Sonbrilletjies 2009/03/29
Posted by Zee in Sommer net.Tags: sonbrille, sunglasses
25 comments
Saterdag hol ek gou by een van die boetieks in waar ek gereeld klere koop vir Zeethan. Hier het PEP toe ‘n paar sonbrilletjies vir R20 daar waar mens moet betaal. Hoekom hulle altyd hierdie lekkergoed en oulike goed vir die kinders by die betaal punte moet hê weet nugter alleen. Anyway….. ons is daar weg met lekker warm slaapklere vir hom en tjokkie en die paar sonbrilletjies.
Hy het vir ons ‘n paar ure se vermaak gesorg maar ai tog, ek het te laat besef ek het nie my kamera in my hand nie.
Ek was op soek na Al Debo se Sonbrilletjies maar ai tog…. skaars soos hoendertande!
Dwelms & Polisie (My storie 11 ) 2009/03/24
Posted by Zee in Dwelms / Drugs.Tags: Drugs, Dwelms, Dwelms / Drugs, Police, Polisie
31 comments
Vanoggend oppad werk toe hoor ek op die nuus van die 4 senior polisielede wat op die Wesrand aangekeer is oor dwelms wat hulle gekonfiskeer het, weer aan die drug lords verkoop het.
Wat my die meeste gevang het oor hierdie spesifieke onderwerp is dat M & C in daardie area gebly het voor hulle tronk toe is. Ek het bly wonder….. was een van die vier dalk een van die twee wat ek gereeld kontak mee gehad het, wat ek gereeld gebel het om te hoor om die kinders nog lewe. As ons vir lang rukke nie van hulle gehoor het nie, het ons vir Andre of Grant (hulle het hulle persoonlike sel nommers vir ons gegee) gebel om te gaan kyk of die kinders darem nog lewe. Hulle het die kinders se belange op hulle harte gedra en het alles in hulle vermoeë gedoen om hulle te probeer help.
Vandag nog kan ek julle nie genoeg bedank dat toe ons nie die kinders laas Kersfees by ons wou hê nie, dat julle bereid was om hulle vir die dag saam met julle families te kon laat deurbring….. en vir hulle liefde gegee het, wat ons nie op daardie stadium kon doen nie…..
Vandag sê ek baie dankie dat dit nie hulle was wat so korrupt was nie. Dankie dat daar nog sulke polisiemanne is soos julle wat wel omgee en nie korrupt is nie. Dankie dat ek nie vandag julle name in die koerant gelees het nie.
Beeld het vandag sommer die vier korrupte manne se name ook vir ons gegee. SHAME ON YOU…. ek hoop nie julle kinders val eendag in hierdie trap wat julle vir ander stel nie!
Vier senior Wes-Randse polisielede het glo groot vragte gekonfiskeerde dwelms weer aan die dwelmhandelaars terugverkoop.
Die mans is vermoedelik deel van ‘n groter sindikaat en is gister in Johannesburg en Krugersdorp aan die Wes-Rand aangekeer.
Hulle het hulle veral gehelp aan dwelms wat by die O.R. Tambo-lughawe gekonfiskeer is, maar ook dwelms verkoop waarop hulle tydens operasies in hul polisiëringsgebied beslag gelê het.
Al vier offisiere het glo van hul eie netwerke gebruik gemaak om die dwelms te verkoop.
Van die lede van die goed georganiseerde sindikaat werk glo ook by die lughawe.
Sr.supt Dumisani Jwara (45), Wes-Randse hoof van die eenheid teen georganiseerde misdaad, is tydens ‘n spesiale vergadering voor sy kollegas by die kantore van die Gautengse polisiehoof, komm. Perumal Naidoo, in Parktown gearresteer.
Kapt. Caphius Shange (34) is by die Wes-Randse kantoor teen georganiseerde misdaad in Krugersdorp gearresteer.
Sy 38-jarige kollega, kapt. Petros Victor Mpho Juili, is by sy huis in Westonaria aangekeer, waar groot bedrae Suid-Afrikaanse valuta gevind is.
Kapt. Landro Mokgosani (40) van Toekomsrus buite Randfontein het hom gistermiddag in die teenwoordigheid van sy prokureur aan die polisie oorhandig.
