Ek mis my mannetjie!! 2009/02/27
Posted by Zee in Sommer net.Tags: Sommer net, Spesiaal
9 comments
Zeethan is by die see……
Ek mis hom al klaar en dis nog nie eers 7 ure dat hy weg is nie!! Ek het hulle al seker tien keer gebel om net seker te maak hulle is veilig. En al wat hy sê is, “See, saam Marcia en Marius”
Ek hoop hy gaan dit hierdie keer geniet en lekker in die sand speel!
Wipneus to the rescue 2009/02/26
Posted by Zee in Spesiaal.Tags: Special Occasions, Spesiaal
14 comments
Gisteraand het ek, Marcia en Zeethan na BB se CD launch toe gegaan. Ek was baie opgewonde omdat ek haar vir die eerste keer kon ontmoet.
Die pad soentoe het my al klaar in ‘n spin gehad omdat hulle besig is met die Gautrein konstruksie en ek is nie juis verkeer gewoond nie. Dit het al my konsentrasie gekos om net veilig anderkant te kom. Op die koop toe het Zeethan besluit dat vandag is die dag wat hy nie in sy karstoeltjie wil sit nie en het omtrent die hele pad soentoe gekerm om uit te klim.. Toe raak ek nog meer verboureerd.
Ons het darem veilig by die Centurion teater aangekom en begin die hele pakasie uit die kar te kry (Zeethan, handsak, doekesak). Ons begin aanstap teater toe en ek maak my handsak oop om my beursie uit te haal want weereens het ek mos nie kaartjies vooraf gekoop nie.
Nou kyk, ek was al klaar geflush gewees van al die verkeer oppad teater toe.
MY BEURSIE WAS NIE IN MY HANDSAK NIE!!!!
Ek het seker vir 15 minute gesoek maar nee, die beursie is spoorloos. Intussen hardloop Zeethan die hele wêreld vol en raak al klaar vuil, nog voordat ons eers binne is. Marcia sê toe, hoekom plaas ek nie gou geld met my selfoon na haar toe nie, dan kan ons maar gou gaan trek. Mmmmm, my selfoon was in my beursie. Jinne, ek wens julle kon my toe sien, my gesig het soos ‘n rooi lap gelyk so rooi was ek in die gesig.
Dankie liefie dat jy my winkel toe gestuur het net voordat ons wou ry!!
Intussen het ek vir Wipneus se Jeep gesoek maar kon dit nie sien nie… Sy sou mos raad hê vir my!
Volgende stap?
- Gaan na Krista en Jaco toe en verduidelik dat ons maar net gou ogies wys aangesien my beursie by die huis was…
- Vra of ek maar die geldjies vandag vir hulle kan oorplaas?
Ek steek my trots toe maar in my sak en ons stap na die ingang toe, daar staan Jaco en Krista toe en ek verduidelik my dilemma. Nee, dis geen probleem nie, ek kan maar gou vandag die geld vir hulle oorplaas. (Jinne, as ek nou daaraan dink, het ek hulle ook nie eers ordentelik gegroet nie!!
JULLE WIL NIE WEET HOE EMBARRESSED EK WAS NIE!
Die voldgende oomblik stap Wippie en haar familie deur die deur. Eish…. ek val haar om die hals (ek dink ek het vergeet om hallo te sê – alweer
) en sê vir haar ek is nou so verleë. Nou hoekom Zee? Ek vertel haar toe die storie.
Ai, julle moet omtrent dink ek het nie maniere nie, maar julle weet nie hoe onsteld ek was oor die hele storie nie!! My ma het my mos maniere geleer… net jammer dat ek dit gisteraand vergeet het. Lessie vir my.. fokus en onthou die belangrike ding!!
Net daar pluk sy haar ID boek (Ja, sy steek geldjies daar weg) uit en haal vir my die R200 uit. Ek het diè toe vir Krista gegee, darem een struikelblok uit die weg.
