Dagga

Ek het so met my surfing op die net op ‘n blog afgekom wat dink dagga is glad nie verslawend nie.  Een van die comments het my na Loki Listens toe gevat.  Ek het vir hom ‘n e-pos gestuur en gevra hy moet vir my vertel hoekom hy dagga gebruik.  Hier is sy antwoord aan my.

Zee,

After thinking about this blog entry for you, I’ve realized that there’s not much that can be said that isn’t already said better elsewhere.  I think the best thing your readers’ can do is to check out the link below for Top 10 Pros and Cons of Medical Marijuana.

Medical marijuana pro con

After that, think about who said each thing.  Doctors are saying the Pros and US Government is saying the Cons, in almost every case.  Whose best interest do you think it would be in each instance.  While I would never argue that marijuana is not harmful, I do feel that it is no more harmful(most likely much less) than the use of alcohol or even tobacco.  You hear a lot of stories of ‘potheads’ who have no focus and seem ‘brain dead.’  What you hear is the worst of the worst.  The world is never as evil as some people would like me, and you, to believe.  It’s actually quite nice here.

Then there’s me.  Smoking almost daily for 10 years now.  No signs of physical or mental deterioration.  I’m just one person.  I can’t change the laws or the way people react to them.  But if we all thought together instead of thinking apart, we might find a safe happy solution to problems like this.

Zee, I am honored to have written this, with the utmost sincerity to you.

Jack
I Listen.

Thanks!
Jack Lhasa
http://www.associatedcontent.com/qualityzen

Wat dink julle?  Is dagga verslawend of nie?  Vir my bly dit maar ‘n dwelm wat jy aan verslaaf kan raak wat kan ly na die volgende stap…. harde dwelms! 

34 comments on “Dagga

  1. Ek het ‘n vriendin – nee, nie Lisa nie :mrgreen: … haar man is verslaaf aan Grandpa’s – dis nou al so erg dat hy nie minder as 10 per dag gebruik!! Hy drink ook gereeld – ek weet dat die Grandpa’s nie die alkoholmisbruik getrigger het nie, maar andersom dalk? – teen die tyd dat hy sy 5de of 6de pakkie sluk (dis nou om en by teen aandete) maak sy vir hom ‘n slaappilletjie fyn en vou dit netjies in die pakkie saam toe… haar verweer? : Sy reken sy doen dit vir sy eie beswil: eerstens drink hy minder (drank) en ook die helfte minder poeiertjies – tweedens gaan slaap hy eerder as om hulle aande te versuur. As hy by ander mense kuier, moet sy altyd sorg dat sy poeiers byderhand is – sy dokter by voorbaat daarvoor ook een. Hy wonder hoekom hy nie meer kan ‘deurnag’ op ‘n kuiersessie nie. Skryf dit maar toe aan ‘ouderdom’. Ek kan haar nie veroordeel nie – maar skep sy nie nou daarmee nog ‘n afhanklikheid nie? en which of the two (three) evils is better??
    Sad, nê!?

  2. Dis ‘n moeilike vraag Zee. Ek dink sommige mense het waarskynlik meer van ‘n geneigdheid tot verslawing as ander? Ek weet vreeslik min van dwelms en verslawing, maar ek het nog altyd vir myself gesê one thing leads to another. En daarom het ek nog altyd nee gesê vir enige dagga wat vir my aangebied is, maar ek mag verkeerd wees. Dit hang seker af van persoon tot persoon. Een van my vriende se pa sê altyd: enige iets met ‘n “te” is sleg, behalwe te voet en te perd.

  3. ‘n Vriendin van my se seun was verslaaf aan dagga! Hy is in tussen dood! Sy lewe is verwoes deur dagga! Hy was ‘n talentvolle seun, maar dagga verslawing het sy lewe verwoes! Hy wou so graag daaruit kom! Hy kon nie! Sy gesin het baie gely! Ly nog steeds!

