A Person….. 2010/02/18
Posted by Zee in Sommer net.add a comment
Tot weersiens…….
I am Spiderman 2010/02/07
Posted by Zee in Sommer net.Tags: Sommer net, Spiderman
6 comments
Zeethan het gister gedink hy is ‘n regte Spiderman. Ons het vir ons lekker hang stoele in die lapa opgehang wat my broer al seker 4 jaar terug vir ons gegee het.
Sy eerste woorde was…. “My jungle gym”
“Nee engel, dis stoele, Nee Ouma, my jungle gym”
Ons het hom laat hom maar laat swaai en klouter (ek het ‘n paar blou kolle soos hy oor my geklim en klouter het) en die volgende woorde was net te kosbaar
“Look Ouma, I am Spiderman, I can fly”
Ek dink die foto’s spreek vanself hoe hy homself gate uit geniet het
Baie dankie vir almal se kommentaar wat ek nog nie beantwoord het nie
maar ek sal nog daarby uitkom. Ek lees darem nog gereeld almal se blogs op my google reader, maar deesdae kry ek nie eers kans om vir myself koffie by die werk te maak nie, en ons internet “suck” by die werk, my konneksie by die huis is vinniger as by die werk en ek is op 3g, en die tyd wat dit vat om net iewers te probeer kommentaar lewer is nie goed vir my humeur nie.
Dit gaan goed met ALMAL van ons, Seun inkluis, ek kan nou nog nie glo dat dit so goed met hom gaan en dat hy 2weke terug deur ‘n toets is wat hy geslaag het…… Heeldag naby dwelms en kon sterk staan en NEE sê.
Dankie ook aan my 3 vriendinne wat my party nagte deurgehelp het toe ek down en under was, vol stres en my vol moed ingepraat het, en wat meer in hom geglo het as ek. Julle weet nie hoe ek dit waardeur nie!!!!!




















