Kinder gebedjies

Hierdie was vir my net te precious om nie met julle te deel nie!

 faith5.jpg

Liewe Jesus

Ek het nie geweet oranje pas by pers nie, totdat ek  die sonsonderganggesien het wat U Dinsdag gemaak het! Dit was so   mooi!

~   Amanda Cloete 

Liewe Jesus

Moes die  kameelperd so lyk of was dit’n ongeluk?

~   Amelia van  Eck 

Liewe Jesus

In plaas van om mense te laat doodgaan en heeltyd  nuwes te moet  maak,hoekom hou U nie die wat U nou het  nie?

~   Lana Van Zyl 

Liewe Jesus

Wie het die  strepe om die lande getrek?

~    Pedro  Geldenhuys 

Liewe Jesus

Ek was na ‘n troue en hulle het mekaar  sommer daar in die kerk gesoen. Isdit reg?

~   Bernie  Edmunds 

Liewe Jesus

Dankie vir my baba boetie, maar ek het vir ‘n  babahondjie gebid!

~    Natasha Lake 

Liewe  Jesus

Dit het die hele vakansie gereen en was my pa kwaad! Hy het goeters oor  Ugesê wat ‘n mens nie veronderstel is om te se nie, maar ek hoop  maar datU hom in elk geval nie sal seermaak  nie.

~   Jou vriend (ek gaan nie se wie ek is  nie)  

Liewe Jesus

Stuur asseblief vir my ‘n ponie. Ek het nog nooit  voorheen vir iets  gevra nie, U kan dit maar naslaan!

~   Clyde Codison 

Liewe Jesus

Ek wil net soos my pa wees as ek  eendag groot is, maar nie met    soveel  hare oral oor nie!

~   Kirk Julius 

Liewe Jesus

Ek dink soms  aan U, selfs al bid ek nie.

~    Hud Le Kay 

Liewe  Jesus

Ek wed dit is moeilik vir U om al die mense in die wereld lief te  hê.Daar is net 4 mense in ons huis en ek kan dit nie doen  nie!

~   Amelia van Eck (alweer) 

Liewe  Jesus

Van al die mense wat al vir U gewerk het, hou ek die meeste van Noag enDawid.

~   Celeste Adams 

Liewe Jesus

My broer  het vir my vertel van hoe ‘n mens gebore word, maar dit klink .   Nie reg nie. Hulle maak seker net ‘n grap ne!

~   Naseema Limbada 

Liewe Jesus

As U my  Sondag in die kerk dophou, sal ek vir Jou my nuwe skoene wys!

~   Amanda  Cloete

Liewe Jesus

Ons het in die skool geleer Thomas Edison het  lig gemaak, maar in    dieSondagskool leer ons U het. Ek  wed hy het Jou idee gesteel!~   Donna Liewe JesusEk dink nie enige iemand kan ‘n beter God  wees as jy nie, en ek se ditnie net omdat U alreeds God is nie,  ne!

~   N Lake 

 Liewe Jesus

Miskien sou Kain  en Abel mekaar nie so doodgemaak het as hulle elkeenhulle eie kamer gehad  het nie. Dit werk vir my en my broer!

~   Clint Van Buuren  

     

22 comments on “Kinder gebedjies

  1. Ja- nee dis ougat, my 1 kleinkind het eendag aan tafel gebid; dankie Liewe Jesus vir die lekker kos wat my mamma alleen gemaak het.

  2. He he! Te oulik vir woorde! Hoop dit gaan ok nog? Mail my as jy weer wil gesels hoor, ek het bree skouers! Lekker aandjie, Marinda

  3. ‘n Epos wat ek onlangs ontvang het . . .

    DIE DIERBAARSTE OOIT!!!

    Die briefie is deur ‘n kind aan Liewe Jesus geskryf. Dit het in die
    gemeentebrief van Kuilsrivier verskyn:

    Liewe liewe Jesus,

    Ek hoop nie ek is te laat met my briefie nie, want oupa is baie siek. Nou wil ek net gou-gou vir Liewe Jesus vertel wat oupa van hou, sodat as hy
    in die hemel kom, als reg sal wees. Liewe Jesus, sê tog vir ouma sy
    moet die afval en doekpoeding reghou, want ek dink oupa sal honger wees
    as hy daar kom. Jesus weet mos self hoe ver is die hemel van die aarde
    af en as mens so ver gery het, is mens baie honger. Sorg asseblief dat
    daar baie boeke is, want oupa het graag gelees toe hy nog jonk was. Hy
    hou niks van katte nie, want hy sê dit laat sy bors toetrek. Hy’s mal
    oor honde, so dit sal goed wees as liewe Jesus vir Brak wat verlede jaar dood is, daar kanhê. O ja: Liewe Jesus, oupa snuif en net Singleton, dit
    sal nie help om anner snuif te koop nie. Liewe Jesus gaan net die geld
    mors.

