Die slag van Cheetah rivier!!! 2009/10/29
Posted by Zee in Sommer net.Tags: blou bulle, cheetahs
19 comments
Happy Halloween 2009/10/29
Posted by Zee in Sommer net.add a comment
Ek boer nog steeds lekker op my Farmtown plasie, en nou vir Halloween het hulle die oulikste goed uitgebring
Halloween
From Wikipedia, the free encyclopedia
This article is about the holiday
Halloween (also spelled Hallowe’en) is an annual holiday celebrated on
October 31.
It has roots in the Celtic festival of Samhain and the Christian holy day of All Saints’ Day. It is largely a secular celebration, but some have expressed strong feelings about perceived religious overtones. Irish immigrants carried versions of the tradition to North America during Ireland’s Great Famine of the 1840s.
The day is often associated with orange and black, and is strongly associated with symbols like the jack-o’-lantern. Halloween activities include trick-or-treating, wearing costumes and attending costume parties, ghost tours, bonfires, visiting haunted attractions, pranks, reading scary stories, and watching horror films.
History
Snap-Apple Night by Daniel Maclise showing a Halloween party in Blarney, Ireland, in 1832. The young children on the right bob for apples. A couple in the center play Snap-Apple, which involves retrieving an apple hanging from a string.
The couples at left play divination games. These games are common at Irish Halloween parties still todayHalloween has origins in the ancient Celtic festival known as Samhain pronounced: sow- wen] (Irish pronunciation: [ˈsˠaunʲ]; from the Old Irish samhain, possibly derived from Gaulish samonios).
The festival of Samhain is a celebration of the end of the harvest season in Gaelic culture, and is sometimes regarded as the “Celtic New Year”. Traditionally, the festival was a time used by the ancient Celtic pagans to take stock of supplies and slaughter livestock for winter stores.
The ancient Celts believed that on October 31 the boundary between the world and the otherworld dissolved, and the dead become dangerous for the living by causing problems such as sickness or damage to crops. The festival frequently involved bonfires into which the bones of slaughtered livestock were thrown.[citation needed]
The wearing of costumes and masks at Halloween goes back to the Celtic traditions of attempting to copy the evil spirits or to placate them. In Scotland the dead were impersonated by young men with masked, veiled or blackened faces, while dressed in white.
Origin of name
The term Halloween, originally spelled Hallowe’en, is shortened from All Hallows’ Eve: eve is an abbreviation of even, an older word for evening. Halloween gets -een as a contraction of even to e’en], from the Old English term eallra hālgena ǣfen meaning “All Hallows’ Evening”, as it is the eve of “All Hallows’ Day”, which is now also known as All Saints’ Day.
It was a day of religious festivities in various northern European pagan traditions, until Popes Gregory III and Gregory IV moved the old Christian feast of All Saints’ Day from May 13 (which had itself been the date of a pagan holiday, the Feast of the Lemures) to November 1.
In the 9th century, the Church measured the day as starting at sunset, in accordance with the Florentine calendar. Although All Saints’ Day is now considered to occur one day after Halloween, the two holidays were at that time celebrated on the same day. Halloween is thought of as a time when the living and the dead can be together again
Trick-or-treating and guising
Typical Halloween scene in Dublin, Ireland.Trick-or-treating is a customary celebration for children on Halloween. Children go in costume from house to house, asking for treats such as candy or sometimes money, with the question, “Trick or treat?”
The word “trick” refers to a (mostly idle) threat to perform mischief on the homeowners or their property if no treat is given. In some parts of Ireland and Scotland children still go guising. In this custom the child performs some sort of show, i.e. sings a song or tells a ghost story, in order to earn their treats.
Daarsy, nou weet julle omtrent alles oor Halloween!!
Sonkind se “Pretty Please” 2009/10/23
Posted by Zee in Sommer net.Tags: Sommer net
9 comments
Sonkind vra so mooi….
“Zee, verduidelik asb vir my en dalk ander ook wat wonder, hoe kry jy daai oulike figuurtjies van Betsie Boop (ek dink?) regs op jou blog. Pretty please.”
Gaan na Appearance, kliek op widgets en add ‘n Text widget na die Sidebar toe.

Daar is twee maniere om dit te doen.
1) Soek die foto wat jy daar wil sit en copy die url bv.
<a href=”http://www.glitter-graphics.com”><img src=”http://dl5.glitter-graphics.net/pub/1102/1102695tzremzepfb.gif” width=”160″ height=”160″ border=”0″>
van die prentjie by die text widget in wat jy na die sidebar toe “gedrag” het en save. Partykeer moet mens maar die prentjie bietjie resize dat dit in die blokkie kan pas, speel maar met die wydte en hoogte rond todat dit reg lyk in jou sidebar.
