jump to navigation

Aanneem kinders 2011/06/20

Posted by Zee in Sommer net.
Tags: ,
trackback

Ek lees so hier en daar blogs en vandag kom ek op Pienk Pantoffels af.

Sy vertel hoe sy uitgevind het wie haar biologiese moeder was, maar te laat….

Nou sit dit my weer aand die dink met kleinding.  Sy moeder het my net voor Kersfees gekontak en gevra of sy hom kan sien.  Ek wou eers nie, maar seun het so maand voor sy my gebel het, ‘n beroerte gehad en dit het my laat besef die lewe is bitter kort vir grudges en ek het toe maar ingegee dat sy hom weer kon sien.

Ek het baie streng voorwaardes gestel dat sy glad nie emosioneel mag raak as sy hom sien en my baby voor en my baby agter nie, en dat sy nie mag sê dat sy sy ma is nie.  Daar is geen manier wat ek hom sal ontwrig nie, want hy vra klaar of ek sy mamma is, want hy sien mos by die skool mammas kom haal sy maaitjies maar sy ouma kom haal hom.

Anyway, sy het gedoen soos ek gevra het, en ons het ‘n rustige uur saam deurgebring by Steers ( :) meneertjie is altyd honger).  Hy het die heeltyd gevra wat is haar naam, en dan het ek sommer vinnig gesê, Tannie.  Sy het vir hom ‘n kersgesenkie gebring asook een van sy ander ouma af wat so by the way hom nie eers gebel het op Kersdag of op sy verjaarsdag nie.

Sy het gevra of sy hom weer kan sien of bel, en ek het ingestem maar met presies dieselfde voorwaardes.

Ai, dit is darem jammer dat sy haar kanse so weggooi.. Hoekom moet ek haar weer ‘n kans gee nadat sy skielik weer stil geword het.  Vandag kry ek skielik ‘n sms uit die bloute om te hoor of ek alweer van seun gehoor het.  Daar is geen manier dat ek weer vir haar sal sê wat van hom geword het nie.  Die laaste keer het sy hom kom soek en gevind en terug op sy ou pad gesit.  Hy is op ‘n baie veilige plek op die oomblik, en hoe langer ek hom daar kan hou hoe beter vir hom.

Hoekom skryf ek skielik weer…. Omdat Pienkpantoffels my laat dink het oor wat ek eendag vir Zeethan gaan moet sê.  Hoe, waar, wanneer.  Dit pla my dat ek nie al die antwoorde het op hierdie vraag nie.

Comments»

1. MaanKind - 2011/06/20

Dis wonderlik as julle van mekaar inspirasie (en dalk troos?) kan kry.

Zee - 2011/06/23

Beslis Maankind, mens vergeet partykeer daar is ook ander wat aangeneem is, bv, ek het heeltemal vergeet my niggie is ook aangeneem, maar net omdat ons nooit daarna verwys het nie, want vir ons is sy soos bloed familie.

2. Huisvrou - 2011/06/20

Zee,
Die lewe het selde, bitter selde, antwoorde wanneer ons dit wil hê. Antwoorde kom eers heelwat later – wanneer ons dit skielik nie meer nodig het nie!

Met tyd sal dinge duideliker word, leef net voluit sodat hy ook sy kleintyd propvol herinneringe kan pak – wat jy reeds doen.

Baie sterkte!

Zee - 2011/06/23

Dit is beslis een ding wat ek en my man goed doen :) Gee vir hom net liefde en herinneringe (((Huisvrou)))….

3. Xena Phoenix - 2011/06/20

Van kleins af is blykbaar beter.

Zee - 2011/06/23

hoe klein?

pienkpantoffels - 2011/06/23

Van hy kan verstaan. My aanneemma het altyd vir my gesê dat ek baie spesiaal is omdat sy my spesiaal kon uitkies om haar dogter te wees.

4. Son - 2011/06/20

Zee, jy het van dag een af baklei vir Zeethan se beste belange. Ek haal my hoed vir jou af. Jy moes van voor af kind grootmaak. Ek weet mens se ma is jou ma, maar weet jy, party mense verdien nie om ouers te wees nie. Eendag moet jy hom net die waarheid vertel, wanneer die tyd reg is. Ek glo hy sal verstaan. En weet dat jy uit liefde vir hom opgetree het.

Zee - 2011/06/23

Ai en dis een harde baklei al die pad… Dankie vir die omgee van dag een af Son!

5. pienkpantoffels - 2011/06/20

Ek ken nie jou hele storie nie. Maar eendag, wanneer dit nodig is, sal jy oor die nodige wysheid beskik om die regte antwoorde te gee.

Zee - 2011/06/23

Ek hoop regtig so. Dis so scary as ek daaraan dink en ek weet nie regtig wat om vir hom te sê nie.

6. murphy - 2011/06/22

Ek het jou storie nou die dag al gelees, en wou so graag weet wat aangaan, maar was te bang om te vra. Klein Zee is bevoorreg dat jy hom gevat het en dat hy standvastigheid en liefde kry. Baie sterkte!

Zee - 2011/06/23

Jy kan maar regtig vra. Dis hoekom ek destyds die blog begin het, om ander mense bewus te maak van die gevare van dwelms en wat dit aan ‘n familie kan doen.

7. Louisa - 2011/06/27

Ek dink nie dat hy ooit sal kan twyfel oor hoe lief jy hom het en dat jy altyd sy beste belange op die hart gehad het nie.

8. toortsie - 2011/08/05

Sterkte, Zee. Kom tyd, kom raad. Baie baie sterkte. Dankie dat jy vir hom ‘n veilige tuiste geskep het. Hy is PRAGTIG!!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 43 other followers