Hoe emosioneel intelligent is jy? 2009/01/26
Posted by Zee in Sommer net.
Tags: brain teaser, gesondheid
trackback
Ek lees graag Finesse aanlyn en kom toe op hierdie oulike quiz af. Nogal heel gepas vir my gewees aangesien ek nog steeds op soek is……

Emosionele intelligensie is deesdae ‘n belangrike kriteria in meeste beroepe en beskryf jou vermoë om jou eie en ander persone se emosies te identifiseer, assesseer en te bestuur. Doen ons toets en bepaal hoe “slim” jy is as dit kom by jou emosies …
1. As jy in ‘n slegte bui is, haal jy dit uit op ander mense?
2. Kan jy agterkom as iemand “af” voel?
3. Is jy in staat om iemand anders se pyn of hartseer te hanteer?
4. Is jy in staat om jou gevoelens oor te dra en kan jy hulle verdedig op ‘n nie-afbrekende manier nie?
5. Is jy emosioneel afhanklik van ander mense?
6. Kan jy mislukking hanteer en weer opstaan daarna?
7. Is jy gemaklik in jou eie vel?
8. As ‘n goeie vriendin jou nie oorweeg om haar strooimeisie te wees nie, sal jy verstaan?
9. Is dit vir jou maklik om te lag, speel en grappies te maak met ander?
10. Sal jy jou lewe as betekenisvol, ryk en vol beskryf?
RESULTATE
As jy “JA” geantwoord het op meeste van hierdie vrae is jy op die regte spoor wat jou emosionele intelligensie betref. Jy het goeie beheer oor jou emosies en jy is bewus van jou patrone.
As jy “NEE” geantwoord het op meeste van hierdie vrae het jou emosionele intelligensie nog werk nodig. Om ‘n goeie emosionele intelligensie te bereik kan jy ‘n daaglikse joernaal hou van jou emosies om self-bewustheid oor jou emosies te verhoog. Dit sal ook help om verantwoordelikheid vir jou aksies en emosies te begin neem.
Ek het by NEE uitgekom……
Like this:
Be the first to like this post.
Leave a Reply
Hmmm…is dit ‘n toetsie wat ek vir ‘n slag pass??
Ek het 7/10 JA’S gekry.
Hoop dit gaan al bietjie beter, Zeetjie?
Oe, lyk my dis my beurt om spam te wees!
Ek slaag ook hierdie ene. Meeste ja’s. Lekker Maandag, Zee!
Ek het ook meer Ja’s as Nee’s gekry.
Myne stop op ‘n NEE. Glad nie vir my ‘n verassing nie….
ek slaag ook met ja’s!!!!!
hoop mamma voel gou beter
Ek het nogal verbasend 7 Ja’s gekry.
Lekker dag vir jou Zee
8/10
Lekker week verder.
Nimsi
Zee…wat beten dit as jy hard lag as ander mense val
ek is een van daai!
verskoon my maar is een van daai dae.
Zee
As ek na ‘n vraag soos 1 kyk, sit ek eerder met ‘n EQ van 0 voor ek aanvaar dat dit reg is om jou buie op ander uit te haal.
Rosa, ek doen ook daai ding!
Ek kan my lag nie hou nie – en as mense nog in glasdeure vasloop ook, skeur ek my!
Bygesê, ek is altyd die eerste een wat uitbars van die lag as ek dit self doen – sit sommer daar op die vloer en lag my alie af vir myself!
Hmmm… ja, EQ is uiteindelik die nuwe IQ. Ding predik al vir geruime tyd dat Ding, sou hy spruite hê, daarop sou fokus eerder om hulle EQ spierkrag te gee as hulle IQ. EQ is ook die nuwe snobsnede, skies, sinsnede, sleutelwoord. En tog, tog bestaan dit solank die mens al bestaan. Maar ja, in die ideale wêreld is die werklik emosioneel intelligente persoon nie die een wie ander met gemak manupileer nie, maar wie werklik opreg volwasse omgaan met emosie en die medemens. Maar ja, wil jy suksesvol wees in jou beroep? Ontwikkel en gebruik (lees misbruik) jou EQ! Dit WERK. Daniel Coleman is nogal met reg vader van die begrip. En in Suid-Afrika is Stephanie Vermeulen self ‘n kenner – na Ding se beskeie mening.
Ek het darem ook geslaag!!
(((Zee)))
Boendoe, ek wens ek kon net 5 reggekry het, maar werk hard daaraan!
Rosie en Dellie…. ek lag nie meer vir myself as ek val nie want dit gebeur nou te gereeld… ek wag vir die dag as ek in die skuifdeur vasloop en jy sien net glas spat… lol maar dit bly maar snaaks, tyd dat ek weer vir myself begin lag!
Ogies… ek dink nou nog aan jou raad as alles te veel word. Stop en gaan loer na Zeethan wat slaap!
Adrie, ek probeer hard om nie daardie no 1 te doen nie, maar partykeer kan ek myself net nie help nie!
Ding…….. ek gaan sommer net môre begin werk maak aan my misbruiking van my EQ by die werk
Ai julle wat meer JA’s het…. ek werk hard om myne ook na JA toe te verander!
‘n Mens moet nie TE krities wees met jou eie beoordeling nie. 70% van die vrae het jy jouself ge-onder-valueer. Ons wat jou ken kan nie onthou of jy ooit jou buie op ander uitgehaal het nie, en jy staan ALTYD weer op na ‘n teleurstelling (om net twee te noem). Al dink jy nie so nie, is jy ‘n voorbeeld vir ons ander. Luv u
Oulike toets – ek kon darem meer ja’s as nee’s antwoord!
Zee: die glas sal nie spat nie, dis gemaak van “safety glass” jy sal net terug bons.doef – vasloop en doef terugbons.
Jammer ek kom lol so aan jou. Ek het al oomblike gehad wat rou embarassing is, met moet maar lag.
Dellie: ons is seker maar ongemaklik die dat ons lag…:)
Dankie Zee
Jip, ek is emosioneel ongesteld. Moet bietjie werk maak!