My meisiekind word 21! May 13, 2008
Posted by Zee in Dig, Spesiaal.Tags: Dig, poetry, Spesiaal, verjaarsdag
trackback
Marcia, vandag is jy 21. WOW, ek kan dit nou nog nie glo nie.
Net die ander dag het ons hierdie ou foto’tjie van jou geneem.

Die jare het aangestap en vandag is jy hierdie pragtige meisiekind van my!!
Ek het spesiaal hierdie gedig vir jou geskryf vir jou 21ste verjaarsdag. Mamma en Pappa is baie lief vir jou en hoop dat jou dag baie spesiaal sal wees. Bly die mooi kind wat jy nou is!!
21 Seisoene
““
Die tyd van jou jaar in my hande
tel vandag 21 seisoene se blare
van mooiweer, van reen
en sonskyn en seen.
““
Jy gaan, dis reg..die klokke lui
wat `n nuwe tyd aandui
van meer en meer alleen besluit
ek is nog hier, nog al die tyd.
““
Die plek wat alles van jou is
en weerkaats hier tussenin
van al die jare se vertrou
tussen vrou en vrou.
““
Die kamer in jou oog weerkaats
van dinge wat ek nooit sal raak
alles los ek net so, soos altyd
deel van jou persoonlikheid
““
Jou warmte en skielike gelag
moet net hier bly en wag
dat ek dit elke dag kan deel
en nou en dan kan oorspeel.
““
Jy moet net weet dat elke jaar
n dag was, die tyd maar net `n blaar
van `n hele boom se bloei
waaruit jy nou moet groei.
““
Die huis sal joune wees
vir altyd en nog bietjie meer
kom terug en maak my bly
al weet jy, jy is vry.
““
21 Dink dis groot, ne?
my arms wag, jy mag kom le
soos kleintyd en nog troos vind
ek`s hier, nog al die tyd…my kind.
Gescribble deur Zee, gepolish deur Lyanda







Nou traan my oë darem maar verskriklik, hooikoors! Zee, baie baie geluk met jou meisiekind se 21! Mag daar vir julle nog oneindig baie mooi tye saam wees en mag julle nog baie jare vir mekaar gespaar bly. Marcia - Baie geluk en sterkte, hou maar jou knieë op die grond en jou oë op die hemel. En waardeer jou ma, sy is so kosbaar!
Baie geluk Marcia. Hoop jou lewe voor jou is gespaar van hartseer en dat alle uitdagings met entoesiasme uit die weg geruim kan word.
Ek is verbaas met die digkuns van die blogs.
Hi, Ma
Baie dankie vir die gedig, dit beteken baie vir my. Ek sal altyd in ma se arms kom lê en altyd ma se baby bly al is Zeethan daar. Dankie dat ma’le my vir 21 jaar groot gemaak het, maar dis nou my tyd om vir myself te sorg.
Love you lots like jellytots
Zee
Baie geluk. Dit is deesdae ‘n uitdaging om iemand groot te kry.
Marcia
Baie geluk. Mag jy die sleutel van mondigwording net op die regte slotte gebruik.
Baie mooi gedig, en baie, baie geluk met Marcia se 21ste, en Marcia baie geluk met jou verjaarsdag, mag die Here jou seën en jou regtig nog vir baie jare vir jou ouers spaar. Geniet jou dag verder.
Baie mooi meisiekind, baie mooi gedig.
Geluk met jou 21ste Marcia, en ook vir jou Zee!
Geluk Zee en Marcia.
Zee
Baie geluk met jou “baba” se verjaardag. Myne is vandag net die 1
Salomè, maar baie geluk jong! Hulle is darem te cute as hulle daardie ouderdom is!
Om 21 te word moet ons nie sien as prestasie nie, maar sekerlik as ‘n baie groot stuk genade en seen.
Pa en Zee, baie geluk met julle baba se mondigwording. Ek is seker sy waardeer alles wat julle vir haar doen.
Marci, baie geluk my doggie. Baie dankie dat jy so gewillig is om altyd vir mamma te help met Zeethan en nooit daaroor te kla nie. Baie dankie vir die kuiertjies in die aftreeoord. Ek geniet dit so. Baie dankie dat jy elke week ook my bed se linne kom ruil.
Genoeg van die baie dankies. Oums is baie lief vir jou. Geniet jou partytjie
Baie geluk vir Marcia en vir Zee! Moenie worry nie Zee, jongste dogters bly altyd hulle ma’s se babies!
Baie BAIE geluk met die herdenking van jou enigste mooiste meisiekind se geboortedag!! Mag julle altyd naby genoeg aan mekaar wees dat julle in mekaar se skaduwee kan koelte vind en vêr genoeg dat die sonnetjie op elkeen van julle kan skyn!
Liefies
BBx
Baie geluk!
♪Happy birthday to yooooouuuuuuu!!!♪
Marcia
Baie geluk met jou 21`ste!!
Mag al jou mooi wense waar word.
Flippit! Darie foto is mooi!
Marcia
Baie gelukk met jou verjaarsdag, Mag die sonskyn in jou oë altyd daarbly.
Zee,
Jy het ‘n pragtige dogter en daardie gedig is baie mooi het my amper na aan trane
Baie geluk met jou meisiekind se verjaarsdag. Mag God haar seën in hierdie nuwe lewensjaar!
Jou gedig is werklik pragtig!
PRAGTIG!
Baie geluk met haar verjaardag.
Zee, baie dankie vir al jou boodskappies en oproepe. Jy is ‘n uitsonderlike mens.
(((((Zee)))))
Sjoe, maar jou meisiekind is pragtig!
Marcia, jy is pragtig. Baie geluk met die spesiale verjaarsdag.
Zee, jou gediggie is ekstra spesiaal. Jy en Gypsy girl maak ‘n goeie span!
BAIE GELUK!! my een kind het ook gister verjaar…

Nikita, baie geluk, lyk my ons het nou al 3 blog “babas” wat op die 13de verjaar!
((((((((((((((((((((hugs))))))))))))))))))))))
Geluk- en …….sterkte….
Pragtige gedig, pragtige meisiekind.
Agteros kom ook in die kraal…
Jy het ‘n baie mooi meisiekind, Zee!