jump to navigation

Geldvreters 2009/11/18

Posted by Zee in Sommer net.
Tags: ,
11 comments

Daar was R100 in jou beursie … nou is daar net R10. Dis nie jou verbeelding nie: motte wat jou geld opvreet bestaan! Gelukkig kan jy heelwat doen om hulle te keer, en jou beursie propvol hou!  (Helen Ueckermann)

Klink die senario hierbo vir julle bekend.  Beslis vir my!  Ek sien nooit meer geld in my beursie nie, nog voor ek by die autoteller wegstap dink ek het die motte al my geld opgevreet :shock:

Lees bietjie wat ek by Voelgoed raakgelees het…

SES SLINKSE GELDVRETERS

Keer dat jou geld verdwyn

Wens jy ook jy het in die middel van die wêreldwye resessie ’n paar ekstra rand in jou sak gehad? Kom ons kyk ’n bietjie wat is mense se grootste geldmorsgewoontes en hoe jy dit vir jouself beter kan maak. Dit kan dalk net help om te keer dat die kosbare geldjies so vinnig verdwyn …

Geldvreter mot #1: GEEN BEGROTING

Om nie te begroot nie is vyand nommer 1! Mense wat begroot, leef elke maand volgens hul eie klein geldplan. Hulle weet hoeveel geld hulle inkry, maar ook hoeveel hulle uitgee, en meer belangrik, hoeveel hulle het om uit te gee.

As jy nie begroot nie, het jy geen idee waarheen jou geld verdwyn nie. Mense is geneig om sommer gou ’n paar sommetjies in hul koppe te maak. Die probleem hiermee is egter dat jy ’n week later nie kan onthou wat jy bereken het nie. En wat van al die klein bedraggies wat jy by die OTM getrek het en reeds van vergeet het? Dié uitgawes is soos ’n emmer wat stadig lek, en voor jy jou oë uitvee, is dit leeg.

Jy mag dalk verras wees oor wat jy alles te wete kan kom deur te begin begroot: soos hoe om jou geld te rek of te spaar vir iets wat jy graag wil hê.

Nota aan myself…… dis tyd dat ek volgens ‘n begroting werk.  Elke maand het ek die goeie voorneme om alles aan te teken en hou alle slippies, maar o jinne, nog voor die eerste week weg is, het ek al vergeet dat ek boek wou hou sodat ek die volgende maand kan begroot!

Geldvreter mot #2: ONNODIGE WAARBORGE

Of jy ’n kar koop of ’n wasmasjien, daar is altyd ’n ywerige verkoopspersoon wat vir jou die onmisbaarheid van ’n verlengde waarborg verduidelik. Dit kos soms tot 50% van die koopprys, veral op kleiner items. Dit maak groot geld vir die winkel, maar hoe help dit jou?

Koop eerder ’n produk van hoë kwaliteit en van ’n betroubare handelsmerk. As jy dit mooi oppas, is die kans dat dit binne die waarborgtydperk gaan breek byna nul.

Nie skuldig nie :)

Geldvreter mot #3: DUUR KLUBLIDMAATSKAP

Wil jy regtig die boeke hê wat jy gereeld volgens kontrak by die boekklub moet bestel? Gaan jy nog gym toe en het jy werklik al daardie wynklub se treffers nodig?

Indien nie, gaan tel ’n bietjie op wat dit jou elke maand kos. Indien jy wel daarvan gebruik maak, werk uit of dit jou nie goedkoper sal uitwerk om dit sommer saam met jou kruideniersware te koop nie. Dan spaar jy sommer op die afleweringskoste ook.

Nie skuldig nie :)

Geldvreter mot #4: ONNODIGE LUUKSES

Hieronder tel al daardie lekker dinge: om jou kar te laat was, gereeld uit te eet, middagversnaperinge by die werk, gebottelde water, wegneemkoffies, middagetes in die kafeteria, rook … En natuurlik die koop van klaar voorbereide etes, persoonlike afrigters en kitskos.

Dit maak ’n mens skoon uitasem as jy aan al die moontlikhede dink, maar een ding is duidelik: Hier kan jy nou lekker spaar! Kom ons doen ’n sommetjie of twee. Jou man is ’n roker wat twintig sigarette per dag deurdraf. Teen R25 per pakkie beteken dit dat hy oor die tydperk van ’n jaar R9 125 bestee, en oor ’n leeftyd van 50 jaar R456 250!

Om jou kar binne en buite te laat was kos by sommige plekke in Johannesburg ’n stewige R55. Doen jy dit een keer per week, kos dit jou R2 860 per jaar. Drink twee cappuccino’s per week teen R15 elk en dit kos jou R1 560 per jaar. Dit laat ’n mens met ’n heel ander oog na jou plat beursie kyk!

As jy toegang tot ’n tuinslang het, is dit maklik genoeg om jou eie kar te was; as jy oefening nodig het, gaan stap saam met jou vriendinne voor of na werk ’n kilometer of twee; en as jy nie sonder jou koffie kan klaarkom nie, hou ’n houer kwaliteit-koffie in jou lessenaar se laai.

