12 dae…. 2009/08/31
Posted by Zee in Sommer net.Tags: troue, wedding
14 comments
![]()
12 daggies voor
my dogter
se mooiste dag…..
Ek is besig soos ‘n busy bee
Zeethan se pappa het met sy eerste salaris vir hom die mooiste uitrusting gekoop vir die troue, met “pointed” skoene, black tie en all!
The truth about Cocaine 2009/08/26
Posted by Zee in Dwelms / Drugs.Tags: cocaine, Drug free world, Drugs, Dwelms
4 comments


Facts About Cocaine |
|||||
Street names for Cocaine:
|
|||||
| The Truth about Cocaine describes this drug, once the favorite of corporate executives and entertainment personalities, now a deadly street killer. | |||||
Cocaine and crack cocaine can be taken orally, through the nose (snorted), intravenously, or, in the case of crack, through inhalation of the fumes from heating it.
The terms used to describe ingestion include chewing, snorting, mainlining or injecting and smoking.
The word cocaine refers to the drug in a powder (cocaine) form and a crystal (crack) form. It is made from the coca plant and causes a short-lived intense “high” that is immediately followed by strong feelings of depression, edginess and a craving for more.
Short-term Effects:
Cocaine causes a short-lived intense “high” that is immediately followed by the opposite — intense feelings of depression and edginess and a craving for more of the drug. People who use it often don’t eat or sleep properly. They can experience greatly increased heart rate, muscle spasms and convulsions. The drug can make people feel paranoid, angry, hostile and anxious, even when they aren’t “high.”
Long-term Effects:
In addition to those already mentioned, cocaine can cause irritability, mood disturbances, restlessness, paranoia and auditory hallucinations. Tolerance to the drug develops so that more is needed to produce the same “high.”
Coming down from the drug causes severe depression, which becomes deeper and deeper after each use of the drug. This can get so severe that a person will do almost anything to get the drug—even commit murder. And if he or she can’t get cocaine the depression can get so intense it can drive the addict to suicide.
Download the full version of Cocaine
Regte plek, regte tyd 2009/08/24
Posted by Zee in Dwelms / Drugs, Geloof.21 comments
Vandag is dit 25 dae wat seun by die huis is.
Dit gaan regtig baie goed.
Hy het die naweek toe ons gaan jag het (die dag toe hy uitgekom het) baie geniet. Hy was die Vrydag en Saterdag die hele dag in die veld op soek na ‘n ou rooibokkie, maar kon nie een kry wat vir hom wou stil staan nie. Hy was pootuit en het vroeg aan die slaap geraak in die aande en die buitelug het hom goed gedoen en dit was goed om te sien hoe my kind lekker smul aan die kos.
Die volgende twee weke het ons hom maar baie besig gehou by die huis. Hy het omtrent ons hele tuin skoon gemaak, bome en struike gesnoei en ja, die beste van alles, in die aande as ons tuis gekom het was ons aandete gereed. (Ai, hoe mis ek dit nou nie) Seun kon nog altyd die lekkerste kos maak uit sommer niks uit nie.
Saterdag ‘n week terug vra hy of hy kan gaan hallo sê vir iemand. Hy kry vrye tyd tussen 08h00 en 12h00 op ‘n Saterdag. Hy gaan kuier toe by die persoon wat nog altyd ook in hom geglo het. So by 12h00 is hy toe terug en gaan aan met ‘n paar dingetjies om die huis.
Hier by 17h00 uur rond kry ek ‘n oproep van die persoon af. Hy wil graag vir seun werk aanbied, en kan ek en seun hom so gou as moontlik kom sien. Ons is toe Sondag laas week na kerk gou daar aan en hy bied toe vir Seun werk aan. 7 dae n week, vanaf 06h00 tot 19h00. Elke tweede naweek is hy af. Hy gaan hard werk. Hy sal ook randomly getoets word sou hy dit nodig ag. Sy salaris het my mond laat oophang aangesien ek dit nie verwag het nie. Ons sal vir eers sy geldsake hanteer totdat hy 200% beheer daaroor kan uitoefen en hy is
met dit.
Vandag is dit ‘n week terug wat Seun begin werk het (ek mis my aandete, het ek dit al gesê
) en hy is baie moeg as hy in die aande by die huis kom en hy sê laas week vir my dit is die beste ding wat nou kon gebeur het, want hy slaap nou soos ‘n klip in die nag.
Nou kom ons by die prentjie hierbo…….
“God’s delays are not God’s denials. God’s timing is perfect. Patience is what we need in prayer”
Net toe ek al moed begin opgee het oor hoe ons vir Seun ‘n werk gaan kry, kom die oproep. Sy nuwe werkgewer het presies geweet toe die pos vakant kom dat hy dit vir Seun moes gee, hy het ook genoem dat dit net “die regte plek, regte tyd” was en die Here hom gesê het dat hy Seun die kans moet gee.
