jump to navigation

The Pasta Diet and your Health May 8, 2008

Posted by Zee in Snaaks.
Tags:
trackback

Ek het hierdie posduifie ontvang en het tot die besluit gekom - geen “diet” meer vir my nie! :lol:

The Pasta Diet and Your Health

ITALIAN PASTA DIET — IT REALLY WORKS!! 

 

1. You walka pasta da bakery.

2. You walka pasta da candy store.

3. You walka pasta da Ice Cream shop. 

4. You walka pasta da table and fridge.

 

You willa losea da weight! 

 

AND… 

CONCERNED ABOUT TOO MANY CARBS IN YOUR DIET?

 

For those of you who watch what you eat,
here’s the final word on nutrition and health.
It’s a relief to know the truth
after all those conflicting
nutritional studies.

 

1. The Japanese eat very little fat
and suffer fewer heart attacks than
Americans.

 

2. The Mexicans eat a lot of fat
and suffer fewer heart attacks than Americans.

 

3. The Chinese drink very little red wine
and suffer fewer heart attacks than Americans.

 

4. The Italians drink a lot of red wine
and suffer fewer heart attacks than Americans.

 

5. The Germans drink a lot of beers and eat lots of sausages and fats
and suffer fewer heart attacks than Americans.

 

CONCLUSION

 

Eat and drink what you like.
Speaking English is apparently what kills you!

 

 …..SO NOU PRAAT ONS NET AFRIKAANS !!!!!!

Comments»

1. netjane - May 8, 2008

Dis daai pasta da bakery wat my probleem is!

2. Pikkelik - May 8, 2008

Wat van : You walka pasta the kitchen - en dan spring die bleddie kos sommer so in jou hande in…. Nee wat, ek sal maar ophou Engels praat! :lol:

3. Wipneus! - May 8, 2008

O die lekkerte van ‘n pasta met kaas……hemels…
serious girls ek gaan tot my oudag met hierdie gewig sukkel! :lol:

4. neykie - May 8, 2008

Dis hoekom ek trots afrikaans bly….

5. rosalindfranklin - May 8, 2008

Me, I walka pasta da Japanese, da Mexican da American, da German, da Italiano towards da braai.

6. Adrie - May 8, 2008

En ek het nog altyd gedink Engels is ‘n vreemde eksotiese dis. Nie geweet mens moet dit praat nie.

7. Zee - May 8, 2008

Roos, jy het my nou lekker laat giggel, eina, my mond is nog seer vannie tand trek gister :lol:

8. mklopper - May 8, 2008

Bacon Carbonara = best
maak dit met bloukaas, skulpie pasta, bacon carbonara sous, mushrooms, onions, green pepper…..kwyl ek nou…

9. Nikita - May 8, 2008

Oulik-snaaks! :)

10. meermin - May 9, 2008

Pasta pasta pasta hemels!!

11. Pikkelik - May 9, 2008

Basta pasta - vanaand soek ek ‘n dik rumbsteak (let wel nie beeshaas nie) oor nie te warm kole gebraai met aartappel en wortelslaai en ‘n lekker kaas-en-sampioensous vir die steak. Afgerond met volroom roomys met sjokelade sous. Nie sommer hierdie kakoa-sousies nie, bar-ones gesmeld met room!!!!

12. platterfuss - May 9, 2008

Hehe! EN ‘n *sug*

(((((ZEE)))))

13. Dellie - May 9, 2008

Flip, maar nou is ek lus vir pasta! Nee ek jok, ek gaan by Pikkie eet vanaand! :wink:

14. netjane - May 9, 2008

Ek dink gaan ook by Pikkie eet vanaand!

15. Pikkelik - May 9, 2008

♪♪♪♫Ons gaan lekker vet word, ons gaan lekker vet word…♪♪♪♫

16. Zee - May 9, 2008

Pikkie hoe laat sien ons almal jou vir die braai vanaand? Laat weet maar wat ons kan saambring :)

17. boendoe - May 9, 2008

Ha! Baie snaaks!

Zee, iets anders. Is jou mannetjie oor sy ergste tandekry? Ek onthou jy het nou die dag gevra of iemand weet wat kan help, maar my kop was bottoe. Onthou nou toe my kleintjie deur daai stadium gegaan het, het ek ‘n groot gedroogde perske gevat, ‘n gaatjie deur hom gedruk en ‘n dikkerige toutjie deurgeryg. ‘n ‘Necklace’ gemaak. (Wel, soort van!) Hy het so lekker gekou aan daardie droe perske, die spoeg het behoorlik gespat!

