Jy vra 2008/03/04
Posted by Zee in Dig.Tags: Gediggies
trackback
Jy vra
Jy vra van al die waaroms en die hoekoms
jy vra ook van ons twee se toekoms
jy vra of ek altyd net hier sal bly
ek wil uit, want daar`s jy….
Jy vra vir my watter draaie ons gaan ry
jy vra vir my wat jy nog hier uit kan kry
jy vra vir my of ek ook sal mediteer
ek vra hoekom voel alles dan net seer?
Ek wil aangaan met my lewe
en verder as jy dink
ek gaan aangaan met my lewe
en doen wat ek goed vind.
Jy vra waarom wil ek dan uit hier
jy vra of ek voel soos `n vasgekeerde dier
jy vra dat ek terugkom in jou hok
ek vra waarom sal ek hieroor jok?
Ek wil groei en dis baie ver vandaan
verder as wat die gedagtes ooit kan gaan
jy dink nog ek draai hier dan`s ek ver
verby jou houding en die dinge hier.
Jy vra net elke keer waar kom ek vandaan
jy vra nie werklik hoe dit met my gaan
jy vra of ek van hierdie huisie hou
ek sê net jy vra die verkeerde ou.
Jy vra net heeltyd en so aanmekaar
jy vra en vra, plaas dat jy jou asem spaar
jy vra en jy weet dit is verniet
ek vra jou hou nou op met hierdie lied.
Lyanda
RSS - Posts









Zee,
Hartseer gedig – Verhouding verby sy sperdatum!
Ek is so bly dit is nie hoe ek voel oor my man!
My huweliks sertifikaat het gelukkig nie ‘n “expiry date”!
EK (‘n gediggie)
Druppels eie
wat in die grootsee gly
oorspoel die breinsein
kortsluit die bewussein.
(dis ook van toepassing hier)
groetnis
Ja, dis baie hartseer.
Seer-seer…
Ken ook daardie vrae.
Die verskil is dat ék die vrae gevra het, met spyt wat te laat gekom het.
Baie mooi verwoord, Lyanda.
Dankie Zee, jy’s ‘n mens-mens, so met jou eie seer, is jy sterk vir ander.
Grootneus
Baie mooi, Zee. En baie seer.
(((Grootneus)))
Ek wens ek het van hierdie vrae nooit leer ken nie. My geval dieselle as Arabier, spyt ook te laat gekom. Maar hoe maak jy reg???? Is daar ‘n wonder middel??? NEE!
Hallo stranger ag ek meen sterfling, sommer vir jou ook ((sterfling))
Hartseer, hartseer! Einde van ‘n paadjie saam.
Eina.
Gelukkig val ek nie in die kategorie nie, maar dis jammer dat daar wel so baie is wat wel hierby aanslag vind. Ons lewe is so “weggooibaar” Nie eens ons maats hou vir altyd nie.
Hi Zee,
Dis baie sad……..