Voor alles te veel raak…. 2009/02/25
Posted by Zee in Dig, Geloof.Tags: Dig, Dig / Poetry, faith, Geloof
23 comments
Voor alles te veel raak
Liewe Heer
gee my net nog `n bietjie krag
om weer aan te gaan.
Ek weet, môre voel ek anders
maar vir nou het ek genoeg gehad
ek wil nie nou verder
weet waarom ek deur dit alles
moet gaan nie…nie nou nie Heer
…gee my asseblief net eers
`n bietjie krag.
Ek wil nie nou al – en só gaan nie
heeltemal verward, verbitterd en verleë
help my hier uit, hierdie donker grot
dan kan ek dalk aangaan en weer eendag weet
waarom ek hier – hierso moet wees
en wat ek als nog moet doen
gee my net eers bietjie genade
bietjie krag en bietjie liefde
uit hierdie ene uit,
sodat ek bietje-bietjie
ánderkant môre, weer terug kan gee.
Amen
Geskryf deur Lyanda
Lyanda, baie dankie dat ek hierdie gediggie kan gebruik… Dit is so asof jy dit vir my geskryf het, so raak het jy my gevoelens opgevat in hierdie gedig.
Zeethan het ALWEER mangel ontsteking. Die dokter het vir hom gevra om hy ‘n paar fluitjies ingesluk het so sleg is sy borsie op die oomblik. Sy vermoed dat hy dalk asma mag hê. Ai julle, hy het so gehuil toe hulle moes bloed trek vir die allergie toetse. Dit het 2 van ons gekos om hom vas te druk sodat die suster kon bloed trek. Ons sal Woensdag middag weet wat die uitslag is. Ek vat maar elke dag soos dit kom..
O ja, intussen probeer ek weer bietjie leer. Ek moet vir my hernuwing van my vuurwapen lisensie (op aandring van BB) gaan. Dit is glad nie meer so maklik om te probeer leer as jy jare laas geleer het nie, en dan wil hulle sulke hê ek moet sulke snaakse wette leer.
Bottertjie , baie dankie vir my pragtige “signature”!!!! – gaan voeg hom daar by jou “headers en stuff” bladsy…..
Zeethan word 2 2009/01/28
Posted by Zee in Dig, Spesiaal.Tags: birthday, Special Occasions, Spesiaal, verjaarsdag
33 comments

![]()
Zeethan, die laaste twee jaar kyk ek en oupa trots na elke nuwe beweging wat jy maak en al die nuwe woordjies wat nou so vinnig kom. Jy bring net plesier binne-in ons lewens in. Ons kyk elke dag in verwondering toe en sien hoe jy vorder en groei, van die dag toe jy twee jaar terug gebore is. Ons lief jou stukkend!!! Oupa en Ouma.
![]()
Hierdie jaar het ouma nie vir jou ‘n koek gebak nie want ek weet dat dit weer ‘n “disaster” sou wees. Ouma het vir jou ‘n vliegtuig koek laat bak omdat jy so mal oor “tuie en koppers” is op die oomblik…. Gaan grawe binne-in die versiering in en geniet jou presentjies want jy is een baie spesiale seuntjie.
![]()
JP Bekker het spesiaal hierdie gediggie vir Zeethan geskryf vir sy 2de verjaarsdag.
JP, baie dankie vir die mooi gediggie. My opregte dank aan jou!
Zeethan
Dis ouma se blou oog kind,
se voete so diep gesink
in die water waar donker
diep poele binne roer.
Met jou laggie wat in
my hart rinkink,
sal ouma jou seëninge tel.
my kind.
Elke krul op jou blonde
kop is getel my lief.
Nie een sal vermis raak
sonde Sy wete.
Met jou toekoms so wyd
verspreid, raak ouma se
bekommernis iets van die
verlede.
Maar eendag sal die tyd ryp
met opgewondenheid
jou meer vertel van
ouma en oupa se stryd.
Dis nou met jou tweede
wat ondervinding, gebed
en liefde jou nog meer
oulik gaan laat.
Onthou
Jy is ouma se hart se punt;
oupa se oogappel en
Sy liefdes geebaar
spesiaal aan ons.
JP Bekker

Happy Birthday x 3 2009/01/12
Posted by Zee in Dig, Spesiaal.Tags: birthday, Dig, verjaarsdag
13 comments
I Celebrate You
On your birthday, I celebrate you!
On your special day,
I’m thinking of all the wonderful things you are
that bring so much joy to others, including me!
I celebrate your unconquerable spirit,
that lets you meet every challenge
with confidence, enthusiasm and persistence.
