draai wat jy daar by my kom gooi het.
    En geluk met die blog. Dis verslawend, pasop! 😀

  2. Ek is nou so nuuskierig, ek volg jou sommer terug na jou huis! Is jou swaer nie Sam nie?

  3. Sy naam is Johan de Kok, maar gaan haar sommer nou mail om presies te vra waar hulle is!

  4. My jinne! Hy was ook al hier by ons, maar ek het hom toe nie ontmoet nie. Ons plekkie, Bom Jesus, is mos regtig in die boendoes, ek sien die high society van Luanda maar min! Maar ek verstaan hy gaan die naweek uit op sy nuwe boot. Een van my man se kollegas het ‘n uitnodiging gekry om hulle te join!
    Ek moet se, ek is regtig verstom oor hoe klein ‘n mens se wereld word, danksy die internet. Amazing!

  5. Boendoe, kyk nou net! Die wereld is darem baie klein! Gaan jou bietjie mail! Dalk kan julle ook so n ou boot trippie vang!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s