Monkey see Monkey do! May 3, 2008
Posted by Zee in Sommer net.Tags: Sommer net
trackback
Dit het my nog altyd verbaas hoe gou kleingoed dinge kan aanleer deur net jou voorbeeld te volg.
TOILET TREK SESSIE
Zeethan het gou die kuns bemeester om die toilet te spoel. Nee, hy is nog op die doeke!
DIE STORT SESSIE
Dan die stort, ai ai, as hy kans kry probeer hy sy kleertjies uittrek en dan wil hy net stort.

DIE TANDEBORSEL SESSIE
Een dag het hy so geskreeu dat ek maar die tandeborsel saam kleuterskool toe moes stuur.
THE ULTIMATE
Hy lief om saam met my op sy eie lappie te werk. Ok, ook nie vir te lank nie dan soek hy die real macoy!









Te kostelik vir woorde!
Hi Zee, die mannetjie is te oulik!
Baie cute, my kind was ook in die doeke toe hy voor my rekenaar gewerk het, hy het my rekenaar TWEE keer laat oppak…
toe hy so 4-5 was, het hy iets van Excel geweet wat my man nie van seker was nie. Daardie aand, hy het al geslaap, maak my man hom wakker om hom op Excel te wys wat dit is wat hy wou weet… dit was snaaks! Vaak-vaak sit hy daar en wys hom… ons praat nou nog daaroor! oppas…dit gaan met julle ook gebeur! vandag sit daardie einste outjie met sy eie rekenaar, self gebou, alles self van die internet met sy eie sakgeld bestel, self besluit watter moederbord…ens ens ens… daardie kleintjie van jou is net die begin…jy’s gewaarsku…lol!
Lyk hy hou vir ouma mooi jonk en op haar tone!
Sweet, sweet, sweet…. Die kinders hou ons jonk en aan die gang. Daai mannetjie gaan nog miljuisende hartjies breek. Hy is darem die mooiste kind….
Die tandeborsel foto is die mooiste! Ja-nee, hartebreker se moses.
Hehehe… daai toilet trek storie kan vrek ongemaklik raak as jy nog op hom sit! Maar Triston het darm nou geleer dat daar eers gepipie moet word voor hy mag ketting trek!!
mens kan sien hy bring julle tonne geluk en gaan julle nog tonne geluk bring. hy is absoluut opvreetbaar….
Ag hy’s pragtig en duidelik baie slim. Aard hy na sy Ouma?
Laat my nou dink aan my tannie, wat haar kleuter moet roep om iets op die sel te doen. Hy weet waar die kamera is en hoe om te mms. Ek sweer die snotkop (4) kan lees ook. Hy bel die wereld warm en glo my - hy weet wie hy wanneer bel.
Jy het ‘n pragtige seun
Jy het ‘n dierbare kleinding!
Mag God julle seën!
Engelkind daai! x
Pragtige seuntjie en slim ook!
Hi Zee, hy’s te oulik.
Myne (nou 3jaar) se gesiggie het onlangs sommer opgehelder van blydskap toe hy vir homself water uit die watermasjien kon tap en betyds die “knip” te kon los sodat die water nie oor die glas loop nie. Dit was vir my te oulik. Hy drink omtrent nou elke 5 minute water.
Lekker aand Zee
as jy die kannetjie nie maar wil he nie, pass hom aan ek sal hom al die stoutigheid leer lol.
Wens ek nou my knapie wil ook begin stort. Hy soek net bubbles in sy bad. Wil niks weet van stort nie want daar is nie bubbles nie….
OOOO Jasper, weet jy wat jy vra…. Myne het Februarie toe ons met vakansie was geleer stort… en stort… en stort…. en stort en die water loop en die water loop en die water loop… en hy stort en hy stort… (Kry jy die boodskap????)
Pikkie, hierdie en stort…. en stort…. LMGA ons het dieselfde probleem, hy hou sommer daarvan om net in die stort te speel ook, waar ook al ons gaan en daar is ‘n stort in die badkamer klim hy daarin en wat ‘n geskreeu om hom uit te kry!!
Ag, hy is so pragtig, ek is mal oor hom
Ag, te dierbaar vir woorde! Regte Mr Executive daar voor sy lappie!
te cute vir woorde! ek ken ook ‘n paar kinders wat so van stort hou…dis een groot jol!
Ag, hemel, Zee! Hy is dierbaar!
Baie oulik! Stuur hom Sandput toe. Ek sien klaar hy is ingeneur materiaal!
Sal sy mentor wees. Hier is BAIE torings om te bou.
Grootneus
Mr Executive die ingeneur gaan Sandput toe. LoL
Arabier, lekker om jou weer hierso te sien, hoop dit gaan goed innie Sandput!