I admire your sensitivity.
You see needs that cry out to be met
that no one else sees,
and you meet them,
out of your deep and caring heart,
out of your wisdom,
out of your strength.
I treasure your uniqueness;
There is no one else like you,
and I feel blessed to know
such an extraordinary person.
I appreciate you, respect you,
cherish you, look up to you.
Happy, happy birthday!
May each new birthday
be the best one ever for you;
You deserve it!
Wipneus, ek weet sommer dat jy so gespoil gaan word vandag!
((((Wipneus)))
Iewerste het ek my blog se 1ste verjaarsdag gemis op die 12de Desember….
Vandag is ook Seun se 25ste verjaarsdag……..
Ek wens hom ook net alles van die beste toe vir die jaar wat voorlê. Mag al jou drome waar word my kind. Ek kan jou nie bel of by jou wees om jou ‘n drukkie te gee nie, maar weet net dat jy heeldag in my gedagtes is. Ek is baie lief vir jou. Almal stuur liefde en sê ook baie geluk met jou verjaarsdag en hou jou ken omhoog!
Laas jaar met jou verjaarsdag het ek hierdie liedjie Never Alone aan jou opgedra.
Ek het die video gaan soek maar kon dit nie kry nie en kom toe op hierdie Never Alone af. Dit is heel anders maar die woorde het my geraak. Hierdie is dan ook spesiaal vir jou.
NEVER ALONE – Lay Antebellum & Jim Brickman
May the angels protect you
Trouble neglect you
And heaven accept you when its time to go home
May you always have plenty
Your glass never empty
And know in your belly
You’re never alone
May your tears come from laughing
You find friends worth having
With every year passing
They mean more than gold
May you win but stay humble
Smile more than grumble
And know when you stumble
You’re never alone
Chorus:
Never alone
Never alone
I¹ll be in every beat of your heart
When you face the unknown
Wherever you fly
This isn’t goodbye
My love will follow you stay with you
Baby you¹re never alone
Well I have to be honest
As much as I wanted
I’m not gonna promise the cold winds won¹t blow
So when hard times have found you
And your fears surround you
Wrap my love around you
You’re never alone
Chorus
May the angels protect you
Trouble neglect you
And heaven accept you when its time to go home
And when hard times have found you
And your fear surrounds you
Wrap my love around you
You¹re never alone
Chorus
My love will follow you stay wïth you
Baby you’re never alone
My Tuisland se Woude en Klowe 2008/11/30
Posted by Zee in Dig, Sommer net.Tags: Afrikaans gedigte, CJ Langenhoven, Heimwee
8 comments
Ek het by Eilandkind oor Afrika, my bloed gelees en dit laat my terug dink aan die CD’s wat my oom vir my gebring het so ‘n rukkie terug met hulle blits besoek aan S.A. Een van die CD’s het hy Heimwee genoem omdat hy so verlang na sy geboorte land. Hy is net soos Eilandkind met ‘n Amerikaner getroud. Die CD is opgeneem by ‘n “konsert” wat hy vir die Amerikaners gedoen het by die Trinity United Methodist Church in Columbus, Ohio, USA in Maart 2008.
Hierdie Heimwee CD laat my weer vandag aan my seun dink en daar sak weer so donkerte om my toe soos die laaste paar dae. Hierdie Kersfees gaan dit weereens ‘n jaar sonder my kind wees. Die vyfde een in ‘n ry. Maar ek weet verseker volgende jaar gaan dit anders wees.
Die volgende liedjies het hy vir die gehoor gesing in Afrikaans (hulle het ‘n vertaling byderhand gehad in Engels want waar het jy nou gesien dat hulle een woord sou verstaan)
- Seeman
- Fyn soos ‘n Vlinder
- My Rita
- Wandellied
- Die Vrolike Musikant
- Heimwee
- Lied in my Hart
- Mooiste Dag
- My Tuisland se Woude en Klowe – ‘n gedig deur CGS De Villiers.
My Tuisland se Woude en Klowe gesing deur Willie Grové in Afrikaans. Onder is die engelse vertaling wat hy gedoen het.
MY TUISLAND SE WOUDE EN KLOWE
C. G. S De Villiers
My tuisland se woude en klowe is skoon
En daar het ons twee vanmelede gewoon
Daar sing nog die voëltjies die lied van ons jeug
En bring nog die boodskap van weemoed en vrees
O woud van my tuisland
Suis diep in my hart
Bring soete herhinrings
Bring lawing na smart
Nou wandel ek eensaam en voel nêrens tuis
O woud van my jeug, jy’s my laaste tehuis.
