The Banana Test 2009/04/30
Posted by Zee in Sommer net.Tags: Funny, quiz, stupid, weekend
13 comments
The Banana Test (Author unknown)
There is a very, very tall coconut tree and there are 4 animals,
a Chimpanzee,
a Giraffe,
a Squirrel
They decide to compete to see who is the fastest to get a banana off the tree.
Who do you guess will win?
Your answer will reflect your personality.
So think carefully . . .
Try and answer within 30 seconds. Got your answer?
If your answer is:
Lion *** you’re dull.
Chimp *** you’re dense.
Giraffe *** you’re a complete moron.
Squirrel *** you’re hopeless.
A COCONUT TREE DOESN’T HAVE BANANAS!!

Obviously you’re stressed and overworked.
You should take some time off and relax…
Have a great (another) long weekend!
Deal with it! 2009/04/27
Posted by Zee in Sommer net.Tags: haarsny, kort kare
36 comments
Ek het Vrydagoggend wakker geword en besluit. Vandag is die dag wat ek my hare gaan kort sny. Ek bel vir Liefie om hom soort van voor te berei dat ek nou regtig hierdie dooie hare kort moet gaan sny. Hy sê toe nee, dit is reg, en toe spot hy toe nog sommer ook dat hy dit sal doen, hy sal sommer sy weedeater gebruik. Ek sê toe vir hom, ag, laat ons dit maar nou eers net in ‘n styl kry, dan kan jy dit maar vir my maintain, dit sal nie so moeilik wees nie.
Ek maak toe maar ‘n afspraak vir die geknippery.
Noddeloos om te sê, my haarkapper het eers geweier om my hare te sny, kan ons dan maar nie net die helfte afsny nie. Jou man gaan my doodmaak. Nope, sny, wil jy hê ek moet die sker vat en vir jou wys hoe kort ek dit soek.
(Julle moet weet, hierdie stap het my ‘n jaar gevat om die moed bymekaar te skraap want ek weet hoe my man voel oor kort hare, maar ek kon net nie meer die frizz, dik lang hare vat nie.)
Hy knip en knip en knip……
Eish… julle wil nie weet toe ek by die huis kom nie. Hy kyk my so en vra die haarkapper se nommer. Hoekom? Want hy wil hom nou bel en sê hoe k$k my hare lyk. Moenie laf wees nie man, hy het net gedoen waarvoor ek hom betaal het. O, en hy dog ek gaan net die dooie punte afsny….
Hy het sy kop in sy hande gevat en dit het gelyk of iets vreesliks gebeur het as jy sy lyftaal moes ontleed. Jis, ek het sleg gevoel op daardie oomblik. Nou ja, ons braai was toe sommer afgestel, en hy het eers Saterdagmiddag weer met my gepraat nadat hy gesien het, vandag budge ek niks nie. Tot datum het hy nog nie weer ‘n woord oor my hare gesê nie, ook maar goed…
Liefie, ek weet jy hou van lang blonde hare, but…..
This is me, and the hairstyle…….Deal with it!
Ouma se klavier 2009/04/23
Posted by Zee in Spesiaal.Tags: klavier, piano, Richard Clayderman
16 comments
Ouma se klavier
Verskaf Zeethan ure se plesier
Hy slaan die klavier klawers
Dat hulle so dawer
Op ‘n rock en roll wysie
Rock hy sy lyfie
Liefling….. 2009/04/18
Posted by Zee in Sommer net.Tags: Ge Korsten, Liefling, verlange
26 comments
Ek was al weer op die heimwee pad vandag, en het spesifiek hierdie liedjie gaan soek omdat ek baie memories het van dit. (Nee, nie ou kêrels nie
)
Ek het met ‘n skok besef…….
Hel, ek is darem maar lief vir my man. Liefie, hierdie is spesiaal vir jou!
Ag en dan sommer vir Boendoe ook, ek voel so in my water (soos Wippie nou sal sê) dat sy alweer verlang en Meimaand is nog sooooo ver!
Slaaploosheid 2009/04/16
Posted by Zee in Sommer net.Tags: insomnia, slaaploosheid
41 comments
Het jy geweet dat jou slaaploosheid kan dalk wees as gevolg van ‘n gebrek aan magnesium of kalsium in jou gestel? Deur die balans daarvan in jou liggaam te herstel, kan jou slaappatrone drasties verbeter. (Nota aan myself.. drink die milk of magnesia in jou kas, dis nou as dit kwalifiseer vir magnesium)
Hier is ‘n verskeidenheid natuurlike aanvullings en gesondheidsprodukte beskikbaar soos multivitamien en mineraaltablette, immuniteitsversterkers (ook vir kinders), anti-oksidante, natuurlike antibiotikas, maaltydvervangers, produkte vir persoonlike higiëne, sade, neute en natuurlike heuning. (Mmm… miskien moet ek suiker met heuning vervang)
- Die nodige essensiële vetsure word nie meer deur ons moderne eet patrone verskaf nie. Essensiële vetsure (EFA’s) is voordelig en noodsaaklik vir die volgende redes: (Wat sal EFA wees, geen clue nie…)
- dit verbeter energie en stamina;
- dit versterk die immuunstelsel;
- dit verbeter breinfunksie en visie;
- dit help met gewigsverlies;
- dit reguleer organe en kliere bv. lewer, niere en skildklier;
- dit versnel heling;
- dit is noodsaaklik vir die brein ontwikkeling van ‘n fetus;
- dit verbeter die vertering van voedsel;
- dit verminder infeksie en inflammasie;
- dit verbeter beendigtheid;
- dit verbeter die algemene kondisie van die vel, hare en naels.