  4. Zee,

    Daar is absoluut GEEN voordeel aan dagga nie, en mense wat so se wil net hulself en ander oortuig dat die neem van dwelms fine is. Ek noem dit skuif van verantwoordelikheid.
    Dagga is in antieke tye as medikasie vir pyn gebruik en nou beweer hulle dit is medisinaal. Daar is honderde pynstillers wat beter is as dagga en nie jou brein negatief aantas nie.
    Dagga verader letterlik die stuktuur van die brein. Na jare van gebruik, raak jy fisies “dommer”.
    Dit tas jou lewer aan, dit is 5 keer meer gevaarliker as sigarette vir die longe en keel, dit vermeerder die kanse op psigose met 40 %, dit word verbind net fetale-breinskade as die ma dit rook, die lys (almal uit bewese studies) is so lank as my arm.

    Dagga is verslawend en hoogs skadelik – ons het maar net gewoond geraak daaraan. Na alkohol is die die dwelm wat die meeste ter wereld gebruik word.

  5. Die wetenskap werk met portuur-evaluasie en selfs in die pro-lys slaag dit nie die toets nie, want dit is net aanhalings van mense. Dit kom nie uit portuur-evaluasie joernale nie. En wanneer dit nie die geval is nie, is daar geen gewig aan nie.

    Medies gesproke wanneer mens erge pyn het, gaan dagga nie veel help nie en dit tas jou brein aan.

    Daar is skitterende, klinies getoetsde pynmiddels waarvan die newe-effekte bekend is. (Indien ‘n newe-effek so so aard is dat dit gevaarlik is sal dit nooi goedgekeur word nie, kliniese toetse kan tot 15 jr duur).

    Ek persoonlik, indien ek kanker sou he of enige ander pyn sou he sal ek defenitief nie dagga rook nie. Al is ek terminaal. Daar is in elk geval middels wat meer effektief is.

    En die feit dat dagga natuurlik is en daarom is dit goed is twak, slanggif is ook natuurlik! Asook tabak en sianied.

  6. Kannabis is ‘n dwelm. Punt.

    Die gebruike van die deriwatief hemp het voordele, maar die rondkyk twak is degeneratief. Maak nie saak wat die gebruikers daarvan kwytraak nie.

    Ek het ‘n vriend verloor agv dagga. Hy woon vadag ‘n lewenstyl van ‘n 2 jarige en kan nie eens self eet nie. Hy het nooit ander dwelms gebruik nie….

  7. Ek lees so ‘n rukkie terug in die Huisgenoot (ja, ek koop dit nog steeds! :oops: ) dat Dagga nie verslawend is nie. Nogal in die “klaskamer” deel waar daar gemik word op kinders???

    Jy weet van my vriendin se dagga-drama met haar seun. Ek ken ook ‘n paar mense wat baie gereeld dagga rook. Ek ken hulle ongelukkig nie SO goed dat ek rerig kan sien hoe dit hulle lewens beinvloed nie. Maar ek dink ook dat enige dwelm verslawend is, anders sou ons dit mos oor die toonbank kon koop?

    BB praat so van Grandpa’s – twee vriende van my het dieselfde ding daarmee. Hulle kan nie lewe as daar nie Grandpa’s in die huis is nie. Ek skat hulle drink elkeen ook minstens 6-10 per dag? Kan mens dan heeldag so hoofpyn hê? Die kinders begin nou al vir Ma Grandpa’s “wegsteek”, ander drink Pa alles! Ek verstaan dit ook nie. Kan mens dan aan Grandpa’s ook verslaaf raak?

  8. Hi Zee

    Wel ek het al gesien , waartoe mense instaat is wat dagga rook, die rook van die plant en veral die sade maak jou heel `n ander persoon,hetsy agressief,hardhorend,glaserige oe, hardegat (stubborn) baie slim en sit jou meestal in `n beswyming,(trance)Dit het ook op die langduur `n negatiewe effek op die breinselle.

    Die rook van dagga maak jou meestal wetsongehoorsaam.

    Dagga wat getrek word in water en afgekook word het nie dieselfde effek wat daggarokery het nie en kan mediese voordele he, maar beslis nie die rook daarvan nie, daarvoor het my eie oe al te veel aanskou.

    Ja dit is narkoties en is `n dwelm punt.

  9. Hi Zee,

    Dagga is die deur na ander dwelms. Ek het dit aanskou met die hele “Jan” episode. Die man het eers net dagga gerook. Toe hulle hom opspoor was hy hoog op ‘coke’ en ‘heroien’. Dagga is gif, en soos Rosa sê dis natuurlik, maar poppysaad is ook natuurlik. Dit bly dwelms.