Die volgende opsie is…
Upload ‘n fotos soos wat jy gewoonlik sou doen en kry dan die link url van die foto wat jy opgelaai het in jou blog te kry dit sal so ietsie wees
<img src=”http://zee3.files.wordpress.com/2008/08/godsgift.jpg”>
en dan copy jy dit in die text widget in en save.
Daarsy, ek hoop die wat nie geweet het hoe om dit te doen nie, weet nou. Ek is nou nie ‘n baie goeie leermeester nie so skreeu maar as julle nog iets wil weet as die verduideliking hierbo nie baie duidelik is nie
Huiswerk gedoen!!
Ai, ek het al lekker met die Moviemaker gespeel soos Sondkind in haar inskrywing verduidelik het, dis hoe ek ook my videos maak, maar het dit nog nie YouTube toe geupload nie. Ek dink ek moet dit bietjie doen, ek het darem al ‘n YouTube-rekening
Maar ek dink tog julle moet hier onder loer na die oulike video wat ek gemaak het!!!!
DIT IS IN ELK GEVAL WAT VOLGENDE SATERDAG TOG WEER GAAN GEBEUR
Ag en sommer net nog ‘n ou foto wat al voorheen om my blog was….
Zeethan, mag jy vir ewig swerf!! 2009/10/17
Posted by Zee in Sommer net.Tags: e-mail, e-pos
10 comments
Truly amazing!!!
Ek het net nou net hierdie email ontvang
Die foto het Pikkie in Desember 2008 vir my gemaak toe ons vir Shasha gekry het en ek het die foto op my blog gesit, wat Pikkie op haar Internet Scrapbookflair profile gemaak het. Iemand kon hierdie foto net van my blog af gekry het, of was dit dalk iemand wat ek die foto ge-mail het……
Die woorde wat saam met die e-pos rondgaan is truly net amazing!!
Ek haal maar die email adresse uit
From: …..
To: zee
Date:2009/10/17 10:26:52 AM
Subject: FW: Glasstukke
From: …..
To: ……
Date: Thursday, October 15, 2009, 11:29 AM
Subject: FW: Glasstukke
From: …..
Sent: 15 October 2009 9:29 AM
To: …..
Subject: FW: Glasstukke
Soms is n mens se lewe vol glasstukke,
Wat baie seer en diep sny,
Maar die Here skraap al die stukkies glas bymekaar
Herrangskik dit en maak die mooiste mosaiek daaruit.
Dis hoekom jy so mooi mens is,
Jy het toegelaat dat GOD jou skep,
Elke dag!
Geniet jou dag en dankie dat jy so spesiaal is.

Moenie vandag probeer om GOD se hand vas te hou nie…
Laat Hy joune vashou! Hy doen die hou werk,
doen jy net die vertrou werk.
Mag jy Sy vashou werk beleef.
LONG LIVE ZEETHAN ON E-MAILS SPREADING GOD’s WORD!!!!
Bloedrooi blosery! 2009/10/11
Posted by Zee in Sommer net.18 comments
Nikta het die mooiste wordle gemaak, en dit het my laat dink aan my most embarrassing moment Vrydag middag toe ek dink ek gaan gou lekker shop by die SPAR
Seun het gevra of ek gou by die video winkel kan stop en die movies gaan haal wat hy graag wou sien. Geen probleem want ek moes gou SPAR toe gaan om ‘n paar goedjies te gaan koop.
Ek stop toe gou by die winkels en eers sukkel ek om parkering te kry want dis mos nou Vrydag middag en almal wil mos nou by die winkels wees. Eerste stop die video winkel, kry die movies en stap oor na die SPAR toe. Ek kry vir my ‘n trollie en gaan eers by die SPAR in. Ek stap nog so lekker en die volgende oomblik tik iemand my op my skouer. Die swart dame sê vir my. “Mevrou, jou broek is geskeur. En dis regtig baie groot”
Huh….
Ek draai my kop so en jou wrintie waar, my broek is geskeur van bo tot omtrent by my knieg en al wat jy sien is panty en lemoenskille
(As ek nou daaraan dink kan ek net dankbaar wees ek dra nie g-strings nie
)
Ek staan daar, en al die emosies hierbo in my wordle gaan deur my. Ek probeer die groot gapende gat vasvat en probeer aanstap om gou die paar goedjies te koop maar nee, toe sal daar nou ‘n oom en sy vrou verby loop en hy offer om die gat vir my toe te hou. Tsk!
Die storie van die gapende gat vashou wil nie werk nie, maar of ek nou uitloop en eers na die inkopies is seker maar dieselfde!!
