jump to navigation

Blou bul of Leeu? March 7, 2008

Posted by Zee in Dig.
Tags: , , , ,
trackback

bulls.jpg 

Wen of verloor

Ek gaan `n tantrum gooi
Want ek sien net rooi
Ek is `n Bul in Blou
Dis al waarvan ek hou

Jy dink die Bul maak `n grap
Hy gaan jou flenters trap
Jy weet mos rooi is vir bloed
Jy moet maar jou mammie groet

`n Blou Bul kry nooit seer
`n Blou Bul probeer altyd weer
dis die sportman-gees
ek WIL `n Blou Bul wees!

Die Bulle gaan die drieë oorstuur
Vyf punte teen die muur
`n Bul ken van tackle
maar die rooies kan net sukkel!

Wen of wen of wen
Jy sal die Blou Bul ken
As jy deur die skrum getrap is
En jy vir maalvleis geskrap is!

Ek haat die rooi merke van die jufrou
Gaan terug na haar toe rooi-ou
Gaan tel eers tot by tien
Die Bulle gaan jou wen!

Die punte gaan net meer word
Jy moet jou hart maar uitsort
Jy kannie rugby speel ou rooi
Die Bulle sal jou looi!

Jy dink jy`s koning Leeu se gat
Jy kan `n bal nie vang ou maat
Gaan speel daar in die sand
Die Bulle sal jou vingers brand!

`n Bul kan skop, `n Bul kan duik
`n Bul kan die bal by jou gryp
`n Bul sal jou in die grond in speel
`n Bul word gou met rooi verveel.

Wen of verloor
Die spel is oor
Die punte is hier voor jou oë
Die Bulle is heeltemal voor!

Gescribble deur Zee, gepolish deur Lyanda

blou-bul-bo.jpg

Comments»

1. rb - March 7, 2008

Ag nee, sies, hy lyk vreeslik sleg in die blou klere. Trek asb eerder vir hom so ietsie navy of ietsie met sulke wit en blou strepe aan. HEHEHE
(Ekself is nie eintlik seker watter kleure nou eintlik Stormer is nie)

2. A3 - March 7, 2008

Kan nie glo dat julle bul-grootmense die ou kleintjies so intimideer met klere nie. ‘n Ou rooi truitjie sou die wit krulhaartjies baie meer laat uitkom het. (Of dalk ‘n ou wit hempie met geel in) Enige iets behalwe blou. Grappie!!!!!!!!!!!

3. Bottertjie - March 7, 2008

ABSOLUUT BEFOKKEN OULIK! Te cute vir woorde! Hy’t beslis die regte trui aan. Wil vir my Z ook ene kry, maar sy groei so vinnig nou, sal eers bietjie wag. Mmm, dalk kan klein Zee my klein Z se boyfriend wees eendag, hy lyk of hy nogal ‘n hunk gaan wees!

4. Zee - March 7, 2008

Hehe Bottertjie… ek pos sommer vir jou ‘n blou bul T-shirt vandag. Ek sit met size 000 - 3jaar! :lol:

5. Zee - March 7, 2008

Botterjie, ek dink nou net… as ek en jy sê klein Z gaan hulle nie ‘n clue hê of ons nou van ons eie praat of van die ander een nie :lol:

6. wag-ʼn-bietjie - March 7, 2008

Hy is net een woord: CUTE!

Mag die beste span vanaand wen…

7. Lyanda - March 7, 2008

As dit is hoe `n toekomstige wenner lyk, kan die Blou Bulle net wen!
Klein Zee, maak daai tree tot oppi rugbyveld!
Uhm…maar ek voel nog effens verraai oor daai steel-3 van so 3 weke terug. Sal maar my span MOET vergewe, ja?
Bulls bo!

8. boendoe - March 7, 2008

Absoluut aaklige outfit vir so oulike klein seuntjie!!! Blou is definitief NIE sy kleur nie! :P

9. vygie - March 7, 2008

Nee wat skree nie vir een van hulle nie, maar Zeethan lyk so mooi….ek sal maar net die een keer vir die Blou Bulle skree. Dis net die een keer, hoor. Een keer. Een.

10. Sammi - March 7, 2008

Ag TE oulik, Zee!

11. Lyanda - March 7, 2008

31 - 17!
Die beste span het natuurlik gewen!
Shame…iewers le daar net een rooi bloedstrepie oppi rugbyveld.
Zee….jy kan maar jou gedig WEN noem. Die Bulls ken nie van verloor nie!

12. Zee - March 7, 2008

Thanks Lyanda, die gedig is dan nou amptelik herdoop na WEN! :)

13. A3 - March 7, 2008

Ag ja……….wat kan ek na vannaand se wedstryd se !!!!!!!!!!!!!!! Maar blou is nog steeds nie Zeethan se kleur nie.

14. Arabier - March 8, 2008

Oulik!
En dan ondersteun hy nog die regte span ook! Dit maak hom Ougat!
Grootneus :)

15. Jo-Ann Schou - March 8, 2008

So mooi kind. Sal nog mooier lyk in ‘n Stormerspakkie. *sug - uiteindelik ‘n wen*

16. KruidjieRoerMyNie - March 9, 2008

Mooi man. So moet ‘n klein bulletjie mos lyk. Zee lyk pragtig in sy Blou Bul hempie!

17. Dellie - March 10, 2008

Dit was sekerlik Zee se toedoen dat ons geluk so bietjie gedraai het! Hy lyk te ougat in sy Bloubul hempie! Dankie Zeethan! :lol:

18. Bottertjie - March 11, 2008

Ja, dis nogal ‘n penarie, die Z’s. Ek sal maar van my “Blommie” praat, dan weet ons wie is wie.

19. Skoor - March 14, 2008

Vir wat beneuk jy die kind se aura met die paar plat horings? Aag nee regtig Zee, ek het eerlikwaar meer van jou gedink.

Roer? Jimmel, hier moer nou mense uit kaste waar ek gedink het Disas geplak is.

Ek moet nou eers ‘n knertsie rooibos tee neem vir die skrik. Verskoon my.

20. Zee - March 14, 2008

Skoor, hehehe, sussie het hoeka vir hom blou bul horings laas Vrydagaand gekoop! :lol:

21. boendoe - March 14, 2008

Damn, Zee, ek het juis vir die mannetjie sulke oulike oranje Cheetah slippertjies gekoop! Ek neem aan ek hoef dit nie eens te stuur nie?

22. Zee - March 14, 2008

Boendoe, hy kan maar in die slippers slaap :lol:

23. Lyanda - March 14, 2008

Dit lyk my…hier`s so paar jaloerse rooi-miere, oranje-stink afrikaners en 1-week dooie snoekke. Swak verloorders!
Klein Zee vir gelukbringer!