Ons gaan sit toe in die teater en gesels toe so bietjie en daar word ek al weer verleë…
Wat wil julle drink? En die volgende daag daar ‘n bordjie eetgoed ook nog op!
Wipneus…. jy weet nie wat jy vir my gisteraand beteken het nie. Ek skuld jou groot!! (Ek wag nog vir jou bank besonderhede asb!!!)
Zeethan was alweer gespoil gisteraand deur tannie Wipneus! Dankie tannie Wippie, ek en oupa het baie lekker gespeel vanoggend met my nuwe speelgoed!
Jaco en Krista dit was ‘n voorreg om julle gisteraand te kon ontmoet!
BB… ek het nie woorde nie!!!
Jy was awesome gewees.
Ek is so bly vir jou part dat jou droom gisteraand waar geword het!
Ek is net jammer dat jy te “famous” was gisteraand om regtig te kon gesels…
Ja, jou CD is in my CD speler vanoggend hoor!
Voor alles te veel raak…. 2009/02/25
Posted by Zee in Dig, Geloof.Tags: Dig, Dig / Poetry, faith, Geloof
27 comments
Voor alles te veel raak
Liewe Heer
gee my net nog `n bietjie krag
om weer aan te gaan.
Ek weet, môre voel ek anders
maar vir nou het ek genoeg gehad
ek wil nie nou verder
weet waarom ek deur dit alles
moet gaan nie…nie nou nie Heer
…gee my asseblief net eers
`n bietjie krag.
Ek wil nie nou al – en só gaan nie
heeltemal verward, verbitterd en verleë
help my hier uit, hierdie donker grot
dan kan ek dalk aangaan en weer eendag weet
waarom ek hier – hierso moet wees
en wat ek als nog moet doen
gee my net eers bietjie genade
bietjie krag en bietjie liefde
uit hierdie ene uit,
sodat ek bietje-bietjie
ánderkant môre, weer terug kan gee.
Amen
Geskryf deur Lyanda
Lyanda, baie dankie dat ek hierdie gediggie kan gebruik… Dit is so asof jy dit vir my geskryf het, so raak het jy my gevoelens opgevat in hierdie gedig.
Zeethan het ALWEER mangel ontsteking. Die dokter het vir hom gevra om hy ‘n paar fluitjies ingesluk het so sleg is sy borsie op die oomblik. Sy vermoed dat hy dalk asma mag hê. Ai julle, hy het so gehuil toe hulle moes bloed trek vir die allergie toetse. Dit het 2 van ons gekos om hom vas te druk sodat die suster kon bloed trek. Ons sal Woensdag middag weet wat die uitslag is. Ek vat maar elke dag soos dit kom..
O ja, intussen probeer ek weer bietjie leer. Ek moet vir my hernuwing van my vuurwapen lisensie (op aandring van BB) gaan. Dit is glad nie meer so maklik om te probeer leer as jy jare laas geleer het nie, en dan wil hulle sulke hê ek moet sulke snaakse wette leer.
Bottertjie , baie dankie vir my pragtige “signature”!!!! – gaan voeg hom daar by jou “headers en stuff” bladsy…..
For Zeethan, from Mommy (My storie 9) 2009/02/20
Posted by Zee in Dwelms / Drugs, Geloof.26 comments
Ons het so twee terug hierdie brief van Zeethan se ma ontvang. Ek skryf eintlik nooit oor C nie maar ek het gevoel dat ek tog hierdie met julle wil deel. Daar is nog hoop. Sy lyk baie goed en sy was baie verras toe ek hom die 26ste Desember gevat het om haar te sien.
To my dearest Angel,
I am writing you this letter for you to hold and keep close to your heart. For a very special day. That special day will be the day that you will be old enough to understand the world around you and the true meaning of life. One day you will want to know the truth, the truth about what happened, the truth how I really felt about you.
