Mistery case file 1 2010/03/17
Posted by Zee in Sommer net.trackback
Vanoggend maak ek soos gewoonlik Zeethan se Ben10 tassie oop om sy “lunch box” waarin ek elke dag vir hom ‘n vrug, koeldrank en ‘n jogurt inpak oop.
Liewe land, ek het amper ‘n floute beleef toe die reuk my so reg onder my neus vang.
Sien, gisteroggend besluit hy sy nagdoek wat in ‘n sakkie toegebind was (ek het dit op die tafel gelos omdat my man al klaar al die vullissakke buite gaan sit het en ek op my pad uit dit sommer gou in ‘n sak sou druk) in sy tas moet wees. Ek wonder wat het hy gedink daarin is
Hoekom hy die doek in sy sak gedruk het bly ‘n mistery
My eerste gedagte was hy het ‘n glips gehad by die skool, maar ek kon nou nie onthou dat hy gister middag ander klere aangehad het nie.
Meneertjie het net gesmile toe ek hom vra hoekom hy dit gedoen het.
Mistery case Zeethan 1 – Unresolved
Zee
Sent via my BlackBerry





Haai Nee!!!
Die kinders nogal. Dalk het hulle wys my joue en ek wys jou myne dag by die skool gehad. Vra eerder of hy gewen het.
Dit is nou as dit nie sy prys was nie.
LOL!!!!!! Mens kan vir hulle net so bitter baie lief wees.
(Gaan dit goed met jou vriendin?)
Dis baie snaaks, ek vermoed jy gaan dit saak nooit oplos nie.