My hero!! 2009/11/02
Posted by Zee in Spesiaal.Tags: Ben10, hero
14 comments
Jane het eendag vir Ben10 vertel (ek het gaan soek op haar blog maar kry nou ongelukkig nie die inskrywing nie
) Sy het vir haar nefie as ek reg kan onthou die horlosie gesoek want dit was al wat hy ook nog gekort het van Ben10 en ek het geen clue gehad van wie sy praat nie.
Mmmmm, glo my, vandag weet ek presies wie Ben10 is, want Zeethan wil net Ben10 voor en Ben10 agter, as ons in ‘n winkel is moet ek baie groot draaie om die karakter loop
Nou die dag was ek gou Woolies toe en daar het hulle die Ben10 swem stelletjie vir seuns, ek haal af om na dit te kyk want die somer is hier en hy kort nuwe swem klere, meneertjie sien dit raak en wil net kyk, nou ja, hy het dit vasgeklou asof hy nooit weer iets in sy lewe gaan kry nie, en ek moes toe maar die swem stelletjie koop
Gelukkig werk sy pappa nou en hy kan nou die nuwe gier vir hom koop. Nog elke maand sover met sy salaris die afgelope 3 maande kry Zeethan net Ben 10 gadgets, klere, kombers en rugsakke. Hy het vir hom tot die regte Ben 10 uitrusting gekoop. (Foto onder) Sodra Ouma A3 die broek korter gemaak het, sal ek hom bietjie afneem en vir julle kom wys
Ben10 lyk my is Zeethan se hero op die oomblik, maar hierdie kind sal seker maar altyd my HERO bly
Het ek al gesê die kind eet en slaap Ben10
PS…. het ek genoem dat Zeethan weer BLOU aan het vandag
Die nood! 2009/09/22
Posted by Zee in Sommer net, Spesiaal.23 comments
Vanmiddag is ek gou bietjie Ouma A3 toe, sy is al die hele week nie lekker nie, en na ‘n paar drips by die dokter se spreekkamer nog steeds nie beter nie, maar van hospitaal toe wil sy niks weet nie. Sy vra toe of ek vir haar bietjie jelly kan bring want haar keel het ook nou infeksie en sy sukkel om enige iets anders in haar lyf in te kry.
Ek stop toe eers gou by die kleuterskool en tel vir Zeethan op en gaan haal toe ‘n paar pakkies jelly en weg is ons na Ouma A3 toe.
Toe ons by die ouetehuis indraai sê meneertjie dadelik…. **Dis darem maar wonderlik hoe daardie klein breintjies al plekke kan identifiseer** “Dam toe Ouma” – ai, die kind is darem maar lief vir die buitelewe. Ons gaan groet toe gou eers vir Ouma A3 en kuier so bietjie. (Die deur moet gesluit word anders sal hy sommer net verdwyn dam toe) Later sê ek dis nou tyd om huis toe te gaan, maar moenie dink meneertjie het van die dam vergeet nie….. Ek moes maar my belofte nakom en hom gou bietjie dam toe vat
Die foto’s het ek sommer met my selfoon geneem en gou hierdie video aan mekaar geslaan..
So, as jy wil weet waaroor DIE NOOD gaan, kyk die video
♥♥My meisiekind se mooiste dag♥♥ 2009/09/17
Posted by Zee in Spesiaal.Tags: troue, wedding
33 comments
Marius & Marcia
12 September 2009
Marcia buite in ons tuin net voor ons kerk toe vertrek het.

Die gevolg
Arriveer by die kerk
Ge-ring
Foto’s binne die kerk
Foto’s in die kerk se tuin
Die troukar
Ingang na onthaal saal en hoe die saal binne gelyk het
Die “Speech”
Glo vir my daar was menigte ogies wat ‘n traan gepik het
Good day Ladies and Gentlemen, for those of you that don’t know me, my name is M…, I’m the father of the beautiful bride. I would like to take this opportunity to welcome each and everyone in sharing and making this a special day to be remembered.