Firstly you are a very lucky little boy; you are also a very strong and special little boy. God really loves you a lot and definitely wanted you to be apart of this world. I know this because you made it, you made it through it all, and that’s why I say that you are a very special little boy. I will and always will be your mommy and daddy will always be your daddy, that’s the way God chose for it to be. I knew that from the very first day that I found out that I was pregnant and that’s why I chose to keep you and bring you into this world.
The truth is that I was on drugs, very bad drugs so I never really cared about myself, I lost total respect for my myself, so much that I nearly died. I was scarred at first when I found out about you, I never had a job and I was a drug addict, but one thing was for sure, I wasn’t going to have an abortion no matter how people felt. People thought maybe you would be brain damaged as I used drugs right through my pregnancy except for the 3 months that I was in Noupoort. I changed when I was there, I stopped drugs, I stopped smoking and I even gave my life to Jesus.
Your daddy and I were supposed to be married, we had everything going for us and then I left. I messed things up. I guess that I was selfish and landed up hurting a lot of people around me, including you. Don’t get me wrong, you were mine and no one could ever take you away from me because you were inside of my tummy. I would like to say that I am sorry for doing that to you. Your daddy used to hold my tummy to feel you kick, those were special moments, even when I saw you on the scan to me you were beautiful. I loved you daddy very much and that’s one of the reasons why I love you so much and this because through you, your daddy, (((you))) and I will always be made one.
When you came out of my tummy I heard your cry, a cry I’ll never forget. For the first time in my life I had done one thing right, I had kept you and you were mine and no one would ever change that. I only had one problem. I was still weak and even although I wasn’t independent; I so badly wanted to take you home with me. Then when I found out that I was unable to take you home, my heart broke into two and leaving the hospital without you made me feel lost. No one really knew how I felt deep down; know one knew what I went through. Always remember that I never signed those papers to get rid of you, I signed those papers because I didn’t want you to go to some funny home, so instead I gave you to your granny as she cared so much for you and wanted you to have the best, and now you really do have the best. Zeethan, mommy carried you for 8 months and so because of that we will always have a connection.
The best thing that happened for me was to be sentenced to 3 years. I have been sentenced here for 8 months and 2 weeks now, and I am a changed person now. I am doing courses. I am also doing my matric now so that I can study further and get a real job one day to support you and buy you nice things. I started 3 days ago saving some of my tuck shop money for you.
Your granny was kind enough to bring you all the way to see me. It was a very special day for me because it was the first time that I saw you being clean. You are so, so beautiful, you are my little boy, you look just like daddy.
In the beginning it was hard for me as I was so hurt and frustrated that I felt like I couldn’t go through what I was about to go through without drugs. But as time went on I started becoming stronger and the more I admitted to myself that I was selfish, I was wrong the more I started to change deep within myself. I now have changed and from now on I will always be there for you.
I am so happy I saw you as you are my will to change, I know that now. I love you Zeethan, you are my shining little star, that’s why I named you Zeethan because it means shining. It felt like you were born yesterday and now on the 28/01/2009 you will turn 2 years old.
Happy Birthday my Angel. I am sorry I can’t be with you on your big day, but I will be thinking of you, and this will be the last birthday that I won’t wish you personally. Thank you for my present, it’s beautiful. I look at your photos all the time, and I also have a picture of you stuck on my wall next to my bed.
I was wrong in doing the things that I did, and yes, I can say sorry, but at the end I’ve changed. I changed in a big way, I would like to be apart of your life, and it took prison to get me to realise that. In the end it’s been worth it because now I know who I am, I have dreams and goals in my life which I’ll achieve, you’ll see, I’ll make you proud to be my son and I’ll be proud to be your mother.
I love you, keep strong and I’ll keep on writing to you, I hope you get this letter and be good for granny!
Lots of hugs, Love and Kisses
Love
Mommy
xoxoxo
As julle hierdie brief klaar gelees het, gaan kyk gerus na hierdie video. Ons KAN NET nie opgee om aanhou te probeer opstaan nie! Hierdie persoon het geen arms of bene nie… maar hy het die “Never give up” motto!