There are two types of insomnia: primary insomnia and secondary insomnia.
- Primary insomnia: Primary insomnia means that a person is having sleep problems that are not directly associated with any other health condition or problem.
- Secondary insomnia: Secondary insomnia means that a person is having sleep problems because of something else, such as a health condition (like asthma, depression, arthritis, cancer, or heartburn); pain; medication they are taking; or a substance they are using (like alcohol). (Ek sien ietsie hier wat ek beslis het)
Ek lei al ‘n hele paar maande aan hierdie slaaploosheid, en ek lees by Elf dat sy ook soort van dieselfde probleem het as ek, ek kan nie langer as 2 ure op ‘n slag slaap nie. Is my brein te aktief deur die nag, is daai ietsie wat my pla en wat ek net nie kan afskud nie (niks met seun te doen nie) of het ek ‘n tekort soos hierbo?
Ek het maar gister ietsie gaan kry by die dokter, dat ek darem net een aand ‘n goeie nagrus kan inkry. Ek lyk al soos ‘n zombie met die swart kringe om my oë!
En raai wat, ek het vir drie ure geslaap toe is ek WEER wakker… so, ek sal maar liewer nie weer die slaap pilletjie neem nie!
What Color Should You Paint Your Room 2009/04/14
Posted by Zee in Sommer net.Tags: colour, kleur, quiz
22 comments
Pikkie is dringend opsoek na ‘n manier hoe om rooi te kry vir haar versiering van Boeta se Spiderman koek vir sy b’day…. Die het my omtrent laat soek op die internet hoe om die kleur rooi te meng. Agge nee, rooi is een van die primere kleure. Duh….
Met my soektog kom ek toe op hierdie quiz af….
What Color Should You Paint Your Room
Ek sou graag my kamer wit wou hê maar Marc het die snaakste idees oor kleur in ons huis. My kamer is ‘n pragtige geel, maar na ek hierdie quiz gedoen het, het ek nou besluit…. Ek gaan my voet neersit en “mooi” vra dat ons kamer weer wit word

You should paint your bedroom White. White is a color associated with purity, virginity and all-around goodness. If you’re a clean person and you like to keep your room spotless, white is the perfect color.
Watse kleur is jou kamer en wat sê die quiz?
Happy Easter 2009/04/09
Posted by Zee in Geloof.Tags: Easter, Paasfees
7 comments
Christmas is glorious
Of its HolyGift we sing
Of a manger and Baby
Our blessed newborn King
Thanksgiving is so grand
Our thanks to God we give
For His unending bounty
Gracing each day we live
Valentines Day is romantic
A day we are filled with love,
Love from spouse and family
Love from the Great One above
But there is one holiday
That rises above them all
Rewarding each one of us
Whether strong, meek or small
Of all of God’s gifts
Easter shows us our fate
Forgiven we will rise
And pass through Heaven’s gate
This Easter remember
The sacrifice of a Son
And through His resurrection
Eternal life we have won!
This Easter I pray
That the love of God
Is resurrected, Reborn, renewed
Inside your heart
God Bless You!
Author unknown
Yay Yay!!! 2009/04/08
Posted by Zee in Dwelms / Drugs.Tags: drug bust, drug smuggling, Drugs, Dwelms, dwelmsmokkel
7 comments
Hallo julle, ek was so bietjie baie besig laas week, het nie geweet of ek kom of gaan nie, en bietjie gesukkel om uit ’n diep put te klim (een waar ek nie eers lus was om my laptop aan te sit nie) maar ek het darem diè se baas geraak en voel sommer weer myself.
Hierdie is een van die (‘n lang ene) copy en paste posts van my, maar soos julle weet loop hierdie onderwerp my baie na aan die hart!
Nou ja, julle hoef nie te wonder vir wie ek gaan stem as julle die volgende berig lees nie!!
YAY!
As DA regeer sal hy dwelms, drank pak
Suid-Afrika se maatskaplike probleme – veral die stryd teen misdaad – kan slegs opgelos word as die probleem van dwelm- en alkohol-afhanklikheid opgelos word, het mnr. Mike Waters, DA-woordvoerder oor gesondheid, gesê.
Waters het gesê as die DA regeer, sal hy sorg dat wetgewing rakende dwelmhandelaars streng toegepas word.