THE FORESTS AND VALLEY OF MY HOMELAND
Engelse vertaling deur Willie Grové
My homeland’s forests and valleys are fare
And that’s where we lived in years gone by
The birds still sing the songs of our youth
and still bring their messages of happiness and joy
Oh, forsest of my homeland
Flow deep in my heart
Bring sweet remembrances
Bring comfort in grief
Now, I wander, lonely and feel nowhere at home
Oh, forest of my youth, youre my last resting place
Ns… Emil dankie vir jou moeite, en toe was dit al die tyd nie CJ Langenhoven nie… maar CGS De Villiers
Na maande se gesoek het Willie toe die woorde vir my gestuur… en ai, mens hoor die heimwee in sy skrywe!
Ek het nie a digbundel nie, behalwe die een in my kop, en die FAK sangbundel wat jou ma en pa my 32 jaar gelede gegee het toe ek Amerika toe is. Maar ek ken die lied en die woorde. Die wysie is van ‘n ou Walliese volkswysie af, en hier is die woorde: (Soos bo)
As ek hierdie liedjie sing dan huil ek sommer van verlange! Dit is op daardie CD “Heimwee” wat ek jou laas jaar gegee het. In die binnekant van die jewel case booklet is die engelse vertaling van die woorde.
Willie, dit is die “Heimwee” CD wat my hierdie post laat skryf het…. want ek het snot en trane gehuil in die kar toe ek na die CD geluister het, en so gewens dat julle hier naby ons gebly het!
Band van vriendskap 2008/11/05
Posted by Zee in Dig.Tags: Dig, poetry, Spesiaal, vriendskappe
21 comments

BAND VAN VRIENDSKAP
Deur Elize B
14/8/05
Saggies het jy gekom en ‘n hand uitgesteek
van vriendskap en omgee, ‘n glimlag so breed.
Soms luister jy net of gee my ‘n Woord
as my lewenslied klink na ‘n valse akkoord …
Dan weer ‘n glimlag en ‘n stewige handdruk
as my ogies nat is en my skouers wil snik …
Jy sien ook my twyfel en weemoed soms raak,
vertel my van jou prag-kruik met sy eie seer-kraak..
Saggies-versigtig probeer jy my sê
mens kry nie altyd wat jy graag sou wou hê!
My lewe is hartseer en ek voel soms gedaan
maar as ek kyk na jóú vrede, dan stop dit mý traan.
Dankie dat jy ligvoet op my lewensskerwe trap,
jou nie daardeur laat afsit maar saam met my wil stap.
Jou vriendskap is ‘n seëning, opligtend, vol goud,
jy deel jou Jesus-liefde, jy’s die aarde se sout.
Mag mý vriendskap dan ook vir jou
opregtheid, kameradie en die Jesus-lig inhou …
If……. 2008/09/25
Posted by Zee in Dig, Geloof.Tags: Dig, faith, Geloof, poetry
20 comments
My meisiekind word 21! 2008/05/13
Posted by Zee in Dig, Spesiaal.Tags: Dig, poetry, Spesiaal, verjaarsdag
25 comments
Marcia, vandag is jy 21. WOW, ek kan dit nou nog nie glo nie.
Net die ander dag het ons hierdie ou foto’tjie van jou geneem.

Die jare het aangestap en vandag is jy hierdie pragtige meisiekind van my!!
Ek het spesiaal hierdie gedig vir jou geskryf vir jou 21ste verjaarsdag. Mamma en Pappa is baie lief vir jou en hoop dat jou dag baie spesiaal sal wees. Bly die mooi kind wat jy nou is!!
21 Seisoene
““
Die tyd van jou jaar in my hande
tel vandag 21 seisoene se blare
van mooiweer, van reen
en sonskyn en seen.
““
Jy gaan, dis reg..die klokke lui
wat `n nuwe tyd aandui
van meer en meer alleen besluit
ek is nog hier, nog al die tyd.
““
Die plek wat alles van jou is
en weerkaats hier tussenin
van al die jare se vertrou
tussen vrou en vrou.
““
Die kamer in jou oog weerkaats
van dinge wat ek nooit sal raak
alles los ek net so, soos altyd
deel van jou persoonlikheid
““
Jou warmte en skielike gelag
moet net hier bly en wag
dat ek dit elke dag kan deel
en nou en dan kan oorspeel.
““
Jy moet net weet dat elke jaar
n dag was, die tyd maar net `n blaar
van `n hele boom se bloei
waaruit jy nou moet groei.
““
Die huis sal joune wees
vir altyd en nog bietjie meer
kom terug en maak my bly
al weet jy, jy is vry.