A special welcome to those from far and beyond. (Hier noem hy almal)
H en A (Marius se ouers), dit is vir my n groot voorreg om julle te verwelkom in die familie. Baie welkom.
Marius and Marcia, as one you look radiant and fantastic today, the glow is blinding.
As I look at my daughter, the bride, I can’t help but reflect on all the years I was lucky enough to watch her grow and become the beautiful woman she’s today. She captured my heart on the day she was born, and I became more and more in awe of her as the years passed by. She’s my little girl, my princess my darling and ray of sunlight, and no matter what her age, she’ll always be those things to me. (Hier huil pappa snot en trane en moes eers oge gaan droog maak
)
But today as I watch her marry a wonderful man, I’m filled with pride, joy and I’m confident that she and Marius are about to embark on a wonderful journey filled with the love and happiness that can only come as husband and wife.
May the two of you always treat each other with love, respect, honor, compassion and kindness.
M and I said we are not losing Marcia, we are gaining a son. (Marcia : As ek vir jou n dag kon kies sou die dag so mooi wees soos jou hart, so wonderlik soos jou mens wees en so sonnig soos jou glimlag.)
And as we have got to know Marius over time we have come to the conclusion that he will take good care of Marcia. He has shown himself to be exactly the man we had always hoped Marcia would marry. Family is the most important thing to him. He is really hard working and he has immaculate taste that is why he chose Marcia. (Except for his support of the Lions)
Marius it gives me great pleasure, pride and joy to formally welcome you into our family, and I hope that you’ll be pleased to be a member of the S……. clan.
Ten Commandments on marriage
- Marriages are made in heaven. So is thunder and lightning
- If you want your wife to listen to every word you say, talk in your sleep
- Marriage is grand and divorce is 100 grand
- In the first year of marriage the man speaks and the woman listen. In the second year the woman speaks and the man listens. In the third year of marriage the both speak and the neighbours listens
- When a man opens the door of his car for his wife you can be sure of one thing: Either the car is new or the wife is
- Marriage is when a man and a woman become as one, the trouble starts when they try to decide which one
- Before marriage a man will lie awake all night thinking about something you said. After marriage he’ll fall asleep before you finish
- Every man wants a wife who’s beautiful, understanding, economical and a good cook. But the law only allows for one wife
- Marriage is a matter of chemistry. That’s why one treats the other like toxic waste
- A man is incomplete until he’s married. After that he’s finished
Marius and Marcia, I would like to give you a few tips that you should follow in life
Pencilmaker
In the beginning the Pencil maker spoke to the pencil saying
There are five things you need to know before I send you out into the world. Always remember them and you will become the best pencil you can be”
- You will be able to do many great things, but only if you allow yourself to be held in someone’s hand.
- You will experience a painful sharpening from time to time, but this is required if you want to become a better pencil.
- You have the ability to correct any mistakes you might make.
- The most important part of you will always be what’s inside.
- No matter what the condition, you must continue to write. You must always leave a clear, legible mark no matter how difficult the situation.
The pencil understood, promising to remember, and went into the box fully understanding its maker’s purpose
Now, replacing the pencil with yourself, always remember these rules and never forget them, in this way you will become the person you want to be
- You will be able to do many great things, but only if you allow yourself to be held in God’s hand, and allow other human beings to access you for the many gifts you possess.
- You will experience a painful sharpening from time to time, by going through various problems, but you’ll need it to become a stronger person.
- You will be able to correct mistakes; you might make or grow through them.
- The most important part of you will always be what’s on the inside.
- On every surface you walk, you must leave your mark. No matter what the situation, you must continue to serve God in everything.
Everyone is like a pencil…… created by the Maker for a unique and special purpose
By understanding and remembering, let us proceed with our life on this earth having a meaningful purpose in our heart and a relationship with God daily.
I would finally like to say a couple of thank you messages.
Firstly, to my daughter and her husband, for making me the happiest, proudest father around today. Thank you.
