jump to navigation

♥♡♥Zeethan♥♡♥ 2010/05/23

Posted by Zee in Spesiaal.
Tags:
8 comments

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor…. 2010/05/15

Posted by Zee in Dwelms / Drugs, Geloof.
Tags: , , , , ,
9 comments

Ek kry elke dag “Jou Woord vir Vandag” van Radio Kansel per e-pos.  Is dit toeval dat hierdie stukkie en die tema van my blog presies dieselfde woorde in het?

Bron

14/05/2010

Filippense 2:14 NLV

Hou op kla en begin baat

Klagtes kan ook billik en regmatig wees.  Klagtes oor onreg, mishandeling, verraad, roof, skinder, laster, vooroordeel, fisiese leed aan jou of jou gesin, en dies meer, is regmatig. As jy niks hieromtrent doen nie, versuim jy jou plig. Jy is geroepe om die sout en die lig van die aarde te wees, en probleme op te los deur jou geestelike beginsels daagliks toe te pas. Dit is onverantwoordelik, en ook aan God ongehoorsaam, om nié op te tree nie. God se definisie van optrede sluit kla egter uit. Wat staan my te doen, aangesien God kla afkeur?

Eerstens, moet jy niks doen totdat jy met God gepraat het nie. Jy sal reg optree nadat jy eers tyd gemaak het om die regte raad te kry. Gebed sal jou opsies duidelik laat word en jou perspektiewe aanpas. Dit ontlont jou woede, en herstel jou objektiwiteit en rasionele denke. Jou tweede skuif het ‘n beter kans om te slaag as jou eerste skuif was om God om raad te vra: ‘…Vra vir God …’ (Jakobus 1:5 NLV).

Tweedens, voordat jy enigiets sê of doen, moet jy eers jou gesindheid toets. Bepaal wat jou werklike doel is. Is dit dalk om ander te wys dat jy reg is en hulle verkeerd? Wil jy beter lyk deur ander slegter te laat lyk? Wil jy ‘n persoonlike oorwinning behaal, óf wil jy ‘n probleem tot God se eer oplos? Toets jou gemoed, voor jy jou mond oopmaak: ‘…Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.’ (Matteus 12:34NLV). As jou hart volgens God reg is, sal jy enige regmatige klagte op die regte manier hanteer.

Ek lees op die oomblik  “10 curses THAT BLOCK the Blessing” van Larry Huch.

Wat sal mens die nou noem, ook toeval dat hierdie stukkie “woord vir vandag”  ook in die boek behandel word?

Hoekom het ek juis hierdie boek opgetel om te lees meer as ‘n jaar nadat my moeks die boek vir my gegee het?

Ek het baie antwoorde op die vrae gekry net in die eerste 2 hoofstukke van die boek….

  • The Creative Power of the Tongue (Blessings or Curses)
  • Loshon Hora (The curse of evil speaking)

Death and life are in the power of the tongue, and those who love it will eat its fruit. – Proverbs 18:21

Within the pages of this groundbreaking book, Ten Curses That Block the Blessing, Larry Huch shares his personal experience with a life of anger, drug addiction, crime, and violence. He shows how he broke these curses and reveals how you can recognize the signs of a curse, be set free from generational curses, and restore your health and wealth.

Ek het besef dat waarvan my hart te vol was, eintlik te veel oorgeloop het, en het ek onwetend ‘n vloek op my en my familie uitgespreek.

Ek lees op die oomblik  “10 curses THAT BLOCK the Blessing” van Larry Huch en hoe toevallig dat hierdie stukkie “woord vir vandag”  ook in die boek behandel word.

Vandat ek die boek begin lees het (ja dit vat maar lank want daar is baie hoë woorde in Engels wat ek nie verstaan nie, en maar met ‘n woordeboek langs my moet sit) probeer ek net positief  wees, spreek net goeie woorde, weerhou myself daarvan om te skinder, lelike goed te sê oor myself/ander, of om te sê dat ek/iemand dit nie sal maak nie.

Ek wil die boek so gou as moontlik klaarmaak, verstaan waarvan Larry praat, dit toepas in my lewe en weet dat my lewe vorentoe vol “Blessings” sal wees!

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 43 other followers