jump to navigation

Happy 3rd b’day Zeethan 2010/01/28

Posted by Zee in Sommer net, Spesiaal.
Tags: , ,
13 comments

wishingfriends.com

Carnival…. 2010/01/25

Posted by Zee in Sommer net.
Tags: ,
2 comments


Zeethan’s Stars 2010/01/10

Posted by Zee in Sommer net.
Tags: , ,
13 comments

Meneertjie is sticker mal op die oomblik.  Hy wil net plak.  Ek het vir hom ‘n Stars Scrapbook plakkaat gemaak en hy kan elke aand n sterretjie kies om te plak as hy soet was die dag by die skool en ook by die huis.  Hy moet luister en as ek sê tel op, moet hy optel…. (My rug wil nie meer nie :) ) en dan net voordat hy gaan doedoe kan hy die sterretjie plak………

Ek het al vergeet hoe lekker dit is om Scrapbooking te doen, al was hierdie nou op ‘n plakkaat om op sy kas se deur te sit, sodat hy elke dag daarna kan kyk.

Vanmiddag vang ek hom toe hy die Wet Wipes se boksie reg voor die kas se deur gesit het om by die plakkaat uit te kom,  maar die beentjies is nog so bietjie kort :)

Die vergoeding om soet te wees ……..

Wanneer die vierkant vol sterretjies is, sal ek vir hom ‘n presentjie gaan koop, want ek is al mal van Kersfees af oor hy elke dag ‘n persentjie wil hê :)   Hy kan nie (of sal ek liewers sê hy wil nie) verstaan dat hy nie nou meer  ‘n presentjie kan kry nie, maar net op sy verjaarsdag en dan weer as Kersvader kom :lol: maar dan moet hy baie soet wees en luister……

Oumaaaaaaaaaa, ek is soet, ek wil ‘n sterretjie gaan plak……….  is nou die gereelde woordjies wat uit sy mond uitkom :lol:

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 43 other followers