Al die ander bedankings…
Marcia, hierdie liedjie is spesiaal vir jou van mamma af (Ja, toe is daar weer ‘n paar trane gepik en ek en my meisieking het net oge vir mekaar gehad hier)
Last but not least, to all of you for joining us in our celebration here today. You have all helped make it such a magnificent occasion.
Marcia, you will always our my pride and joy, your happiness is our deepest desire.
Ladies and Gentlemen, on behalf of all of us, I offer a toast to Marius and Marcia’s love and happiness
Happiness forever
Hier klink ek ‘n toast op my dogter en nuwe seun
My boet en sus
Soos enige troue het hierdie een ook nie glad verloop nie
Oppad kerk toe onthou ek en my suster ons het Marcia hulle se ruikers vergeet en moes vinnig terug huis toe jaag om dit te gaan haal, en deur dit het die diens natuurlik laat begin
My baadjie wat ek laat maak het, het ek eers Vrydag gekry, die moue was vir my te kort en ek het net nie reg gevoel nie, gelukkig kon ek dit uit trek toe ons darem by die saal was en ek nie meer so ongemaklik in dit gevoel het nie.
Ai, dit was darem maar ‘n lekker troue gewees
Tuiskoms (My storie no 13) 2009/08/04
Posted by Zee in Dwelms / Drugs, Spesiaal.23 comments
Donderdag het gekom en gegaan.
Ek was Donderdag oggend hier om en by 09h30 by die korrektiewe dienste se kantore. Seun sou ongeveer 10ho0 daar aankom. Hulle arriveer net so na 10h00. ‘n Mens kon sommer die blydskap op sy gesig sien omdat hy huis toe kom.
Ek het gestaar en gestaar en kon nie glo hoe goed my kind lyk nie. Skoon geskeer en die hare netjies gejel… (Soos altyd toe hy nie op die euwel goed was nie)
Ons stap in die kantore in en hy is ongeveer 3de in die ry. Ok, dit sal gou gaan want hulle is nie te veel nie. Toe nie
Die korrektiewe dienste het geskuif ongeveer 2 maande terug (lees mooi 2 maande) en hulle daar staan net bokse orals waar jy kyk. Die meubels is net neergeplak en lees weer mooi…… geen rekenaars nie. Huh….
Papiere net waar jy kyk. Toe begin ander parolee’s instroom. Daar was maklik 20 van hulle en seun word nie gehelp nie. Hier by 12h30 rond kook my bloed seker al by kookpunt maar die “pose” moet gehou word. Ek nader toe een van die personeel daar en vra hoekom dit so lank vat en werk hulle met ‘n sisteem. Ja sê hy, en ek moet asseblief nie voorkeur verwag nie. ‘First come first served” Ek het baie ampertjies om my perdjie geklim maar net baie “polite” vir hom gesê nee ek vra maar net want my seun was 3de in die ry en dit lyk nie asof hy gehelp word nie, maar wel ander. Ek het toe maar liewerste in die kar gaan sit en wag.
By die tyd was Zeethan al heel omgekrap en ek het hom laat begaan in die kar net om hom stil te hou. Hy het ouma se hele boks sneesdoekies uitgetrek en ek glo my neus was 50 keer afgevee. Blaas ouma, blaas. Hy het piesangs op die sypaadjie gesien en toe moes ek geldjies uithaal en vir hom ‘n piesang koop, en ai tog, die hele kar was besmeer met piesang.
13h00 klop seun aan die venster en sê ons kan maar gaan, net nadat ek daar weg is het hulle hom kom roep en toe is al die papierwerk gedoen (Ek wonder of hulle ooit weet waar hulle alles bêre
) en al die ander sit nog steeds.
Ons stop toe gou by een van my gunsteling boetieks P E P en koop gou vir hom ‘n paar goedjies ( nee kyk, dit bly maar goeie waarde vir jou geldjies) en jaag huis toe, waar ons lift al vir ons wag want Liefie het al 5uur die oggend gery en ons het in die pad geval.
Seun kan eers verlof kry om iewers heen te gaan op fase 3, hy is nou fase 1 (Go figure)
Ons het sowat 5 uur op La Pumba aangekom.