Watse tipe blogger is jy? 2009/02/18
Posted by Zee in Sommer net.Tags: blogging, quiz
16 comments
Blog jy gereeld? Doen hierdie blog quiz en vind uit watse tipe blogger jy is!

Your blogging style makes you known as The Philosopher. Hola, thinker! You always always have your thinking hat on. Somehow you have the special ability to pick out the oddities of life and the particular something that catches your eye. A little different from the shouter, you shout out in a deeper context. Not many may understand what you’ve typed, but to you, recording your train of thoughts is all that matters!
Jinne, net jammer my “thinking hat” het so bietjie verdwyn op die oomblik!
Vir Blixer – 24 uur blogstilte 2009/02/16
Posted by Zee in Geloof.Tags: tragedie
add a comment
Jonathan
R.I.P.
Uit eerbied vir Samantha en haar en haar gesin se verlies gaan ek vir die volgende 24 uur ‘n blogstilte handhaaf, beide ten opsigte van blog inskrywings en kommentaar op ander blogs.
Blixer …. Mag God jou dra in hierdie moeilike tyd.
Die ontstaan van Valentynsdag 2009/02/11
Posted by Zee in Sommer net.Tags: Valentine
18 comments
Volgens navorsers, sê ouers is die mees gewilde persone wat Valentys dag kaartjies van hul kinders ontvang met ongeveer een uit elke vyf kaartjies wat aan hulle gaan. Onderwysers, kinders, vroue en geliefdes is ook bo-aan die lys. Volgens die navorsers, is word ongeveer 85% van alle aankope van kaartjies deur vroue gedoen. Additioneel van kaartjies, word miljoene bokse sjokolade en rose verkoop (hoofsaaklik deur mans) op 14 Februarie.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Maar waar kom Valentynsdag vieringe oorspronklik vandaan?
Valentynsdag het waarskynlik sy oorsprong van die antieke Romeinse fees van Lupercalis, wat 15 Februarie gevier word, gekry. Die feesvieringe is geleidelik geassosieër met die fees dag (14 Februarie) van twee Romeinse martelaars, beide St Valentine genoem, wat in die derde eeu geleef het. St Valentine is tradisioneel eerbiedig as die beskermheer van verliefdes.
Daar is egter ook sekere twispunte aangaande Saint Valentine, na wie die gewilde dag vernoem is. Argeoloeë, wat ‘n Romeinse grafkelder en eertydse kerk opgegrawe het, is nie seker of daar slegs een Valentine of meer nie was nie. Vandag erken die Katolieke Kerk ten minste drie verskillende heiliges was wat Valentine of Valentinus genoem was – van wie almal gemartel was op 14 Februarie – ten minste twee van hulle in Italië gedurende die derde eeu.
Die mees gewilde kandidaat is egter ‘n derde eeuse priester wat Christenskap gepraktiseer het en geheime huwelike uitgevoer het – teen direkte opdragte van Keiser Claudius II wat geglo het ongetroude soldate sou makliker by sy weermag aansluit. Die legende is dat Valentine ‘n nota aan sy vriendin (die gevangene se dogter) gestuur het wat sê “From your Valentine” voordat hy tereggestel is op 14 Februarie in 270 n.C. (Hierdie frase word steeds vandag prominent in kaartjies gebruik).
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Valentyn simbole
Dit is nie moeilik om die konneksie tussen die hart en Valentynsdag uit te “figure” nie. Die hart is in historiese tye verbind tot die oorsprong van alle emosies. Dit is eers later geassosieër met slegs die emosie van liefde. (Vandag weet ons dat die hart basies die pomp is wat bloed deur ons liggame laat vloei).
Dit is nie duidelik wanneer die valentyn hart vorm die simbool van die hart geword het nie. Sommige skoliere spekuleer dat die hart simbool, soos ons dit gebruik om ramanse of liefde uit te beeld, gekom het van vroeëre probeerslae deur mense om ‘n orgaan te teken wat hulle nog nooit gesien het nie.
