Vir jou…. 2009/06/30
Posted by Zee in Geloof.trackback
Maak jou oë toe
En jou hart oop
En voel hoe al jou sorge wegloop.
Jy moet jou net aan God toevertrou
Hom toelaat om jou
In liefde toe te vou.
Want die lewe op aarde
Is nie maklik
En van die uitdagings
Voel so onredelik,
Maar God vra ons net vir ons bes -
En belowe Hy sal sorg vir die res.
Wanneer jy moeg is,
Hoop verloor, berou,
Is daar altyd een deur
Wat oop staan vir jou.
Dit is die deur
Na die huis van gebed,
Waar God altyd reg staan
Om jou te red.
Skrywer onbekend
![babyteddypraytop-250x295[1] babyteddypraytop-250x295[1]](http://zee3.files.wordpress.com/2009/06/babyteddypraytop-250x2951.jpg?w=156&h=159)
RSS - Posts









Amen! x
Dankie Zee. Ek voel vandag so asof ek weet waar ek moet uikom, maar ek kry nie die verdomde pad wat ek dan net noudie dag gebruik het nie!!
Ai Ogies, ek ken ook daardie pad wat elke nou en dan so soekend bly!
Pragtig!
Weereens net die regte woorde op die regte tyd. Thnx, Zee’tjie.
Stem saam boendoe, het die gebed werklik nodig gehad vanoggend
Dankie Zee
Hierdie is net vir my vandag.
Dankie Zee, dis baie mooi en so waar.
Dis inspirerend! Dankie Zee
Ek is maar ‘n groentjie in die Christending (sowat 2 maande) en net gisteraand toe se ek aan my selgroep ek is so lus om net moed op te gee….
Sooooooooooo Mooooooooooi
GvdS, jis, ek bly maar ‘n groentjie, ek leer elke dag iets, en as ek so by julle lees, kry ek elke dag nuwe krag om aan te gaan!
Dankie! Ek gaan die stukkie van jou in my hemp se sak steek!
Dankie Zee, net wat ek nodig gehad het vandag!