    Groetetjies
    Sonneblom

  10. Hi almal, baie dankie vir al julle insetsels. Ek weet ook verseker dat dagga ‘n euwel is. Dit is snaaks soos julle hier se dat mense wat dit rook wel ‘n “excuse” het hoekom hulle dit rook. My seun het baie keer vir my gese dat dit ‘n herb is en dat dit goed is vir jou. Ek het hom natuurlik nie geglo nie, en soos Sonneblom se, dit is die deur na ander dwelms. Maak nie saak wat ander se wat dit al hoe lank rook nie. Hulle is net BAIE gelukkig dat dit nog nie verder is nie, maar dit tyd gaan kom.

    Rosalin, baie dankie, ek kan sien jy het bietjie nagevors.

    Jasper, ek kan partykeer sien my kind “loose” dit. Hy kan nie onthou wat hy gister vir my gese het nie dan stry hy lewe en dood oor die onderwerp.

    Ek deel graag met julle hoekom ek so stil was hierdie naweek.

    Seun is Vrydag toegesluit. Hy het (saam sy verloofde) goed van ‘n toonbank van ‘n droogskoonmakery ter waarde van R6000 gesteel. Dit vreet aan ‘n ouer om te dink jou kind is in die tronk. Ek wou nie met hom praat nie. Ons het hom jare terug gewaarsku dat as hy so aangaan hy in die tronk gaan beland. C se ma het vir hom medisyne selle toe gevat want hy het lelik begin ontrek. Hulle kan ‘n hartaanval kry as hulle nie onder mediese toesig onttrek nie. ‘n Man genaamd Pieter wat ek van geen kant af ken nie het baie jammer gevoel vir hom want volgens hom kon hy sien die kind het hulp dringend nodig. (Asof ons nie al duisend keer probeer het nie). Hy het vir hom sigarette ens gevat want ek weier om enige geld te gee.

    Vandag het Pieter die vrou by die droogskoonmaker gaan smeek om die saak terug te trek en dit het hom blykbaar R3000 gekos (hy het dit nie self vir my gese nie, ek het dit gehoor via sms van C se ma). Hy was bereid om hom na die hofsaak wat toe terug getrek is na sy huis toe te vat want hy het gevoel dat die Here hom oor M se pad gebring het. (Dankie tog dat daar nog sulke mense is). Hulle moes toe by die polisiestasie stop om sy medisyne te kry, en daar verdwyn hy toe net. Ek kry later vannaand ‘n oproep van Pieter om vir my te se, sien daar is darem nog goed in my kind. (Ja ek weet dit, hy is ‘n pragtige kind as hy nie op die euwel goed is nie) Hy het uit sy eie na die vrou toe gegaan en vir haar jammer gaan se. Die man glo dat M wel later vannaand by hom sal uitkom want die urge vir nog ‘n fix was net groter as ‘n plek om vannaand te slaap en ‘n vol maag.

    Kry so 30minterug ‘n oproep. My meisiekind antwoord die foon en se ek slaap. Hy wou toe by haar hoor… hoekom ek vir 4 mense gese het dat hy in die tronk moet bly. Nou ja, ek rest my case. Ek het net met 2 mense gepraat en dit is Pieter en C se ma. Ek het nie vir een van hulle so iets gese nie. Of hy is net weer besig om my te treiter of iemand praat nonsens in sy kop.

    Hopelik sal hulle 2 binne die volgende 2 weke na verskillende rehab’s toe gaan. Die MW probeer om hulle weg te stuur vir ‘n jaar. Bid asb saam met my dat sy dit sal regkry. 3 Maande is nie genoeg nie. Dis is al voorheen bewys.

    Sjoe, die is nou ‘n mondvol!

