jump to navigation

Geseënde Kersfees….. 2009/12/21

Posted by Zee in Geloof.
8 comments

Aan ieder en elk,
‘n geseënde Kersfees!
‘n Dag vol God’s liefde!
‘n Dag so spesiaal…

Kersfees kom,
en Kersfees gaan,
maar tog bly dit spesiaal!

Dis anders as enige ander dag,
dis die herdenking
van Jesus se geboorte,
Sy verjaardag,
so kom ons vier dit!
Kom ons leef vir Hom!

Jesus kinders,
laat ons gelukkig wees,
laat ons lag,
en laat ons opnuut besef
presies waaroor Kersfees gaan!

Geseënd sal elkeen wees!
Geseënd deur ons grote God!

Alice Pretorius

Kersfees

(n Opstel deur ‘n kind)

“Kersvees is die moiste tyt van die jaar. Die meeste mense het dan vekansie, ek ook. Ons het ook ‘n krip in die sitkammer, wat Pa drie weeke voor kersvees daar ingebring het en ek en my klyn sissie kan ook help. Baie krippe is vevelig maar nie ons sin nie want daar is baie oulike figiere daar in.

Ek het eenkeer vir Josif en liwe Hesus op die stoof gesit dat hille nie kout kry nie toe was dit te warm. Liwe Hesus het swart geword en Josif het ytmekaar gebars, een van sy foete het in die deeg in geskiet en dit was nie ‘n mooi gesig nie. Ma was baie kwaat en gese dat nie eers die hyliges beskerm word deer my domgeit nie. As Maria so sonder man en kind rondstaan lyk dit nie goet nie.

Maar ek het gelikkag baie figiere in myspeelgoed-boks en nou is Josif Donald Duck. Vir liwe Hesus wou ek vir Asterix vat omdat hy die enigste een is wat so klyn is dat hy in die voerbak kan pas maar Ma het gese dat liwe Hesus tog nie Asterix kan wees nie dan liewer verbrant is beter. Nou is liwe Hesus swart maar nog steets liwe Hesus.

Agter liwe Hesus staan twee osse, ‘n esel, ‘n seekoei en ‘n brontosauris. Die seekoei en die brontosauris het ek self daar ingesit want die osse en die esel het so aleenag gelyk. Lings van die stal kom nou net die drie wyse manne in.  Een van die wyse manne het laas kersvees geval toe Pa hom wou skoonmaak nou is hy heeltemal stikkend. Nou het ons net twee wyse manne en ‘n wyse Batman.

Gewoonlik het die wyse manne baie giskenke vir liwe Hesus soos gout, wierrook en pirpir of so iets. Ons sin het in plaas van gout ‘n sygstokkiepapierkie wat so mooi blink. Die ander ene het prymtwak in sy hant omdat ons nie wierrook het nie, maar die prymtwak maak ook rook as mens dit aansteek. Die wyse Batman het ‘n pistool. Dit is nie eintlik ‘n goeie giskenk vir liwe Hesus nie, maar daarmee kan hy hom teen die brontosauris beskerm. Agter die drie wyse manne is ‘n paar rooihuid indiane en ‘n glasengel.

Een van die engel se voete is afgebreek, daarom sit hy nou op ‘n moterviets sodat dit maklikker is vir hom. Nou kan hy met die moterviets ry as hy nie lis is vir vlieg nie.

Regs van die stal het ons vir rooikappie gesit. Sy het ‘n pizza vir ouma saamgebring. Ek het nie meer ‘n wolf nie, nou loer daar ‘n ninja tirtel agter die boom yt in die wolf se plek. Daar is nie nog goet in die krip nie, want Ma het gese dis nou genoeg. In die aant sit ons die lig aan dan lyk die krip eers regtig moi.

Ons sit om die krip en sing kersveesliekies. Pety is baie moi. As ‘n mens weer sien is kersvees veby en sommer die jaar ook. Die giskenke is ytgepak en ‘n mens kry niks voor
paasvees nie behalwe as jy voor die tyt vejaar. Maar een ding is veseker: kersvees kom altyt weer.”

Daneel Ferreira

Ek is so paar honderd blog inkrywings se lees agter :-(

Ek sal seker so na Kerstyd bietjie kans kry om weer op te vang op almal se lief, leed en lag.

Baie geluk aan Louisa met die geboorte van haar dogtertjie Nicola…. Mag sy vir jou ewige vreuge en plesier bring!

‘n Baie geseënde Christus fees vir almal.



Van krullebol tot niks… 2009/12/18

Posted by Zee in Sommer net.
Tags: ,
10 comments

Woensdag oggend het ek besluit ek moet bietjie Zeethan se krullebolle tackle.  Ek sukkel elke liewe oggend met daardie krullebolle en moet altyd met ‘n gespartel die hare natmaak om hulle darem net weer mooi krullerig te kry.  Nie dat die hare was proses enige iets beter is nie.  Dit is ‘n gekerm en gespook om sy hare te was van die begin tot aan die einde. 

Ek het hom so bietjie voorberei oor die geknippery en toe ek van die werk af kom roep ek hom en sê kom ons moet gou bietjie jou hare sny.  Nee Ouma, willie.  Ek moes maar vinnig ‘n plan beraam om hom te oorreed om te kom sit op die stoeltjie, en verduidelik Kersvader sal nie kom as sy hare nie so klein bietjie gesny word nie.

Ons maak toe sy hare nat en hy gaan sit gedweë op die stoeltjie terwyl Marcia hom steun dat hy nou ook nie van die stoel afval nie.   Ek begin toe die hare te sny en daar kom Oupa aangestap.  Marcia hou aan ons moet sommer net die knipper gebruik op no 6 of so iets, dit sal ‘n mooi lengte wees.  Oupa sê hy sal dit doen want ek weet nou nie eintlik hoe die knipper werk nie.  Hy begin op die groot stelling sny en ek sien hy druk so elke nou en dan aan die knipper, min wetende dat hy dit stel om nog korter te sny.  Marius moet maar hand gee om die koppie te probeer stil hou :)

Soos julle kan sien hier is die resultate.  Ons wou dit nou nie eintlik so kort gehad het nie, maar hy lyk darem maar net soos sy pa nou dat die hare so kort is, en ek sien sou ou gesiggie sommer dadelik raak en dan wil ek hom sommer opvreet. :)

Het ek genoem dat seun al 19 maande skoon is?  :)

WOW look at me now

Ek moet net vanaand my kamera uit die kluis gaan haal, hierdie gryp van selfoon en foto’s neem werk net nie, die kwaliteit is net nie dieselfde nie!!

 

Jesus loves me….. 2009/12/17

Posted by Zee in Spesiaal.
18 comments

Zeethan sing tog al te vrolik saam met die CD wat sy kleuterskool juffrou vir hom gemaak het van al die liedjies wat hulle die jaar in die skool geleer het terwyl ons in die kar sit en wag vir Marcia om gou klaar inkopies te doen. 

Ek het al vergeet wat se nagmerrie dit is om saam met ‘n kleuter in die winkels in te vaar wat alles wil hê  :lol:

Hierdie was net te kostelik vir my, en gryp toe my selfoon om dit af te neem.  (OK, ek weet, ek is nou nie ‘n goeie kamera man nie, maar my arme (nuwe ) selfoon het al soveel keer geval dat ek nou ook nie beter kwaliteit kon verwag het nie :-(

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 43 other followers