GOD IS AWESOME!!!!
(Ps…. hy ken Seun se hele geskiedenis en hy weet presies wat die kans is wat hy vat om hom die werk te gee)
En nou vir die volgende stretch, al die finale reëlings vir Marcia se troue, ek kan nie glo dis oor minder as drie weke nie!
Volgende keer meer oor Zeethan en sy pa.
The truth about LSD 2009/08/21
Posted by Zee in Dwelms / Drugs.8 comments


Street names for LSD.
| • Acid • Microdot • Trips |
• Cid • Purple Heart |
• Blotter • Tab |
• Illusion • Daffy duck |
LSD is sold in tablets, capsules or in liquid form. It is commonly added to absorbent paper and divided into small decorated squares. Each square is a dose.
LSD is still one of the most potent mood-changing chemicals and poisonous substances on Earth. It is manufactured from a fungus that grows on rye and other grains. Its effects are unpredictable. A tiny amount can produce 12 hours or more of effects.
Short-term Effects:
Dilated pupils, higher body temperature, increased heart rate and blood pressure, sweating, loss of appetite, sleeplessness, dry mouth and tremors. People can experience severe, terrifying thoughts and feelings, fear of losing control, fear of insanity and death and feelings of despair while using LSD.
Long-term Effects:
Flashbacks, or recurrences of parts of the “trip” experienced long after the drug was taken and the effect apparently wore off. An LSD “trip” usually begins to clear up after about 12 hours but some users manifest long-lasting psychoses.
Download the full version of LSD
Prooi van Spinnerak 2009/08/19
Posted by Zee in Sommer net.Tags: Sommer net
13 comments
Met die intrapslag vandag, het die woede diep hier binne opgestoot soos sooibrand. Dit brand nou nog. Wat gee die mense die reg om jou kennis, ondervinding, persoonlikheid en privaatheid so vanselfsprekend te aanvaar? Hoekom mens alles opoffer om ‘n toring te bou en bou en bou en dan ewe skielik dit inmekaar te sien sak.
Wat ‘n ontnugterende ervaring toe ek ‘n maand terug moes agterkom: ek het dit nooit vir myself gedoen nie. Ek is heeltemal te selfsugtig daarvoor.
Dit was alles vir jou gedoen! Dit was nie die rede hoekom dit gestaak is nie. Ek het my buite weste geskrik nadat ek die antwoord self moes uitwerk, toe ek die moeilikste vraag vierkantig in die oë gestaar het. Wat gaan ek nou maak? Dit was nie die tyd en energie wat ek op jou gemors het wat die probleem is nie. Dit gaan oor die manier waarop jy, jou onkunde probeer goedkeur het.
Hoekom gebruik mense die geleentheid wat hulle gegun word, deur die genade van bo, om dit uit te buit deur selfsugtigheid? Wat gaan deur ‘n persoon se kop om te dink dis reg? Die prooi word elke keer vasgevang deur die web van spinnekoppe. Dis reg ja! Dit is weens spinnekoppe soos jy wat ons ander daaronder ly. Die eerste keer het ek gedink dit gaan verander as daar meer prooi om my was; meer sagte mense soos ek. Dit het nie die tweede of derde keer in my guns getel nie. Die roete het sowaar homself weer herhaal! Ek was weer die Prooi!
Vir die soveelste keer was ek die kaart wat gebruik is om sukses te behaal. Net soos baie ander, in die wêreld, vandag ‘n “joker” is. Dit pla nie as dit nie jou skuld is nie. Veral nie as dit nie uitwerk nie. Maar sodra dit ‘n sukses uitdraai, kan jy nie vinnig genoeg die koning kraai nie! Trek die skoen aan as hy pas.
Nou vra jy seker: of my gewete my nie pla? Natuurlik is die stemmetjie daar om my te herinner aan die nageboorte wat daaronder ly. Die nadoodse ondersoek wat onafgehandel agterbly. Maar ek het die besluit geneem om eerder volgende keer aan die naskokke te dink voor ek enigiets anders oorweeg. Nou wonder jy seker wat in my kop aangaan om so iets aan te pak? Daar is baie ander mense daarbuite wat op hul grysheid staatmaak en nog steeds na jare se gesukkel nie uit die spinnerak kan ontsnap nie. Moet asseblief nooit tot teen die rak loer nie. Daar is ‘n wêreld vol verrassings wat op jou wag. Min selfvertroue en geldgierigheid sal die kop se ondergang beteken. Waarom die Spinnekop se brug help bou as jy die paadjie wat vir jou uitgelê is kan stap met vriende, kennisse en familie wat jou graag sal ondersteun?