:oops: Hier is ek aan ‘n hele paar skuldig, ek laat my kar een keer per week was by die werk, gebottelde water, wegneemkoffies, rook en klaar voorbereide etes…

Geldvreter mot #5: MEGA MOTORS

In Suid-Afrika is jou motor nou maar eenmaal ’n statussimbool wat wys tot watter mate jy sukses behaal. Dus is dit vir die meeste mense moeilike om af te skaal en ’n kleiner model aan te skaf.

Terwyl jy op jou tande kners oor die besluit, is daar tog heelwat maniere waarop jy kan keer dat geld vermors word. 

Beplan jou ritte beter sodat jy verskeie take met een rit kan afhandel. Ry byvoorbeeld in een rit na die skool, die supermark en die kinders se na-uurse aktiwiteite toe.

Stig ’n saamryklub sodat jy net een keer per week met jou eie voertuig hoef werk toe te ry. Maak ook seker dat jou motor teen sy markwaarde verseker is. As jou kar al ’n paar jaar gelede gekoop is, het die waarde beslis afgeneem en moet die versekering aangepas word.

Ek moet sê ek beplan nogal my roetes to the T….. Ek haat dit om rond te ry, o ja, en ek ry ‘n klein wit blitsie, sommer so cheapie en baie lig op petrol  :)

Geldvreter mot #6: IMPULSIEWE AANKOPE

Hieronder tel alles wat jy koop omdat die gier jou onverhoeds tref. Dit beteken jy het te veel kontant in jou beursie, en jou debiet- en kredietkaart word te maklik uitgehaal.

Hoeveel wit olifante staan in jou huis? Daardie tweestuk-pakkie en bypassende skoene wat op die uitverkoping na so ’n winskopie gelyk het, maar wat jy nog nooit aangetrek het nie? Die broodmaker wat jou so lus gemaak het vir ’n vars snytjie as jy soggens opstaan?

Gee jouself 24 uur kans om na te dink voor jy koop. As jy dan steeds dink dit is ’n goeie idee, is jy waarskynlik reg. Maar miskien besef jy, as jy daaroor geslaap het, dat dit eintlik net ’n mors van kosbare geld is.

Ek dink die meeste van my geldjies lê hierso :-(   Ek kan bv. nie by die supermark uitstap sonder dat ek iets nuuts op die rakke gekoop het nie.  Ek het al probeer om vir Marcia winkel toe te stuur maar dan bel ek haar elke 2 minute om iets by te voeg.  Dalk moet Liefie maar die inkopies begin doen, want jinne, hy draai sy sente omtrent 200 keer om voor hy dit uitgee.  Dankie tog ek besit nie meer ‘n krediet kaart nie, ek weet nie hoeveel olifantjies dan nog in my huis sou staan nie…

Het julle ook geldvreter motte in julle huise?

Loslit dag vir Jesus… 2009/11/13

Posted by Zee in Geloof.
Tags: , ,
4 comments

IMG00147

Smile bietjie vir ouma :)

IMG00148

Vroeg vroeg word ons al natgespuit :lol:

IMG00149

Ek het die foto’s sommer gou vanoggend met my selfoon geneem, en as dit nou bietjie blury is, is omdat die foon seker al 20 keer geval het, en die bewerasies as ek probeeer foto’s neem is net te veel :)

Ek hoop julle het ook vandag  julle jeans en wit hemde aan vir JESUS!!

zee sig 2

Now u see me, now u don’t! 2009/11/05

Posted by Zee in Sommer net.
Tags:
7 comments

My hero!! 2009/11/02

Posted by Zee in Spesiaal.
Tags: ,
16 comments

My hero!!

Jane het eendag vir Ben10 vertel (ek het gaan soek op haar blog maar kry nou ongelukkig nie die inskrywing nie :-( )  Sy het vir haar nefie as ek reg kan onthou die horlosie gesoek want dit was al wat hy ook nog gekort het van Ben10 en ek het geen clue gehad van wie sy praat nie. 

Mmmmm, glo my, vandag weet ek presies wie Ben10 is, want Zeethan wil net Ben10 voor en Ben10 agter, as ons in ‘n winkel is moet ek baie groot draaie om die karakter loop :)   Nou die dag was ek gou Woolies toe en daar het hulle die Ben10 swem stelletjie vir seuns, ek haal af om na dit te kyk want die somer is hier en hy kort nuwe swem klere,  meneertjie sien dit raak en wil net kyk, nou ja, hy het dit vasgeklou asof hy nooit weer iets in sy lewe gaan kry nie, en ek moes toe maar die swem stelletjie koop :)

Gelukkig werk sy pappa nou en hy kan nou die nuwe gier vir hom koop.  Nog elke maand sover met sy salaris die afgelope 3 maande kry Zeethan net Ben 10 gadgets, klere, kombers en rugsakke.  Hy het vir hom tot die regte Ben 10 uitrusting gekoop.  (Foto onder)  Sodra Ouma A3 die broek korter gemaak het, sal ek hom bietjie afneem en vir julle kom wys :)

ben10

Ben10 lyk my is Zeethan se hero op die oomblik, maar hierdie kind sal seker maar altyd my HERO bly :)

Het ek al gesê die kind eet en slaap Ben10 :)

zee sig 2

PS…. het ek genoem dat Zeethan weer BLOU aan het  vandag :)

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 43 other followers