“Ons sal hulle (die korruptes) met wortel en tak uitroei. Ons is nie skaam om ons eie mense uit te wys en by die naam te noem nie. Die korrupte beamptes wat betrokke was, sal gejag word. Dis hulle wat nou mense bedrieg wat hulle gesweer het om te beskerm,” het sr.supt. Tummi Golding, nasionale woordvoerder vir misdaadintelligensie en interpol, gesê.
Die hoofkantooreenheid misdaadintelligensie en die direktoraat: koverte inligtingsafdeling onder bevel van komm. Mlangi Mphego, afdelingskommissaris, hou die mans sedert 2007 dop.
Die polisie het glo op bankstate en verskeie dokumentasie by Jwara se staatswoning in Blairgowrie, Randburg, beslag gelê.
Die polisie is eers toegang deur ‘n vrou en klein kind geweier, totdat ‘n lasbrief gewys is. Volgens Golding is die besluit of die vier weens handel in dwelms aangekla sal word in die hande van die vervolgingsgesag.
Al vier mans sal vandag in die landdroshof in Pretoria op aanklagte van bedrog en afpersing verskyn. Die polisie beoog om binnekort nog arrestasies onder senior offisiere, onderoffisiere en burgerlikes te doen.
Opvolg op bogenoemde storie… Ag shame, ek kry julle so jammer
Kry vir julle!
Beeld - Polisie vrees aanhouding in tronk
Weet jy nou nog nie dis nodig om die skole te “raid” nie. Dis hoe die Druglords begin om ons kinders te vernietig……
Ek is trots op daardie skoolhoof dat hy wel die polisie genader het om die “euwel” uit sy skool te roei. Nou moet daardie ouers van daardie kinders die nodige doen om hulle van hulle verslawing te probeer genees! Ek hoop BAIE meer skoolhoofde volg hierdie skool se voorbeeld!
Platkuif, ‘n mens moet maar altyd versigtig wees om nie te vinnig te oordeel oor iets wat jy geen ervaring oor het nie. As jy Joost en die related video wil aanval, moet dit nie in dieselfde lig stel as hierdie groot drug choas wat ‘n krisis is met ons jeug nie!
Sondag se k@kspul 2009/03/22
Posted by Zee in Sommer net.Tags: potty training, toilet gebruike
28 comments
Zeethan is nou op die stadium van potty training. Die juffrou by die skool wil by my weet of ek dit al by die huis doen. Nee jong, jy weet mos ek werk elke Saterdag, waar gaan ek nou die tyd kry op ‘n Saterdagoggend om dié ook nou in te pas. Leer jy hom maar mooi vir my…. ek sal later opvolg by die huis.
Nou ja, soos julle kan aflei weet meneertjie nou al wat ‘n doek is en wat ‘n toilet is aangesien juffrou Monika so gaaf is om hom vir my by die skool te leer.
Gisteraand gil hy skielik vir my, “Ouma, poep, toilet” Ok… ons hol toilet toe, ruk die doek af en sit hom vinnig op die toilet. Ek was baie trots op my mannetjie dat hy so mooi geleer het by die skool.
Ek sit en wag en skielik hoor jy net…. Brrrrrr en hy sê “Klaar Ouma” Agge nee man, dit was net ‘n windjie, kom, probeer hard. Hy druk en daardie gesiggie en arms begin al die actions maar niks. Ons vee toe maar die boudjies af want hy het toe lankal klaar ‘n hele km toiletpapier afgerol.
Vandag het ek hom ‘n paar keer toilet toe gevat en weer net vals alarms. Dis so een minuut van sit op die toilet en dan is hy klaar en wil net af. So laatmiddag gil hy vir my daar van die toilet/kamer se kant af. Ek loop toe soentoe en net toe kom meneertjie uit die badkamer uit.
Sy hande is vol akkas….
” Ouma klaar”
In die badkamer die volgende observasie. Sy doek lê op die vloer met no 2 daarin, die toilet besmeer, en toilet papier net waar jy kyk.
Ek kon net nie help om te lag nie. Ons WIL dan hê hy moet die toilet gebruik.
Ek dink dit was die vinnigste wat ek nog ooit badwater getap en hom gebad het.