18. kaalvoetinireen - May 9, 2008

Ek wil ook braai, maar ek kan nie!!! Ek dink hier sluit hulle jou toe as jy ‘n oop vuur maak…ek weet net ek is al uitge-eet aan pasta! Hierdie lot moet net nie uitvind van die gevare van Engels nie, want anders pos hulle my terug SA toe en dan’s ek weereens sonder werk ;-)

19. Pikkelik - May 9, 2008

Zee - oor Boendoe se tandekry - ‘n lekker stuk biltong. Dit moet net nie te droog wees nie. Jy sal op hierdie stadium ALTYD ‘n stuk biltong naby my kry, in my handsak, doekesak, paneelkissie, kombuis, sitkamer!!! Orals, dis lekker sout en kou kan hulle kou!!! Terloops, Poppedyn in nou 10 maande oud en het al 8 tande!!! Sy is besig om die 9de te sny. :roll:

20. Pikkelik - May 9, 2008

Ek’s so besig met die tande ek vergeet van die vleisbraai!!!! Julle moet net kom man, ek sal sorg…

21. A3 - May 9, 2008

Jislaaik, waar kry julle nog geld vir vleis????????????

22. Zee - May 9, 2008

Ai, die braai was darem nou heerlik, dankie Pikkie. (O ja, ek kon nou nie help om pasta da bakery te loop vandag nie :lol: )

Boendoe, oor die tandekry, ai die klein mannetjie raak dodelik siek as hy tandjies sny. Pikkie, hy is nou 15mde maar nog net 7 tandjies het die lig gesien. Hy kry vreeslik koors, diaree (ai, die arme boudjies) en gooi verskriklik op. Dit is juis nou weer sulke tyd.

23. Pikkelik - May 9, 2008

Hi Zee, jong ek bestel altyd by Mopanie apteek in Nelspruit hulle ‘tandekry-mengsel’ Dit werk soos ‘n bom!!!! 5ml 3xpd… Miskien kan jou apteker hulle kontak vir instruksies… En ja daai brandboudjies - al wat vir myne help is ‘Antipeol’ , bietjie duur, maar binne twee dae is die boude gesond. En ek smeer na elke doekruil Bennots bumcream, sommer so dik, soos wanneer jy koekversier!!!!! Ek kan nie verstaan hoekom word baba’s met mangels en sonder tande gebore nie… Eers sukkel jy om die tande uit te kry, en dan moet jy die mangels laat uithaal…. :mrgreen: Sterkte…

24. Zee - May 9, 2008

Pikkie, dankie, ek gaan sommer my boet hulle vra om volgende week vir my van die mutie te bring as hulle van Moz afkom. Gaan bietjie die Antipeol en Bennots salfies probeer.

25. Lyanda - May 10, 2008

Lawie da pasta!!

Net ek en meisies innie huis eet pasta. Die manne se dis nie kos nie.

Rosalind…jy`s skreeusnaaks! Ek is mal oor braai, maar nie 1 vannie manne hieso braai nie, ek moet altyd die werk doen. So ons braai net 2 keer p jaar.
Wat wel lekker is, is pasta-biltong potjie. Mense! Kwyl ekke nou orie keyboard!

Ek is nie bang vir vet word nie….ek is VET.

26. Lyanda - May 10, 2008

Zee?

Jy reken ek is nou hierdie lelike pers gedroggie met vuurhoutjie beentjies?

Fantasties! Het heimlik nog altyd so gevoel gehad dat ek nie normaal is nie!

27. A3 - May 10, 2008

Lyanda, dis nog niks, het jy my gedroggie gesien. Nogal met horings!

28. Salomè - May 10, 2008

Nou wonder ek hoe ek sal lyk.

Zee
Ek is altyd op dieet. Als wat ek sien “die eet” ek. Na babie is ek hoeka te kort vir my gewig. Maar met pasta sal jy hierdie huisgesin se siel verkoop. Dis stapel voedsel by ons.

29. Salomè - May 10, 2008

Oooooooo okay. My dorings gedroggie kom saam hiernatoe.

30. Lyanda - May 11, 2008

A3, nou moet Zee baie mooi verduidelik.
Zee jy loop op dun ys….ys breek!….Zee loop met water wat tot keelhoogte reik!
Issit die invaders wat ek in my kop kry as ek pms het of wat? But never mind, ten minste is my lucky color pers!

31. A3 - May 12, 2008

Lyanda, die keer kom sy goed daarvan af. Kry haar toe voor stok oor die horings, maar sy weet te vertel dat die stelsel dit doen nie sy nie. Moet ons haar glo?

32. Zee - May 12, 2008

Ai, al wat ek kan se is dat ek julle gedroggies like :lol:

33. Jasper - May 12, 2008

Afrikaans is tops..
Veral as dit die siektes weghou :D

34. Roer - May 13, 2008

Ek wou net met jou begin baklei oor ek sien ‘dieet’, toe lees ek verder soos dit hoort. Baie snaaks. :lol: I hate-a any diet!

35. Zee - May 14, 2008

Pikkie, die tandekry mengsel is oppad van Mopanie Apteek. Dankie vir die inligting!

36. Pikkelik - May 16, 2008

Het jy al daai mengsel probeer???