    Dan een laaste ou gunsie: My oupa het nooit van blink goeters gehou nie,
    en ek lees in die Bybel die strate in die hemel is van goud. Ag Jesus,
    dis nie dat oupa ondankbaar is nie, maar hy sal eerder daarvan hou om in die veld tussen die voëltjies en diere te bly. So asseblief, as ouma daar in die blink strate bly, laat sy asseblief dadelik bos toe trek, want as oupa daar kom, sal sy by hom wil wees. Ek dink ek het nou als gesê wat ek
    moet.

    Stuur hierdie xxx vir ouma.

    Ek lief Jesus duisend, Liewe Jesus.

  4. Kids is so snaaks! ‘n hele ruk (jarre) terug ini kerk waai ‘n dogtertjie (5-6 jaar oud) heeltyd met haar handjie – ‘n by het om haar bly rondgevlieg – en kort voor lank steek die by toe nou ook die kind. Skree sy: “EINAAAA!!! Pik so ‘n foppen mot my nou!!!” :lol:
    Hmmm – dalk moes ek ook die kinders elkeen sy eie kamer gegee het toe hulle klein was ;) – maar dankie tog hulle lewe nog!!

  5. Bottertjie, gee bietjie ys om aan te suig, of daardie theething rings wat jy in die deepfreeze sit. Jy kan ook van die gel by die apteek koop aan smeer wat die tandvleisies so bietjie verdoof. Koop ook van die teething biscuits. Ek sukkel nou al 3 maande met klein Zee met tande sny. Die arme boutjies ly maar lekker daaronder. Hy kry baie koors en sy ou neusie loop konstant as hy tandjies sny. Ek wonder of daar een van die ander dames het wat ons altwee sommer beter raad kan gee.

  6. Hallo almal, dit was nou lekker om te lees. My seuntjie was drie en die sondagoggend in die kerk is dit nagmaal. Toe die ou omie met die bordjie met broodjies verby kom se die klein klits kliphard, Mamma ek wil asb ‘n broodjie met jam op he. Almal in die kerk het omgekyk en so gelag.

  7. Maritsa, welkom hier!! Ai, ek hoop jy het toe darem maar vir hom ‘n ou stukkie brood gegee al het dit nou nie jam opgehad nie :)

  8. My kleindogter word 4 jaar oud. Ek wil graag n maklike en kort gebed vir haar leer. Ek het die een vergeet wat my ouers my geleer het. Iets van kindjie klein, maak my hartjie rein. Kan iemand help asb.

    Bettie

  9. Die hele oud-Afrikaanse gebedjie was:
    “Ek ben een kindjie teer en klein,
    Here maak my hartjie rein,
    Dat ek Liewe Kindjie mag sein.
    As ek met my Here Jesus alleen,
    Dan moet ek met my Here Jesus gaan,
    Dan is al my klagte gedaan. Amen.”

    Toe ek so 3/4 jaar oud was het my Pa my net ‘n kortetjie elke aand laat bod (my Pa was ‘n 1899 model, en het nog baie dingetjies in Hollands gepraat, veral rondom die Bijbel’)

    Ik ben ‘n kindjie klein
    Jesus, maak my hartjie rein
    amen

    Hoop dit help

  10. Dit iss soos wat ek dit onthou en ook vir my kinders en kleinkinders geleer het. Hoop dit help.

    Kindjie Klein, hartjie rein. Niemand woon, Jesus alleen. Amen

  11. Hello ekt twee seuns drie en nege jaar oudste het agterstand ek soek graag gebedjies wat ek vir hul kan leer mag u n wonerlike dag he

  12. Liewe Jesus, Pas jouself asb mooi op, want as jy iets oorkom is dit tickets met ons almal.
    Dis ‘n gebedjie wat my seun van 9 een aand gese het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s