jump to navigation

Ek mis my mannetjie!! 2009/02/27

Posted by Zee in Sommer net.
Tags: ,
trackback

piggy


Zeethan is by die see…… :mrgreen:

Ek mis hom  al klaar en dis nog nie eers 7 ure dat hy weg is nie!!   Ek het hulle al seker tien keer gebel om net seker te maak hulle is veilig.  En al wat hy sê is,  “See, saam  Marcia en Marius”

Ek hoop hy gaan dit hierdie keer geniet en lekker in die sand speel!

zee-7

Comments»

1. Wipneus! - 2009/02/27

Ek is seker hy gaan dit baie geniet!

Moenie te veel verlang nie! ;)

2. Nikita - 2009/02/27

Pragtige foto en ek het heerlik aan als gelees, jou handsak se inhoud lyk te “netjies”, ek het hope ander goete ook in myne…witbordpenne vir skool! en ‘n spul goed wat lyk soos “gemors” :) ek het nie die video gekyk nie, ek huil sommer maklik as ek sulke mense moet sien en dan besef ek hoe min ek waardeer wat ek het. Toe my dogtertjie gebore was, was daar in Beeld – dieselfde tyd wat sy gebore was – ‘n foto van ‘n dogtertjie van so 2 jaar wat sonder ledemate was, ek het my byna morsdood gehuil en besef dat ek het soveel om dankbaar te wees. Zeethan gaan dit geniet en ek ken daardie gevoel van “mis”. Sterkte!

Zee - 2009/02/28

Nikita, ek dink ons besef nie aldag hoe bevoorreg ons eintlik is nie!

3. Thea - 2009/02/28

Pragtige foto’tjie van Zeethan! Geniet die bietjie alleentyd terwyl jy die geleentheid het Zee! Ek’s seker Zeethan gaan dit baie geniet!

4. Ninette - 2009/02/28

Ek is seker hy gaan homself gate uit geniet en baie stories he om jou te vertel wanneer hy terug is :)

5. boendoe - 2009/02/28

Jy weet hy’s oukei, sit nou terug, lig die voete op en rus! :wink:

6. Zee - 2009/02/28

Ek het darem vandag nog net 2 keer gebel :lol:

Die eerste keer was hy baie opgewonde omdat hulle toe net vir hom die see gewys het (Hulle was in die kar). Ek en Marc het so lekker gelag vir hom met sy gebabbel en al wat ons kon uitmaak was see…

Die tweede keer het hulle af strand toe gegaan en toe doen hy presies wat hy gedoen het toe ons by die see was. Lyk my die mannetjie hou net daarvan om die see op prentjies, tv en van ver af te bekyk!!

Boends, my voete is nou lekker innie lug, lê op die bed en haal gou bietjie blog lees in!

7. ELF - 2009/03/01

My beurt .. om sommer vir klomp posts op te maak waar ek nie gecomment het nie .. :P

((((( Z ))))) .. ek weet jy verstaan .. en dat ek dit nie hoef uit te spel nie. x

8. Ogies - 2009/03/02

Hy bly net die most beautiful klein engeltjie!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 43 other followers