““
21 Dink dis groot, ne?
my arms wag, jy mag kom le
soos kleintyd en nog troos vind
ek`s hier, nog al die tyd…my kind.
Gescribble deur Zee, gepolish deur Lyanda
Trappe na die kelder 2008/04/26
Posted by Zee in Dig.Tags: Dig, poetry
11 comments
Hierso is Lyanda se nuutste gedig. Dis gebore toe sy in die Spur gewag het vir haar kos….1 hele damn uur lank! Sy sien toe die bottels wyn en al wat rym is pyn, maar honderde mense het wyn en pyn al gehoor. Toe raak die tema trappe na die kelder! Nie haar eie pyn nie! Dalk net `n bleddie honger maag! Ek dink dit is stunning Lyanda!
Trappe na die kelder
As ek afstap na die kelder
vol gedagtes saam met my
seer onthou aan jou so helder
wat ek nou uit my wil kry.
Ek draai die vrugte van ons saamwees
dit word `n Pinotage
dat ek altyd meer daarin wou lees
wie was dronk en wie die dwaas?
Geluk van ewig en vir altyd
en ons glase bo oor vol
van wyn, al wat oorbly selfverwyt
en kyk…my trane maak `n kol…
Koor:
Al meer bottles raak nou leër
Al meer pyn wat vervaag
Al hoe meer wil ek jou vergewe
want wyn maak my hart sag.
Gedagtes wat al minder krap
die lewe gaan weer met my aan
ek staan hier op die boonste trap
die laaste wyn, die laaste traan.
My glas in jou hande saam
dat ek daaruit versadig raak
illulsies wat my nou ontgaan
ek wou dit ken, ek wou nog saam.
Koor: Al meer bottles raak…..
Tiny angel For You! 2008/03/09
Posted by Zee in Dig, Spesiaal.10 comments
Ek het hierdie stukkie ontdek vandag wat ek lank terug op mail gekry het. Hierdie is spesiaal vir al my blog vriende!
Tiny angel For YOU
I am a tiny angel
I’m smaller than your thumb:
I live in people’s pockets
That’s where I have my fun.
I don’t suppose you’ve seen me,
I’m too tiny to detect:
Though I’m with you all the Time,
I doubt we’ve ever met.
Before I was an Angel…
I was a fairy in a flower:
God, Himself, hand-picked me,
And gave me Angel power.
Now God has many Angels that He trains in Angel pools:
We become His eyes, and ears, and hands
We become His special tools.
And because God is so busy,
With way too much to do;
He said that my assignment
Is to keep close watch on you.
When He tucked me in your Pocket
He blessed you with Angel care;
Then told me to never leave you,
And I vowed always to be there.
This is all you have to do.
Author Unknown
Blou bul of Leeu? 2008/03/07
Posted by Zee in Dig.Tags: blou bulle, blue bulls, Dig, poetry, Sommer net
25 comments
Wen of verloor
Ek gaan `n tantrum gooi
Want ek sien net rooi
Ek is `n Bul in Blou
Dis al waarvan ek hou
Jy dink die Bul maak `n grap
Hy gaan jou flenters trap
Jy weet mos rooi is vir bloed
Jy moet maar jou mammie groet
`n Blou Bul kry nooit seer
`n Blou Bul probeer altyd weer
dis die sportman-gees
ek WIL `n Blou Bul wees!
Die Bulle gaan die drieë oorstuur
Vyf punte teen die muur
`n Bul ken van tackle
maar die rooies kan net sukkel!
Wen of wen of wen
Jy sal die Blou Bul ken
As jy deur die skrum getrap is
En jy vir maalvleis geskrap is!
Ek haat die rooi merke van die jufrou
Gaan terug na haar toe rooi-ou
Gaan tel eers tot by tien
Die Bulle gaan jou wen!
Die punte gaan net meer word
Jy moet jou hart maar uitsort
Jy kannie rugby speel ou rooi
Die Bulle sal jou looi!
Jy dink jy`s koning Leeu se gat
Jy kan `n bal nie vang ou maat
Gaan speel daar in die sand
Die Bulle sal jou vingers brand!
`n Bul kan skop, `n Bul kan duik
`n Bul kan die bal by jou gryp
`n Bul sal jou in die grond in speel
`n Bul word gou met rooi verveel.
Wen of verloor
Die spel is oor
Die punte is hier voor jou oë
Die Bulle is heeltemal voor!
Gescribble deur Zee, gepolish deur Lyanda










RSS - Posts