Die narkotiese buro weer op die been bring; Die toekenning van geld aan die sentrale dwelmowerheid verdriedubbel; Dit moeiliker vir dwelmoortreders maak om borgtog te kry; Genoeg geld vir rehabilitasie bewillig; Vereis dat tronke dwelmvry is; Aandring op dwelmtoetse in skole; Geld bewillig om die stryd teen alkoholmisbruik te verskerp; en Onwettige drankverkope hokslaan. – Rajaa Azzakani
YAY YAY!!!
As julle al in Hillbrow gery het, en gesien hoe daar “gedeal” word… sal julle weet hoe bly ek oor hierdie konfiskeering is… ‘n Hele paar mense gaan nie heroin kan kry nie! Bl!#$@s
R22 miljoen se heroïen by grenspos gekonfiskeer
In die grootste dwelmvonds tot nog toe in die Laeveld is eergisternag op heroïen met ‘n straatwaarde van meer as R22 miljoen beslag gelê.
In die grootste dwelmvonds tot nog toe in die Laeveld is eergisternag op heroïen met ‘n straatwaarde van meer as R22 miljoen beslag gelê. Die deurbraak is gedoen toe lede van die departement van doeane en aksyns se honde-eenheid die dwelms by die Lebombo-grenspos naby Komatipoort gekry het.
Die swartsak waarin die dwelms was, is in ‘n sleepwa versteek.
Die 35-jarige verdagte was met ‘n motor en sleepwa op pad van Mosambiek na Suid-Afrika toe hy kort ná 23:00 aan die Suid-Afrikaanse kant van die grenspos vasgetrek is.
Dit is nie duidelik hoe hy met die sowat 30 kg dwelms deur die Mosambiekse grensbeamptes deurgelaat is sonder dat hulle dit opgemerk het nie, het ‘n Beeld-bron by die grenspos gister gesê. Ek weet hoe, hy/sy is seker “gebribe”, niks wat ‘n paar Rande nie kan doen nie!
Die verdagte, ‘n Mosambieker, word tans by die eenheid teen georganiseerde misdaad in Germiston aan die Oos-Rand aangehou. In die opvolgoperasie is nog twee verdagtes – ‘n Mosambieker en Kongolese vrou – gistermiddag in Bezuidenhoutvallei in Johannesburg in hegtenis geneem.
Die dwelms was skynbaar bestem om aan hulle oorhandig te word.
Volgens me. Malerato Sekhe, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), is dit ook die grootste dwelmvonds wat tot nog toe deur hul honde-eenheid opgespoor is. Die eenheid is drie jaar gelede op die been gebring, juis om in die stryd teen smokkelhandel gebruik te word.
Die verdagtes sal waarskynlik môre in die hof verskyn. Malerato sê nog inhegtenisnemings word verwag.
Ek het op hierdie interessante stukkie afgekom. Wens so ek het van hierdie geweet in 2001…
Ontstellende dwelmtonele in TV-dokkie – May 07 2001
‘n Veertienjarige seun word deur een van sy beste vriende geskiet. Oorvol tronke in die VSA beteken dat gevaarlike misdadigers op parool vrygelaat word. Jong mense stry wanhopig om as heroïenverslaafdes te oorleef.Die eerste van hierdie dokumentêre programme is Black Tar Heroin: Dark End of the Street.
Dit bied ‘n ongewone kykie na twee jaar in die lewe van vyf jong heroïenverslaafdes.
Jake, Jessica, Tracey, Oreo en Alice, drie jong vroue en twee jong mans tussen 18 en 25 jaar, worstel met die gevolge van ernstige verslawing aan sterk dwelmmiddels: misdadigheid, prostitusie, verkragting, tronkstraf, vigs, oordosisse en die dood. In een ontstellende toneel besluit die 18-jarige Jessica sy moet high raak voordat sy uitvind of sy MIV positief is. Die kyker sien hoe sy heroïen in haar hand inspuit, knik en blou raak. Oomblikke daarna kom sy by, steek ‘n crack-pyp aan en vat ‘n sluk whisky.
Terwyl sy weer in die bedwelming wegsak, kry sy ‘n treurige uitdrukking op haar gesig en mompel: “Ek het aan ons huis gedink; my ma.”
Die dokumentêr wys die wreedheid en vernedering van die dwelmlewe, maar ook die verslaafdes se pyn en hul rou verlange om ‘skoon’ te raak, verhoudings staande te hou en weer met hul gesinne verbind te wees.
Hoewel die dokumentêr ontstellend is, kan dit dalk ‘n goeie idee wees om tieners aan te moedig om dit te kyk. Só ‘n skoktaktiek word met redelike sukses in Holland gebruik, waar ontstellende programme oor dwelms en dwelmgebruik op gereelde grondslag op televisie gewys word.
Dis tog ‘n feit dat dwelms deesdae oral beskikbaar is en dit kan dalk net jou kind se herinneringe aan sulke tonele wees wat maak dat hy of sy op die ou einde omdraai en nee sê . . .

















