jump to navigation

Sondag se k@kspul 2009/03/22

Posted by Zee in Sommer net.
Tags: ,
trackback

Zeethan is nou op die stadium van potty training. Die juffrou by die skool wil by my weet of ek dit al by die huis doen. Nee jong, jy weet mos ek werk elke Saterdag, waar gaan ek nou die tyd kry op ‘n Saterdagoggend om dié ook nou in te pas.  Leer jy hom maar mooi vir my…. ek sal later opvolg by die huis.

Nou ja, soos julle kan aflei weet meneertjie nou al wat ‘n doek is en wat ‘n toilet is aangesien juffrou Monika so gaaf is om hom vir my by die skool te leer.

Gisteraand gil hy skielik vir my, “Ouma, poep, toilet”  Ok… ons hol toilet toe, ruk die doek af en sit hom vinnig op die toilet.  Ek was baie trots op my mannetjie dat hy so mooi geleer het by die skool.

Ek sit en wag en skielik hoor jy net…. Brrrrrr en hy sê   “Klaar Ouma”  Agge nee man, dit was net ‘n windjie, kom, probeer hard.  Hy druk en daardie gesiggie en arms begin al die actions maar niks.  Ons vee toe maar die boudjies af want hy het toe lankal klaar ‘n hele km toiletpapier afgerol.

Vandag het ek hom ‘n paar keer toilet toe gevat en weer net vals alarms.  Dis so een minuut van sit op die toilet en dan is hy klaar en wil net af.  So laatmiddag gil hy vir my daar van die toilet/kamer se kant af.  Ek loop toe soentoe en net toe kom meneertjie uit die badkamer uit.

Sy hande is vol akkas….

” Ouma klaar”

In die badkamer die volgende observasie.  Sy doek lê op die vloer met no 2 daarin, die toilet besmeer, en toilet papier net waar jy kyk.

Ek kon net nie help om te lag nie.  Ons WIL dan hê hy moet die toilet gebruik.

Ek dink dit was die vinnigste wat ek nog ooit badwater getap en hom gebad het.

Comments»

1. Wipsnoet - 2009/03/22

Whahahaaaaaaaaaaa regtig ‘n kakspul Zee! (Daar is nie ‘n ander woord nie) Toemaar een van die dae het hy die storie ook bemeester! Dis hillarious! En sien so bruin geverfde toilet wat in my brein flits! Maar ek dink dis cute dat hy al so mooi geleer het, amper daar….

2. Louisa - 2009/03/22

:lol: Klink na ‘n groot gemors. Toemaar, hy sal dit nog regkry – ten minste wil hy?

3. Nimsi - 2009/03/23

Oeee….shit Zee!

4. Ogies - 2009/03/23

Whahahaha!! Ek ken die storie so goed! Franco is darem nou heeltemal af van die doek af in die dag. Snags sit ek steeds ‘n doek aan, net vir ingeval! Wonder wat vir ons voorlê met klein Mia!!

5. Riaan Oosthuysen - 2009/03/23

The joy of having children. Eich maar voor ons sien het hulle die huis uit gegroei. Sue-Mari jaag my deesdae uit haar badkamer uit. As ek uitkom het sy ‘n klomp vrae… Hoe ruik dit….. Het jy gespoel….

6. boendoe - 2009/03/23

Shame, Zee. :wink: Dis darem ‘n ding om in ‘n seunkindjie se kop te probeer kry! :lol: Sterkte, suster, sterkte!

(Myne sit darem nou oppie loo, maar die neus en ore moet nog steeds toegedruk word. :roll: )

7. BB - 2009/03/23

Ek weetie of ek sal lag of huil nie…. Dankie Zzz’tjie dat jy ons foto’s gespaar het dié keer :mrgreen: xx

8. Sigeuner - 2009/03/23

Dis die moelikste gedeelte van baba grootkry. Gelukkig is dit vinniger verby as wat jy kan se kakdoek!

9. parkes1 - 2009/03/23

Darem gaan hy al toilet toe, een van die dae doen hy dit vanself, dit is darem so lekker as dit agter die rug is. Welgedaan Zee!

10. HappyBeans - 2009/03/23

ahahahahahha dis vir my so oulik ali ding wat kindertjies aanvang.

11. kaalvoetinireen - 2009/03/23

Eerder jy as ek!

12. Dellie - 2009/03/23

Hie-hie, shame, hy het ten minste probeer, maar ek is ook baie dankbaar jy het nie die foto’s met ons gedeel nie! :mrgreen:

13. corlivandermerwe - 2009/03/23

Goeie Griet, klink vreesaanjaend vir `n ongetroude girl soos ek!! Ek vat iewer tien stories op `n slag in die nuuskantoor aan as om daardie gemors op te ruim.
Ek is darem seker hy sal een van die dae die storie onder beheer kry! ;)

14. ingrid - 2009/03/23

Kyk dis nou hoekom ek so bly is my Quinton is darem al 5. Hulle is erg oulik, maar ek sien nie sommer weer kans vir doeke nie.
Geniet die aand ;)

15. Izak - 2009/03/23

Ai shame Zee dis omtrent n akkies spul. Sterkte met die potty training hoop nie jy gaan gou weer so shitty spul he nie

16. Huisvrou - 2009/03/23

:-) ;-)
Arme, Arme Ouma….
O Vaderland, Zee, ek lag my nog keduks :-) ; -)

17. Alta - 2009/03/24

Omtrent n k@kspul en n half.

