Tiniël – Vir Vygie 2008/03/01
Posted by Zee in Dig.Tags: Dig, Dig / Poetry, Gediggies, poetry
trackback
Hierdie gediggie is vir ‘n baie spesiale persoon gekryf. Sy is nou 9 jaar oud en is gebore met Down Sindroom.
Lyanda het hierdie gedig vir haar sussie se kind ongelooflik eenvoudig geskryf, want sy wou hê dat sy dit ook moes verstaan.
Ek dra hierdie gediggie met toestemming dan spesiaal op aan Vygie omdat ek glo dat sy ook klein Loren hier sal herken!
Tiniël
Jou wandelende feetjie
ek roep jou kom bietjie
hier in my arms in
vir `n vlietende soen.
Jy weet die meeste mense
sal na jou voeteval luister
as jy soos `n feetjie lag
en dit klink asof jy fluister.
Feetjie, ek raak skoon verdwaal
want jy kan so maklik
`n wandelende liefde
in my hart kom haal.
Is jy nou `n feetjie
of is jy `n prinses?
met diamante op jou kroonjie
en vir elke-een `n soentjie.
Jy kan al die mense
om jou laat versoet
met `n vrag vol liefde
en dit weet jy goed.
`n Feetjie dit glo ek
want borrel-laggies weergalm
in jou se pa hart en in ma jou se arms
so ver as jy gaan, maak jy harte warm!
RSS - Posts









Pragtig! Ek werk met ‘n Down-sindroom kind – 14 jaar oud…op die oomblik…Jenny is ‘n pragtige kind, vriendelik, liefdevol en het ‘n goeie sin vir humor… ek het nooit besef dis wonderlik om met sulke mensies te werk nie! Sy funksioneer op die vlak van ‘n 8jarige op die oomblik.
Iets besonders!
Ons Vader weet ook net vir wie Hy sulke spesiale mensies kan gee!
My Ouboet sy stiefseun is serebraal verlam,maar daar skort niks met sy verstand nie, en Alwyn se geloof in God en die hiernamaals is van die sterkste wat ek al teë gekom het. Hy sê ook gereeld dat hy nie kan wag om in die hemel te kom nie, want hy wéét daar gaan hy kan rond hardloop en bal speel, iets wat hy hier op aarde nie kan doen nie!
Grootneus
Zee, jy het ‘n mooi hart. En hierdie gediggie is onvergeetlik mooi.
Zee, ek dink Lyanda is net so spesiaal dat sy dit vir haar sussie skryf. Baie mooi.
Liewe Zee, baie dankie hiervoor. Ek herken Loren inderdaad. En vandag mis ek hom sommer nog meer as gewoonlik…
Dit is so ontsettend pragtig. Wat vir my die heel-heel mooiste van hierdie sonskynkinders is, is dat hulle altyd lag. Hulle het ‘n vreugde in hulle opgesluit wat ons net kan beny…