Watter rustige gevoel het oor ons gedaal……
Ons was in die bos….
Ons het gerus….
Ek het nie eers ‘n teelepel gewas nie…
Ek dink die foto vertel die res….
Word vervolg….
♪ ♪Happy birthday ♪ ♪ 2009/05/13
Posted by Zee in Spesiaal.Tags: birthday, gedig, poetry, verjaarsdag
10 comments
Vandag is my meisiekind 22……
Verjaarsdag
Nog ‘n jaar,
skitter
Die blouoog pop se teenwoordigheid,
dankbaar
trots
Kyk ek, liefdevol na haar
vandag, word sy twee en twintig
Te dank aan die liewe Heer,
Met ‘n tikkie verlange,
Onthou ek nog
My eerste ontmoeting met haar,
dit voel soos gister,
Wat sy nog snoesig,
warm
veilig,
Onder my hart nes gemaak het.
“Happy Birthday”
lees die banier teen die muur,
Groter word sy met die verby gaan van elke uur
lief, het ek haar
nes gister
Op jou twee en twintigste verjaardag, my pop
sal jou met vlerke van liefde
beskerm,
En jou in my gebede dra
Totdat
My oë eendag finaal sal sluit
en ek dan, selfs na die dood
jou op elke verjaardag
op my hande dra.
Starla (Gedig bietjie aangepas)
Ouma se klavier 2009/04/23
Posted by Zee in Spesiaal.Tags: klavier, piano, Richard Clayderman
16 comments
Ouma se klavier
Verskaf Zeethan ure se plesier
Hy slaan die klavier klawers
Dat hulle so dawer
Op ‘n rock en roll wysie
Rock hy sy lyfie
done
My kosbaarste kommentaar! 2009/03/15
Posted by Zee in Spesiaal.Tags: special, Spesiaal
20 comments
Vandag kry ek hierdie kommentaar op een van my “My storie” inskrywings.
My liewe Maritjie,
I can’t begin to tell you how much I respect you for this blog. I spent all morning reading every thing on your blog, and ended with this letter from M, and with C’s letter. I am an emotional wreck!
As your uncle, living in America, I am very much out of touch with what is going on with my family in South Africa. I had no idea about the heartbreak. the pain, the feelings of loss and despair experienced through these years. Yes, I had a hunch, but I chose to sweep it under the rug of my conscience.
Reading your stories about M and C broke my heart. Seeing the pictures with Marc and Zheethan tugged at my emotions, and I probably cried more this morning than I have in many years combined.
Since you were a baby I have always loved you and have always felt you were special. Those many years ago when your dad was killed in a car accident and your mom and the three of you had to move in with the rest of us, were very special to me as a young college student. No matter that I had to give up my bedroom and sleep in the living room so that the four of you could have my bedroom. That’s what family does for each other. You were probably two or three, living in a small house with ouma and oupa, and my three sisters, your brother and sister… nine of us – one happy family.
Now I know HOW much I love you, and HOW special you are.
How lucky we are to have such a special family, who cares so much for each other, over these many generations! How wonderful that you share these experiences. You cannot begin to understand how many other people you are helping and touching.
Oh, by the way, you writing is excellent. You mentioned that maybe someone could someday write a book about it. YOU should do that.
With all my love, admiration and respect,
Oom Willie
Boetie….. geen woorde wat ek hier kan skryf sal kan beskryf hoe ek op hierdie oomblik voel nadat ek ek gelees het wat jy spesiaal vir my geskryf het nie…
Die trane loop saggies langs my wange af….
Al wat ek kan sê…
I LUV ALL OF U 2 en ons mis julle oneindig baie.
PS. ek en Yuki praat gereeld op Skype, en ek dink ek is mees opgewonde hier in SA oor die nuwe pienkvoet wat eersdaags sy verskyning gaan maak!! Onthou om dadelik vir ons foto’s te stuur!
All my love!!!!!!!



























RSS - Posts