Sonsondergang 2009/03/17
Posted by Zee in Sommer net.Tags: quiz
21 comments
Gaan loer bietjie hier en kyk wat sê dit van die sonsondergang waarvan jy hou!
Sonsondergang 1
You Crave a Purposeful Life
You want to be generous and warm-hearted toward others. Life is hard enough as is.
You believe life is mostly about how you treat other people. What kind of person you are matters.
Your dream is to live a life where you make a difference. You want to effect people.
You don’t need to be the one who changes the world, but you would like to change a few lives.
Sonsondergang 2 Sonsondergang 3
Sonsondergang 4 Sonsondergang 5
Sonsondergang 6 Sonsondergang 7
Myne is nogal ‘n baie raak droom!
My kosbaarste kommentaar! 2009/03/15
Posted by Zee in Spesiaal.Tags: special, Spesiaal
20 comments
Vandag kry ek hierdie kommentaar op een van my “My storie” inskrywings.
My liewe Maritjie,
I can’t begin to tell you how much I respect you for this blog. I spent all morning reading every thing on your blog, and ended with this letter from M, and with C’s letter. I am an emotional wreck!
As your uncle, living in America, I am very much out of touch with what is going on with my family in South Africa. I had no idea about the heartbreak. the pain, the feelings of loss and despair experienced through these years. Yes, I had a hunch, but I chose to sweep it under the rug of my conscience.
Reading your stories about M and C broke my heart. Seeing the pictures with Marc and Zheethan tugged at my emotions, and I probably cried more this morning than I have in many years combined.
Since you were a baby I have always loved you and have always felt you were special. Those many years ago when your dad was killed in a car accident and your mom and the three of you had to move in with the rest of us, were very special to me as a young college student. No matter that I had to give up my bedroom and sleep in the living room so that the four of you could have my bedroom. That’s what family does for each other. You were probably two or three, living in a small house with ouma and oupa, and my three sisters, your brother and sister… nine of us – one happy family.
Now I know HOW much I love you, and HOW special you are.
How lucky we are to have such a special family, who cares so much for each other, over these many generations! How wonderful that you share these experiences. You cannot begin to understand how many other people you are helping and touching.
Oh, by the way, you writing is excellent. You mentioned that maybe someone could someday write a book about it. YOU should do that.
With all my love, admiration and respect,
Oom Willie
Boetie….. geen woorde wat ek hier kan skryf sal kan beskryf hoe ek op hierdie oomblik voel nadat ek ek gelees het wat jy spesiaal vir my geskryf het nie…
Die trane loop saggies langs my wange af….
Al wat ek kan sê…
I LUV ALL OF U 2 en ons mis julle oneindig baie.
PS. ek en Yuki praat gereeld op Skype, en ek dink ek is mees opgewonde hier in SA oor die nuwe pienkvoet wat eersdaags sy verskyning gaan maak!! Onthou om dadelik vir ons foto’s te stuur!
All my love!!!!!!!
Sowwy!! 2009/03/15
Posted by Zee in Sommer net.Tags: akwarium visse
15 comments
Ek is baie jammer!
Nemo of is dit nou Dori of is dit Een of Twee.. (soos Dellie hulle herdoop het) is gisteraand dood.
Nemo (Twee) of Dori (Een) is in die vroeë oggend ure dood nadat ek gister bietjie hulle blyplekkie skoon gemaak. Die plantjie het begin vrek (ja ek weet hoekom, laas weet het ek dit per ongeluk in die bak gesit wat kookwater ingehad het en eers toe my hand brand het ek dit besef. Ek het vermoed dat dit so vrek.) Ek dog toe, ok, ek weet mos nou hoe om dit te doen, die vissies het darem al ‘n hele week survive na laasweek se huis opsit.
Obviously het ek weer iets verkeerd gedoen.
Vanoggend dryf Nemo (Een) of was dit nou Dori (Twee) bo.
R.I.P. Nemo, of is dit nou Een, Dori of Twee….
Ek is nou so deurmekaar dat ek nie meer weet wat die vissie se naam is nie, maar ek glo Zeethan sal baie gou vir my sê!