18. A3 - 2009/03/24

Ek kan nog goed onthou hoe ek eendag van die werk by die huis kom en daar is julle pa besig op die gras om met die tuinslang jou boetie (en sy doek) af te spuit. Gelukkig is daar nou weggooi doeke.

BB - 2009/03/24

Hahaha A3!!! Ek het einste selle ding gedoen eendag met my middelste!! (i just couldn’t for the life of me imagine having to clean that mess any other way…) :oops:

19. Pikkelik - 2009/03/24

Ek gooi my arms oor my kop en fluister : Roep my oor twee jaar as Poppedyn klaar getrain is…. Jittetjie Zee, ek weetie waar ek nog ‘n keer die krag vandaan gaan kry nie!!! Ek koop wragtig vir haar kurkproppe!

20. Pampoen - 2009/03/24

HEHE- gelukkig nog ‘n entjie vir my. Jean is nog net 5mnde. O, ja, hy het 2 tande gesny verlede week tannie Zee!!!

Pottie-training is mos belangrik, maar EK voel om te wag tot hy self besluit hy wil toilet toe. En vir die bol wat hy gelos het……. well done!!! Pampoen gee hom ‘n goue medalje…… HY HET MOS GEDOEN WAT JUL WIL HE.

HEHE…

Liefdes

21. demoerin - 2009/03/24

:lol: Ek het nou so lekker gelag… wat ‘n kakspul!

22. boervrou - 2009/03/24

aaaghhh! My seuntjie is 10mnde. Dit le nog voor.

23. Zee - 2009/03/24

Wipsnoet – ek hou van jou nuwe naam ;) Ek dink hy het ook gedink hy is cute hoor! Sy gesiggie het boekdele gespreek…
Louisa – Ek was eintlik baie trots op hom dat hy so gou gesnap het dat hy toilet toe moet gaan… Nou moet hy net leer op die toilet sy ding te doen
Nimsi - :lol: jy kan weer Oeee…shit sê
Ogies – Ek wag vir Mia se uitbeelding… jy moet tog net die kamera byderhand hê hoor, ek sien BB wil so graag foto’s sien
Riaan – Hoe oud is Sue-Mari nou? Hoop jy het heelwat spuitgoeters daar!
boendoe – Ek wonder hoe lank die neus en ore toedruk storie gaan last. Mens weet nooit, dalk doen Z dit ook :lol:
BB – 10 fodies on the way! :P
Sigeuner – Ek hoop dit pass gou!
parkes1 – Dit maak mens maar klaar as jy so baie moet gaan sit by hom, en niks gebeur nie, maar dit is seker nie meer lank nie
HappyBeans – Ja,hulle is te bleddie cute op die ouderdom
kaalvoetinireen – Het jy nog nie so experience gehad daar in die vreemde met een van die bloedjies nie :lol:
Dellie – Ek gaan spesiaal vir jou en BB foto’s neem :)
corlivandermerwe – Welkom hierso, nee man, dit was tjop tjop om dit op te ruim, surgical gloves, emmer water, en baie asem inhou!
ingrid – Ai Ingrid, en dan dink ek by myself… daar sal seker eendag nog kleinkinders wees, maar gelukkig sal ek dit vryspring!
Izak – Ai, ek hoop ook nie dit sal gou weer gebeur nie!
Huisvrou – Is jy darem nou ok? :lol:
Alta – Jip, jy kan dit weer sê
A3 – WAAR was moeks Sondag, ek dink Oumie sou haar dood gelag het!
BB – Marc het dit die eendag gedoen toe hy alleen na Zeethan moes kyk, ek sit nou en dink… plaas ek dit ook net gedoen het
Pikkelik – 10 kurkproppe in die pos vir jou!
Pampoen – Ag moeder tog, ‘n hele twee tandjies… Kyk, meneertjie het besluit hy wil die toilet gebruik.. al is dit nou op sy terms, ek was nou regtig nog nie gereed vir dit nie, maar nou ja, die kleuterskool leer hulle seker almal op een slag, nou moet ons maar inval.
demoerin:lol:
boervrou – Welkom hier…. voor jy jou oge kan uitvee, gaan jy hierdie storie onthou as dit met jou gebeur :)

24. kaalvoetinireen - 2009/03/25

:lol: Hulle is dank Vader almal al van die doek af!

25. Nelba - 2009/03/25

Eish! Die wildste een was toe Marco op ‘n kennis se sitkamermat sy vol doek afgehaal het.

26. Zee - 2009/03/26

Whahaha Nelba… ek hoop ek word dit gespaar.

Kaalvoet… geen glipsies nie?

27. kaalvoetinireen - 2009/03/26

Gelukkig nie Zee en as daar ooit so iets sou gebeur…Not my problem! ‘n Koreaan moet maar die gemors opruim!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 43 other followers