Volgens legende is rooi rose die gunsteling blom van Venus, die Romeinse godin van liefde. Rooi is ook ‘n kleur wat sterk gevoelens vereenselwig. Kant is lank gelede reeds gebruik om dames sakdoekies mee te maak. Honderde jare gelede het vroue hul sakdoeke laat val wanneer hulle hul oog op ‘n man gehad het en hom daarmee aangemoedig. So het mense aan kant begin dink wanneer hulle aan die liefde dink.
“Lovebirds”, soos ons almal weet, is ‘n kleurvolle voëltjie wat in Afrika voorkom. Hulle is so genoem aangesien hulle so na aan mekaar sit soos verliefdes doen. Duiwe is simbole van lojaliteit en liefde – hulle paar lewenslank en deel die verantwoordelikheid van hul kleintjies.
Waar kom die “X” teken wat ‘n soen verteenwoordig vandaan? Hierdie tradisie het met die Middeleeuse gebruik ontstaan. Mense wat nie kon skryf nie, is toegelaat om dokumente met ‘n “X” te teken. Dit is voor ‘n getuie gedoen en die ondertekende het ‘n soen op die “X” geplaas om sy opregtheid te bewys. Dit is hoe die “X” ontstaan het as ‘n teken van ‘n soen onder aan ‘n brief.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Ander Valentyn tradisies
Die geskenk met blomme op Valentynsdag dateer waarskynlik terug tot so vroeg as die 1700s toe Charles II van Swede, die Persiese poëtiese kuns genaamd “the language of love” na Europa gebring het. Regdeur die agtiende eeu is ‘n blomme woordeboek gepubliseer wat toegelaat het dat geheime uitgeruil word met ‘n lelie en geselskap het plaasgevind deur ‘n ruiker van blomme.
Die roos, wat liefde vereenselwig, is waarskynlik die enigste blom met ‘n mening wat universeel verstaan word. Die rooi roos is steeds die mees gewildste blom wat deur mans vir hul geliefdes gekoop word. In meer onlangse jare het mense begin om hul geliefde blom vir hul geliefdes te stuur – in plaas van net rose. Van die gewildste blomme is lelies, tulpe, angeliere en madeliefies. Sjokolade in mooi versierde hart vomige boksies is ook baie gewild.
Blykbaar het geskenke van sjokolade en blomme nie die gewilde Valentynsdag kaartjies vervang nie.

Sedert 1915 het Hallmark, die leier in die kaartjie industrie, kaartjies ontwerp wat in koeverte gepos kon word. Die uitvinder, Joyce Hall het reeds so vroeg as 1910 begin deur kaartjies uit twee skoenbokse aan mense te verkoop. Hierdie Nebraska tiener met die groot idees, het ‘n enorme besigheid en wêreld heerskappy gebou. Vandag maak Hallmark kaartjies in 30 tale en verkoop hulle in oor die 100 lande.

Volgende Brad Pitt? 2009/02/03
Posted by Zee in Sommer net, Spesiaal.Tags: echopress, Spesiaal, tydskrif
22 comments

Boskind het hierdie voorblad ingestuur na die publikasie raad toe vir goedkeuring vir hulle nuwe tydskrif wat saam met ‘n reeks streek koerante in die Mopanie distrik in Limpopo uitgegee gaan word. Hulle web blad is Echopress en is ook op Facebook.
Hier dink ons almal sy rus nog bietjie saam met klein Franklin maar intussen was sy hard aan die werk om hierdie maatskappy op die been te bring. Boskind en JB… alle voorspoed met julle nuwe venture!
Nou ja, natuurlik verkyk ek my aan my engelkind!
Angelina se Shiloh-Nouve en Katie se Suri…. staan opsy!!