Snork jy? 2009/03/12
Posted by Zee in Sommer net.Tags: sleep apnea, Snoring, snork
22 comments
Ons het so twee jaar terug Viet-nam toe gegaan en ek het gesweer ek sal nie ‘n oog op die vliegtuig toemaak as ek nog snork nie en besluit toe om ‘n dokter te gaan sien oor dit. Hy sê toe dis geen probleem nie, want my neus binne is so bietjie krom en hy is omtrent 100% seker dat dit die oorsaak van my gesnorkery is. Ons doen toe gou die operasie dat my neus darem nie so gekneus sal wees die dag as ons op die vliegtuig klim nie, en ek met ‘n geruste hart die 11ure plus vlug kan geniet en slaap as ek moeg is. (Ja, toe kry ek sommer ‘n nose job….neus nou nie meer so windskeef nie)
Voor die operasie het ek alles op die mark probeer. Van spuite, mondstukke, kussings, pleisters op die neus en nog vele meer…..
Raai wat, die operasie was nie suksesvol nie (Eina pyn vir weke) en ek snork nog steeds. Ek snork so dat ek te bang is om te slaap in die aand omdat ek vir manlief wakker gaan maak.
EK SNORK NOG. PUNT!
Ek het so bietjie gaan google oor snork.
Snoring is the vibration of respiratory structures and the resulting sound, due to obstructed air movement during breathing while sleeping. The sound may be soft or loud and unpleasant. The structures are usually the uvula and soft palate. The irregular airflow is caused by a blockage, due to causes including:
- Throat weakness causing the throat to close during sleep
- Mispositioned jaw, often caused by tension in muscles
- Fat gathering in and around the throat
- Obstruction in the nasal passageway
Snoring is usually an involuntary act, but may also be produced voluntarily.
Impacts
Snoring is known to cause sleep deprivation to both the snorer and those who hear him/her, as well as knock-on effects: daytime drowsiness, irritability, lack of focus, decreased libido. It has also been suggested that it can cause significant psychological and social damage to sufferers.
Diagnosis
Ordinarily, snoring is recognised by a friend or partner who observes the patient sleeping. Besides the ‘noise’ of Snoring, more complex conditions such as sleep apnea can be consistent with the symptom of snoring. A sleep study can identify such issues. Patients can also assess their own condition to determine the likelihood of such problems based on the severity of their sleeping disorder.
Treatment
Almost all treatment for snoring revolves around clearing the blockage in the breathing passage. This is the reason snorers are advised to lose weight (to stop fat from pressing on the throat), to stop smoking (smoking weakens and clogs the throat), and to sleep on their side (to prevent the tongue from blocking the throat).
As ek so na bogenoemde kyk het ek 3 van die simptome wat snork veroorsaak…….
As ek nou drasties aan twee werk, sal die derde een miskien verdwyn en dan sal ek dalk ophou snork…..want dit is ook nie meer vir my lekker om myself wakker te snork nie. Miskien sal ek dan meer slaap in die aande inkry en nie elke plus minus 2 ure wakker word nie!
Earth Hour 28/03/2009 2009/03/11
Posted by Zee in Sommer net.Tags: 60 Earth Hour, Environment
12 comments
Carina wil graag hê ek moet een van die volgende skakels wees om soveel mense as moontlik te kry om hierdie baie goeie inisiatief te join. Kliek op hierdie banner hieronder en gaan join vandag nog…. al is jy nie “getag” nie!
Vul in jou besonderhede, besluit of hulle vir jou promosie materiaal moet stuur of nie. Wat is die bedoeling met die inisiatief? Op 28 Maart 2009 tussen 20:30 tot 21:30, vir een uur, skakel almal hulle ligte af.
WWF is one of the world’s largest and most respected independent conservation organisations, with almost five million supporters and a global network active in more than 100 countries. WWF’s mission is to stop the degradation of the earth’s natural environment and to build a future in which humans live in harmony with nature, by conserving the world’s biological diversity, ensuring that the use of renewable natural resources is sustainable, and promoting the reduction of pollution and wasteful consumption.
Ek “tag” dan die volgende bloggers om dieselfde te doen vir ons omgewing!
Ek glo manlief sal baie impress wees met my as ek alles afskakel. Hy baklei juis so met my as ek net ‘n lig iewers aanlos.


















