Leë huis 2009/07/13
Posted by Zee in Sommer net.trackback
Marcia hulle het getrek die naweek, my hart is baie seer en ek het hulle probeer stop, maar sy kan ook seker nie vir ewig by my bly nie. Hulle het die oulikste woonstel gekry, en Zeethan se kamer is klaar reggemaak vir hom. Hy sal elke Vrydagaand by hulle gaan slaap. My huis was baie stil gisteraand.
Ek glo nie Zeethan het al mooi besef sy Marcia en sy Marius is nie meer daar nie. Ons sal hom maar vanaand in die woonstelletjie moet invat en probeer verduidelik dat hulle nie meer by ons bly nie.
Ai, ek gaan my meisiekind mis
Nou vir iets vroliker…..
Na ek hierdie cute video gesien het, change ek sommer van Valpre na Evian water
Ek wonder nou of ek vir Zeethan rollerskates moet gaan koop
done
RSS - Posts









Ons babatjies is gelukkig nie gekloon nie. Kan ons nie liewer ‘n viool of iets anders koop nie. Net nie rollerblades nie!!! Kyk net na die merke op julle bene en kniee, dan koop jy sommer ‘n kerkorrel net om hom nie dieselfde rowwe lewe as julle te laat ly nie.
Aaaag, Zee. Dis sad, maar…nou begin jou honeymoon!
LOL!!! A3, jy is wragtig Funny!!! Zee, hulle word groot! En ons hou nooit op met worry nie…. Sterkte vir jou…
Terloops, daai video is amazing, en weet hoe doen hulle dit maar flip, dit bly nog steeds baie goed….
Dis te cute!
Zee
Ek betaal al vir 6 jaar my eie huur. Tog gaan ek een keer n maand huistoe. Meer as 60% van my goed is by die huis.
Sterkte met die leë huis! Soos ek vir boendoe op haar blog gesê het, daardie babas het borsmelk gehad…hahaha…
Sterkte jong. Ek ken daai gevoel as jou kind uittrek. My laaste is ook nou oppad en nou voel ek so onnodig! Asof ek nie meer n doel hettie.
Baie cute video!
Sterkte vir jou!
Jy’t huiswerk, Zee!
(((Zee)))
Sterkte Zee.
Ek het net een kind, en het hom net so swaar laat gaan.
Mens raak mettertyd gewoond daaraan, dis nog steeds nie lekker nie, maar ek’s nou gewoond daaraan. Sy het net tot nou te ver van my af gebly, maar trek September na haar Mamma se valley toe ! Yipieeee!
Ek het dit gaan download – is darem te opvreetlik oulik….
Zee, huiswerk sus – loer gou by my in: http://huisvrou.blat.co.za/2009/07/17/handskrif-taak/
Dankie hoor!