jump to navigation

My girly stuff en manlief se skoolprojek! July 8, 2008

Posted by Zee in Sommer net.
Tags: , ,
trackback

Nikita het so rukkie terug vir ons haar girly stuff gewys.  Ek is ook die trotse eienaar van drie sulke pragtige poppe.

Hierdie een het manlief vir my 27 jaar terug gekoop en het so bietjie ‘n porselein dokter nodig, maar ek pas haar verder soos goud op.

Ek dink by nou weet julle al dat ek mal is oor babas en toe ek hierdie baba sien kon ek nie anders as om haar ‘n bly plekkie te gee nie!

Eendag browse ek mos maar weer so in die apteek rond en toe vang hierdie pragtige dingetjie my oog.  Nou ja, sy moes maar ook huis toe kom.

Ek vertel vir Nikita nou die dag hoedat manlief ‘n skaak stelletjie gemaak het vir sy baas se dogter se projek by die skool.  Hy het dit uit “dumbbells”  (dit is sulke lang ronde stokkies) gemaak en ek het nogal gedink dit is baie oulik gedoen.  Sy punte : 55% want die juffrou kon sien dat die meisiekind nie die stelletjie gemaak het nie.

Het jou ouers ook van jou skool projekte gedoen?

Comments»

1. Nikita - July 8, 2008

Zee! Dis PRAGTIG!! ek is GEK oor jou poppe…veral daardie slaap-enetjie…!!! en die SKAAKSTEL!! BAIE oorspronklik! ek wil hierdie stel ook op my blog sit later die week!! pragtig man!! oulike man wat jy het!!

2. meermin - July 8, 2008

Zee dit is so mooi, my juffrou’tjie het ook heelwat porselein poppe, twee van hulle die man en die vrou pop het tot even ‘n houtbankie!!

3. Pikkelik - July 8, 2008

Zee, jou poppe is amazing, ek sal net heeltyd daai tweede enetjie se bekkie wil soen! En daarie skaakstel, wel as ek nou vir manlief moet punte gee, niks minder as 99% nie! (Mens moet altyd een persent aftrek vir menslikheid… :twisted: )

4. neykie - July 8, 2008

Zee, ek het maar altyd self gesuffer om my skool take te doen of ek het dit net glad nie gedoen nie. :wink: my haas het dit versnipper juffrou….

5. Wipneus! - July 8, 2008

Ek is mal oor porselein poppe ;)

Oulike skaakstelletjie, hy kan geld maak!

6. A3 - July 8, 2008

Ek dink die enigste doel van skoolprojekte is om ouers en ander familielede te leer om dinge vir hulle kinders te doen!! Ek wonder hoeveel kinders het al heeltemal op hulle eie ‘n projek aangevat.

7. Dellie - July 8, 2008

Niemand het my ooit gehelp met take of projekte nie. En ek het ‘n punt daarvan gemaak om nie te veel te help met seun s’n nie – maar ek het eenkeer helemal oorboord gegaan en vir hom ‘n moerse plakkerskamp gebou – kompleet met wrakke, tuckshop, swartsak shaks, getapte elekrisiteit en al. Hy het die karretjies met ‘n hamer platgeslaan! Ek kan nie onthou hoeveel ek gescore het nie, maar ek het dit vreeslik geniet. :oops:

Jou poppe is pragtig. Daar is nie sulke goed in my huis nie. Net ‘n paar feetjies.

8. Adrie - July 8, 2008

Ek gril vir party porselein poppe.

My ma het eendag vir my broer ‘n kaart ingekleur. Sy het 7/10 gekry. Sy was highly disgusted daarmee.

9. Zee - July 8, 2008

LoL Adrie, ek sou ook vies gewees het. Mens doen mos effort vir die kinders dan behoort ons mos vol punte te kry.

My poppies is darem oulik ne!! (Nie grillerig nie :lol: )

Dellie, dit is amazing…..het jy nie foto van die projekkie nie?

Meermin, snaaks hoe ‘n mens accessories vir die poppe moet he. Ek het juis ook gaan soek vir die stoeltjie by die pers pop.

Manlief het lekker breed gesmile vir al die komplimente vanaand. Hy se baie dankie!! :P