Al wat nou voorlê is ‘n nuwe lewenswyse waarop jy kan staatmaak, om die gevaar daar buite, met verfrissende lewenslus kan deurstorm. Kyk om jou en kom agter hoeveel ander ook die prooi vandag was! Niemand kan jou geloof, kennis, ondervinding en lewenslus misbruik of wegneem sonder jou toestemming nie! Gebruik jou gryshare, sertifikate, plooie en alles wat jy besit om bo uit te kom. JY KAN – as jy wil.
JB, dankie vir jou toestemming dat ek hierdie stukkie kan gebruik. Toe ek dit vandag lees het ek gedink jy het dit vir Wippie, Ding en Sammi geskryf.
Die aanhaling hieronder deur JB se moeder is spesiaal vir julle 3……
“You can be a doctor and save lives, a lawyer and defend lives, a soldier and protect lives, or simply be yourself – a FABULOUS FRIEND who TOUCHES lives.”
Respect a women because…. 2009/08/09
Posted by Zee in Sommer net.8 comments
RESPECT A WOMAN BECAUSE….
You can feel her INNOCENCE in the form of a daughter
You can feel her CARE in the form of a sister
You can feel her WARMTH in the form of a friend
You can feel her PASSION in the form of a beloved
You can feel her DEDICATION in the form of a wife
You can feel her DIVINITY in the form of a mother
You can feel her BLESSING in the form of a grandmother
Yet she is so TOUGH too…
Her heart is so TENDER…
So NAUGHTY…
So CHARMING…
So SHARING…
So MELODIUS…
She is a WOMAN
And she is life!!!
Author unknown
To all the wonderful woman that I know, I hope you have a fantastic woman’s month and woman’s day today, hope you won’t forget how special you are!!!
Tuiskoms (My storie no 13) 2009/08/04
Posted by Zee in Dwelms / Drugs, Spesiaal.23 comments
Donderdag het gekom en gegaan.
Ek was Donderdag oggend hier om en by 09h30 by die korrektiewe dienste se kantore. Seun sou ongeveer 10ho0 daar aankom. Hulle arriveer net so na 10h00. ‘n Mens kon sommer die blydskap op sy gesig sien omdat hy huis toe kom.
Ek het gestaar en gestaar en kon nie glo hoe goed my kind lyk nie. Skoon geskeer en die hare netjies gejel… (Soos altyd toe hy nie op die euwel goed was nie)
Ons stap in die kantore in en hy is ongeveer 3de in die ry. Ok, dit sal gou gaan want hulle is nie te veel nie. Toe nie
Die korrektiewe dienste het geskuif ongeveer 2 maande terug (lees mooi 2 maande) en hulle daar staan net bokse orals waar jy kyk. Die meubels is net neergeplak en lees weer mooi…… geen rekenaars nie. Huh….
Papiere net waar jy kyk. Toe begin ander parolee’s instroom. Daar was maklik 20 van hulle en seun word nie gehelp nie. Hier by 12h30 rond kook my bloed seker al by kookpunt maar die “pose” moet gehou word. Ek nader toe een van die personeel daar en vra hoekom dit so lank vat en werk hulle met ‘n sisteem. Ja sê hy, en ek moet asseblief nie voorkeur verwag nie. ‘First come first served” Ek het baie ampertjies om my perdjie geklim maar net baie “polite” vir hom gesê nee ek vra maar net want my seun was 3de in die ry en dit lyk nie asof hy gehelp word nie, maar wel ander. Ek het toe maar liewerste in die kar gaan sit en wag.
By die tyd was Zeethan al heel omgekrap en ek het hom laat begaan in die kar net om hom stil te hou. Hy het ouma se hele boks sneesdoekies uitgetrek en ek glo my neus was 50 keer afgevee. Blaas ouma, blaas. Hy het piesangs op die sypaadjie gesien en toe moes ek geldjies uithaal en vir hom ‘n piesang koop, en ai tog, die hele kar was besmeer met piesang.
13h00 klop seun aan die venster en sê ons kan maar gaan, net nadat ek daar weg is het hulle hom kom roep en toe is al die papierwerk gedoen (Ek wonder of hulle ooit weet waar hulle alles bêre
) en al die ander sit nog steeds.
Ons stop toe gou by een van my gunsteling boetieks P E P en koop gou vir hom ‘n paar goedjies ( nee kyk, dit bly maar goeie waarde vir jou geldjies) en jaag huis toe, waar ons lift al vir ons wag want Liefie het al 5uur die oggend gery en ons het in die pad geval.
Seun kan eers verlof kry om iewers heen te gaan op fase 3, hy is nou fase 1 (Go figure)
Ons het sowat 5 uur op La Pumba aangekom.
Watter rustige gevoel het oor ons gedaal……
Ons was in die bos….
Ons het gerus….
Ek het nie eers ‘n teelepel gewas nie…
Ek dink die foto vertel die res….
Word vervolg….

