  11. Ag Zee! Sh@t, ek weet nie WAT om vir jou te sê nie! Weet net asseblief dat julle almal in ons gebede is!

    Jy is SO sterk, JY is die ene wat hierdie familie van jou staande hou. Ek het die grootste agting vir jou, my maat! En ek is SEKER Liewe Jesus hou wag oor jou mense. Sterkte! (((Zee & Familie)))

  12. Natuurlik is dagga ‘n dwelmmiddel- maar so is tabak, alkohol en “harde dwelms”. Maar dan is oor -oefening, dieet(anoreksia),slaapversteurings ook vorme van verslawing. “Ontvlugting” van dit wat “sleg” is, sal opgesoek word deur die mense wat dit “nodig” ag.Die “siekte” le^ nie in die delm nie ,maar in die “gebuiker”. Groetnis

  13. Zee, wat ek uit my bietjie psigiatriese opleiding kan onthou, kan dagga jou ‘n skisofreen maak -as dit reeds sluimerend in jou gele het. So nee, ek is ook nie ‘n dagga voorstander nie.
    Oor jou seun. Weet jy, my hart is SO seer vir jou. Ek het dit nou telkemale gese, maar ek kan my net voorstel in jou posisie. Ek is so lief vir my seun, en dit sal my hart regtig laat pyn as hy deur sulke goed moet gaan. Ek hoop die Pieter is regtig ‘n man wat die Here op jou seun se pad gestuur het. Soms luister mense eerder na ander mense as na hul eie ouers.
    Jy moet verskriklik voel, maar jy is altyd so positief en vriendelik. Ek haal my hoed regtig vir jou af. Weet nie of ek staande sou kon bly nie.

  14. Ai Zee, en jy se my die hele naweek niks. Jy weet mos dat as jy dit deel, ons almal saam kan bid. Nie dat ons dit nie doen nie, maar dan het ons ekstra krag daarvoor en kan dit by die naam noem. Ek voel so jammer vir julle en C se ma asook vir die kinders. Ek kan glo dat die Pieter iets aangevoel het, anders sou hy nie so ver gegaan het om wildvreemde mense te help nie. (of miskien nie te help nie want ek voel dat hy miskien meer beskerm teen homself was as hy toegesluit was). Weet julle nou al iets meer, is hy veilig, het hy toe by P uitgekom, of enige ander nuus? Ek hoop jy is nou meer rustig, en laat weet asb as daar iets is wat ons kan doen. Baie liefde en Sterkte.

  15. Hello Zee,

    Ai jong, my hart gaan uit na jou. ‘n Ma se hart moet van baie sterk rubber of iets gemaak wees om al die hartseer en drama te kan absorbeer. Ek hoop hulle kan rehab toe gaan, en lank genoeg om hulle koppies skoon te kry. My hart bloei vir jou. (((((Zee)))))…
    Sterkte ou maatjie….ek bid vir julle

    Liefde groetetjies
    Sonneblom

  16. As ek so na die comments lyk, lyk dit vir my dat ek heelwat jonger as julle is. Dalk kan ek ‘n jonger perspektief gee. Van my vriende gebruik wel dwelms, maar dit is nie rehab stories nie . . . nog nie.

    Dit begin met rook, dan later baie drink, dan weird vriende, dan dagga, dan ander en dan wegsteek. Ek is nie ‘n mens wat die groep blindelings volg nie, daarom sien ek hulle net as hulle nugter is. Waar daar voorheen maklik die hele dag gekuier is, word die kuiers korter. Ek is net te dankbaar dat ek nie in die dwelmnes betrek word nie.

    Zee, sterkte met jou seun. Ek hoop alles werk goed uit.

  17. Dankie weereens vir al julle mooi woorde. Julle weet nie wat dit vir my beteken nie!

    Mamma A3, partykeer moet ek stilbly, hoe kon ek jou naweek “spoil” daar innie Kaap, ek wens ek kon daar wees vir die troue!

    Adrie, dankie tog jy is nie in die greep nie en hoop jou vriende begin besef waar hulle wel kan opeindig. Laat hulle gerus onder my Dwelms, my storie 1 en 2 lees! Miskien maak dit hulle oë oop as hulle daai kleinding met pypies sien veg vir sy lewetjie.