Die swart dame wat my kom bewus maak het van die petaljie kom toe weer na my toe en offer haar my trui en sê ek kan maar vir haar bring sodra ek klaar was.
Ek dink toe by myself…. Van hier af moet ek nog kleuterskool toe ook en ek het nou regtig nie vir dit kans gesien nie.
Ek los toe die trollie net daar, loop uit die SPAR uit langsaan na A C Kermans (Julle weet mos by nou al dis een van my gunsteling boetieks
en gaan soek ‘n nuwe broek vir my. Die kleur wat ek toe kry pas nou glad nie by my bloes wat ek aangehad het nie, en koop toe sommer vir my ‘n nuwe bloes ook (Dis nou maar een van die min kere wat ek tog wel iets vir my sal koop). Ek gaan na die kassier toe en wil betaal, ek wens julle kon hulle gesigte gesien het, ek stap dan nou met heel ander klere uit as wat ek mee ingekom het
Ek betaal toe vir my aankope en is toe vinnig terug supermark toe om gou my inkopies klaar te maak….
Die dame… het ‘n boks tjoklits gekry
Ns…. ek wonder nou nog waar en wanneer die broek geskeur het, by die werk, o jinne, dan dooi ek nog 10 ander dooies as dit wel so was
of het dit gebeur toe ek uit die motor geklim het toe ek by die supermark gestop het.
![]()
Vertroue 2 2009/10/04
Posted by Zee in Sommer net.Tags: trust, vertroue
15 comments
As jy hierdie video gekyk het, sou jy kon sien dat hierdie man die leeus absoluut met sy lewe vertrou. Hy moet hulle vertrou anders sou hulle hom nie naby toegelaat het nie. As jy ‘n dier (enige dier) nie vertrou nie het jy in jou onderbewuste ‘n vrees vir hom en hulle “ruik” dit aan jou.
Daar is beslis ‘n aangetrokkenheid tussen hulle maar ook ‘n versigtigheid van die mannetjie se kant af, jy kan dit sien in sy lyftaal. Kyk weer na die begin van die video, jy sal sien die een jong mannetjie nader die ou van die kant af en hy word half gejaag met ‘n speel skop.
Dis tipies wilde dier se optrede …… val van die kant of agter af aan!
Vertrou die leeus hom? Ek glo so, anders sou hy seker nie meer gelewe het nie.
(Bossie, dankie vir die beskrywing van die video!)
JEREMIA 17:7
Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue op die Here stel, die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is. Vertroue is een van die magtigste aspekte van geloof. Dit is vertroue wat jou deur probleme dra. Geloof vra vir uitkoms in ‘n situasie, maar vertroue volhard terwyl ons op God wag. Ons almal het vertroue, maar ons kies self waar of in wie ons dit plaas.
Author: Eben Enslin for e-Woord
Ek het my vertroue in iemand gestel en laas week was my vertroue verby my kleintoontjie geskok! Ek glo nie dat ek ooit weer daardie persoon sal kan vertrou nie, never mind nog voor my oë wil sien nie.
Bossie het laas Sondag toe sy agtergekom het dat iets nie lekker is nie, hierdie stukkie vir my gegee om te lees.
“Die wat na die see toe afdaal in skepe, wat handel drywe op die groot waters— húlle het die werke van die HERE gesien en sy wonders in die diepte. Want Hy het gespreek en ‘n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het. Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes—hulle siel het vergaan van wee. Hulle het getuimel en gewaggel soos ‘n dronk man, en al hulle wysheid is verwar. Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei. Hy het die storm ‘n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword. Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.”
Die Bybel sê die volgende:
Mattheus 18 vers 22 :21
Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?”
Mattheus 18 vers 22 :22
Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.
Vrydag, nie eers ‘n week later nie, word Bossie groot ontnugter toe sy agterkom iemand wat sy net so vertrou het haar vertroue so geskok het, dat sy net soos ek, nie die bybel se raad kan volg en 70 x 7 vergewe nie.
Terwyl ek so besig is om hierdie inskrywing te doen gaan soek Bossie iets op, en net daar word ek en sy so subtiel oor die vingers getik….
MATTHEUS 6:9 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
MATTHEUS 6:10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
MATTHEUS 6:11 gee ons vandag ons daaglikse brood;
MATTHEUS 6:12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
MATTHEUS 6:13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
MATTHEUS 6:14 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
MATTHEUS 6:15 Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.
Ek gaan regtig probeer vergewe, maar die vergeet weet ek nie so mooi van nie!
Hoe sou julle so ‘n situasie hanteer, want elke keer as ons net daaraan dink, stoot die naarheid op!













RSS - Posts








