My beste vriend 2009/07/02
Posted by Zee in Sommer net.Tags: best friend, beste vriend
trackback
Vanoggend luister ek in die kar na Juanita en Theuns se CD Bring jou hart na My best friend. Skielik besef ek dat my man eintlik my beste vriend is. Hierdie is spesinjaal vir jou my lief, al weet ek jy nie eers hier lees nie. Ek lief jou stukkend!!
Your’e my best friend
You placed gold on my finger
You brought love like I’ve never known
You gave life to our children
And to me, a reason to go on.
Chorus:
You’re my bread when I’m hungry
You’re my shelter from troubled winds
You’re my anchor in life’s ocean
But most of all, you’re my best friend
When I need hope and inspiration
You’re always strong when I’m tired and weak
I could search this whole world over
You’d still be everything that I need.

RSS - Posts









Aaaah, sweet! Ja, hoe kan mens vir jaaaaaaaaare en jaaaaaare saam met een mens bly as julle nie vriende is nie?
Kuifie het nou die dag vir my gesê, hy kuier lekkerder saam met my by die huis as saam met sy vriende want ons is groot pelle. Hy kon my nie ‘n beter kompliment gegee het nie.
Dis ook hoekom so baie mense ongelukkige huwelike het, hulle ‘neglect’ die vriende kant van hulle huwelik.
Ja Zee, ek en ou Teddiebeer is ook mekaar se beste vriende.Hoe gelukkig is ons om sulke oulike “hunks” as beste vriende te hê?
Eendag…. gaan ek ook ‘n beste maatjie hê!
Baie waar woorde in die liedjie van ‘n mens se ander helfte, dis baie goed gekies, Zee! Ek dink jy moet jou helfte kry om hier te kom lees! Myne lees ook nie my inskrywings nie, maar as daar iets is waarna ek wil hê hy moet kyk, dan doen hy dit, my blog is darem in sy “favourites” …maar hy sal nooit ‘n boodskap los nie!
Dankie tog ek kan dieselle sê! Dis ‘n true blessing!!
Pragtige huldeblyk!
Dankie vir daai een Zee, ek altyd n liedjie gesoek wat ek kan seg dis ek en my vroutjie…. Dankie. Dis so wonderlik om te sien dat so baie van ons nie net huweliks maats het nie maar opregte “pelle”
Dalk hoekom die woord huweliksMAAT is en nie huweliksLOVER nie?
mmmm Sonkind, ek dink jy het iets daar beet
Ag ja, hier kom ek ook aangesuiker… My man is my beste maat. Dink dis hoe dit hoort! Stem saam Sonkind!!!
Ware woorde Sonkind…


)
Nikita, ek het gevra maar hy willie
Ogies, toemaar ek is ook maar baie keer die agteros
Izak, ek is bly ek kon help met iets
Boends, ek het altyd geweet ons is pelle, maar toe ek nou regtig na die woorde van die liedjie luister het ek eers besef watter groot pelle ons eintlik is
Koeksister, voorwaar ‘n kompliment..
Wippie, jinne en myne is ‘n hunk (ps, hy het weer begin werk aan sy sixpack… jis een van die dae
(((BB)))
Emil, tkx
GvdS, nog voor jy jouse oge uitvee is hy daar
Tweelingkind, net wat jy daarso sê, ek het net laas week vir my dogter wat Sept trou dieselfde ding gesê
Ek weet hy is op pad. Ek dink ons word nog geskaaf vir mekaar…
Pragtig!