  18. Zee: Dink baie aan jou. Roslandframklin praat nogal sense so jy kan maar na haar luister. Die portuur-evaluasie naorsing is die goed waaraan ‘n mens jou steur. Daar het ‘n prof in Engeland nou weer ‘n fout gemaak oor anti-depressante en die Psigiatriese vereniging van Suid-Afrika sê hy maak ‘n fout. Dagga is die oorgang tussen rook, alkohol en die ander goed wat ernstige verslawing tot gevolg het. Sterkte met jou seun. My oudste kind het vir twee jaar lank vir my ‘n lewe gely. Vandag is sy terug op haar voete en besig om haar lewe te herbou. Ek dink aan jou.

  19. Dit is waar oor die anti-depressante, Attie.
    Die man wat die navorsing gedoen is geweldig gekant daarteen en het nie sy belange verklaar nie. DAN ook: baie belangrik, die middels is net getoets op mense wat baie ligte depressie het, dus sal daar min verskil wees tussen hulle en ‘n placebo (kontrole-pil wat eintlik ‘n “niks” is). Met sulke toetse moet daar altyd ‘n spektrum van pasiente ingesluit word.
    Attie, bly jou kind is beter.
    Nog hugs Zee

  20. Die Laaste Dag…!

    21 Mei 2011 tot 21 Oktober 2011 …. 5 maande van hel op aarde!!!

    (Openb 9:5) En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek.

    (Openb 9:6) En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.

    (Openb 16:17) En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!

    (Openb 16:18) En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing.

    lees ook die boek “We Are Almost There!!!” by http://www.familyradio.com/graphical/literature/waat/waat_temp.html

  21. Johannes, dankie vir die draai hierso!

    Ek weet ek mag nie nie wens nie maar hoe wonderlik sou dit nou nie wees as Openb 16:17 sommer al vandag kon waar word nie!

  22. Die meeste kinders in my skool dink hulle is sterk genoeg om dagga te hanteer. Dit stop nooit daar nie hulle gaan die een of ander tyd oor na sterker dwelms. Hulle maak nie net hulle familie seer nie maar die meeste hulle self.

  23. Danika, dankie vir jou terugvoer. Ek dink ons almal stem heeltemal saam met jou. Ek wens net die wat wel die dwelm gebruik dit so kan insien!

  24. Pingback: The Truth about “Joints” « Zee Se Scribbles

  25. NEW YORK (Reuters Health) – Researchers from Spain have found a strong and independent link between cannabis use and the onset of psychosis at a younger age. The association, they say, cannot be explained by chance, and is not related to gender or the use of other drugs. It is, however, related to the amount of cannabis used.

    “The clinical importance of this finding is potentially high,” Dr. Ana Gonzalez-Pinto from Santiago Apostol Hospital in Vitoria, and colleagues write in the Journal of Clinical Psychiatry, given that cannabis use is extremely prevalent among young people.”

    The researchers also report that “estimates of the attributable risk suggest that the use of cannabis accounts for about 10 percent of cases of psychosis.”

    The findings are based on 131 patients ages 15 to 65 years who needed inpatient care for a first psychotic episode during a 2-year period. The subjects were evaluated using the Structured Clinical Interview for DSM-IV Axis I Disorders, and clinical and demographic data were also collected.

    The results showed a significant gradual reduction in the age at which psychosis began that correlated with an increased dependence on cannabis. Compared with nonusers, age at onset was reduced by 7, 8.5, and 12 years among users, abusers and dependents, respectively, the researchers report.

    In further analysis, the effect of cannabis on age at onset “was not explained by the use of other drugs or by gender,” they also note. The finding was similar in the youngest patients, suggesting that this effect was not due to chance.

    These results “point to cannabis as a dangerous drug in young people at risk of developing psychosis,” Gonzalez-Pinto and colleagues conclude.

    SOURCE: Journal of Clinical Psychiatry, August 2008.

    http://www.reuters.com/article/wtMostRead/idUSCOL06857720080910

  26. Hi weet julle ek rook al vir 20 jaar maar rook nie elke dag nie ekit al maande lank gegaan sonder dagga sonder enige ‘craving’ vir dit. In die bybel praat hulle ook van dagga julle kan ook gaan google. My een vriend het kanker gehaad en hy het toe begin dagga rook na so maand het die kanker selle drasties minder geword omdat hy dagga rook. Elke een kan hulle persepsie he oor dagga en ek glo dagga is reg ek gaan gereeld amsterdam toe waar ek vrylik kan sit en rook…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s